Dag 1511

 

“die Gees wat Hy ons gegee het ”

(1 Joh. 3:24, OAV)

 

Hierdie laaste aflewering oor “die Gees van die Here” is van die uiterste belang, want dit verduidelik in ‘n groot mate dit wat ons vroeër in besonderhede bespreek het in die Manna oor die tipologie van die kraai en die duif in die verhaal van Noag. Tog is dit belangrik om uit te wys hoe openbaring ontvou, ook in die Manna, en dat die een nuwe openbaring dikwels ouer openbaring herbelig en ‘n verruimde betekenis daaraan verleen.

In Manna Dag 383, waar die tipologie van die Joodse feeste bespreek is, het ons oor die fees van Shavuot (Pinkster) gesê, dat dit in die Nuwe Testament presies volgens die Ou-Testamentiese tydspatroon verloop: 50 dae tussen Pesach en Sahavuot, en vyftig dae vanaf Jesus se sterwe tot met die uitstorting van die Heilige Gees (Hand. 2:1).

Shavuot het vir die Ou-Testamentiese gelowiges heengewys na die belofte van die koms van die Heilige Gees. Vir ons in die nuwe verbond, weer, is die fees van Pinkster ‘n heenwysing dat die Heilige Gees die eerste vrugte (Eks. 34:22; Rom. 8:23) van ons erfenis in God, ‘n blote onderpand is waarmee ons verseël word (2 Kor. 1:22; 2 Kor. 5:5), tot wanneer ons instap in ons volle erfenis. “hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy ons gegee het” (1 Joh. 3:24). Oor wanneer daardie wanneer is, of wat die volle erfenis is, het ons egter nie uitsluitsel gehad nie.

Baie later in ons Manna-ekskursie, met Dag 1422-1423, is die kraai in die Noag-verhaal gesien as ‘n tipologiese simbool van die sewevoudige Gees van God wat op grond van die gelowige se refined shalem-hart vrygestel word om prototipies die aarde volgens God se nuwe verbondsluiting te karteer. Dat ons toe nog nie verstaan het presies wat die sewevoudige Gees is nie, is duidelik uit Dag 1444-1446. Daar het ons al die vermoede uitgespreek dat die menorah (die sewevoudige kandelaar) nie net simbool is van die Heilige Gees nie, maar van die Christus, alhoewel dié openbaring nie tot sy volle konsekwensie beredeneer is nie. Derhalwe is die menorah steeds voorgehou as sou daar sewe werkinge wees, waarvan die werking van die Heilige Gees as entiteit bloot een van die werkinge/administrasies van die Gees is. Daar word wel tog duidelik uitgespel dat die Heilige Gees nie die salwing as sodanig is nie, maar die administrateur van die salwing. Die salwing is CHRISTUS, die Gesalfde, wat lettterlik die “Messianic Age” ingelei het. Dit is die heerlike wisselwerking tussen Jesus en die Heilige Gees, “die Here wat (ook) die Gees is” (2 Kor. 3:18).

In Manna Dag 1451 word Jes. 11:1-2 se sewe manifestasies van die sewevoudige Gees gelys. Hier kom puntjie by paaltjie as daar gesê word: Die absoluut interessante is dat die heel eerste Gees wat genoem word, “die Gees van die HERE” is. ‘n Mens verwag so ‘n benoeming nie as onderdeel van dié geheel nie, want ons stel die Heilige Gees en die Sewevoudige Gees van God nog altyd gemaklik gelyk aan mekaar. Tog het ons uit die voorafgaande Mannas ‘n duidelike onderskeid tussen hulle gesien. Hier nou blyk dit duidelik – die Heilige Gees is ongetwyfeld NET een onderdeel of faset van die sewevoudige Gees van God!

  • Sela: Bid 2 Pet. 1:2 vir jou met die bestudering van hierdie onderwerp.
  • Lees: 8-10
  • Memoriseer: 9:2 (wat beteken hierdie Skrif in terme van die lering hierbo?
  • Delf dieper: Luister na die lering van Tom Gouws: Wat die Heilige Gees in jou Doen, en wat Hom

in jou Blokkeer