Dag 1513-1514

 

“in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons”

(Hand. 17:28, OAV)

‘n Laaste baie belangrike aspek van die voorafgaande Manna oor die “Gees van die Here” as onderdeel van die sewevoudige Gees van God, is dat dit ‘n baie problematiese vers in die skrywes van Paulus skielik helder maak.

Die vers is Rom. 8:8-9: “En die wat in die vlees is, kan God nie behaag nie; julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees, as naamlik die Gees van God in julle woon. Maar as iemand die Gees van Christus nie het nie, dié behoort nie aan Hom nie.”

  • Die Bible Believer’s Commentary sê hieroor: “Though there is a question whether the Spirit of Christ here is the same as the Holy Spirit, the assumption that they are the same seems to fit best in the context.”
  • Baker’s New Testament Commentary praat van “the interchange of the designations God’s Spirit and Christ’s Spirit”. Die een word dus volgens hom as sinoniem vir die ander een gebruik.
  • “By ‘the Spirit of Christ’, is not meant the human soul of Christ; nor his divine nature; nor his Gospel, which is the Spirit that gives life; but the Holy Ghost, the third person in the Trinity, the same which is called the Spirit before …” (John Gill’s Exposition of the Entire Bible).
  • Jamieson, Fausset en Brown Commentary stel dit eweneens: “Again, this does not mean ‘the disposition or mind of Christ,’ but the Holy Ghost; here called ‘the Spirit of Christ’ …”
  • In sy kommentaar op hierdie vers lewer The People’s New Testament die volgende bydrae: “Observe that the Spirit is spoken of in this verse both as the Spirit of God, and the Spirit of Christ.”
  • The Preacher’s Commentary sê die volgende: “It is apparent that Paul moves freely from one title to another when writing about the Holy Spirit. In the verses we are considering, He is called ‘the Spirit of God,’ ‘the Spirit of Christ,’ ‘the Spirit of Him who raised Jesus from the dead.’ While each of these descriptions is synonymous with the others, they all point to a different aspect of His personality and remind us of the Triune God.”
  • Selfs Robertson’s Word Pictures maak ‘n gelykstelling tussen die twee begrippe: “‘The Spirit of Christ’ (pneuma Christou). The same as ‘the Spirit of God’ just before.”

Uit die sinskonstruksie van verse 8 en 9 word daar duidelik ‘n onderskeid tussen die twee begrippe getref. Oor “die Gees van God” word gesê ‘n gelowige is in die Gees, as naamlik die Gees van God in jou woon (ná jy dit deur handoplegging ontvang het – Hand. 9:17; 19:6). En dan volg die verbindingswoordjie de in Grieks, wat in Afrikaans as MAAR vertaal word, en wat duidelik ‘n ander teenstellende posisie aandui as wanneer daar oor die Gees van Christus gepraat word! In Engels kan dit “but, moreover, and” beteken (Thayer), maar hier is dit duidelik “adversative” bedoel.

Dit is duidelik dat die teenstelling ook betekenismatig voorgehou word. As jy die Gees van God het, is Hy in jou. As jy die Gees van Christus het, is jy in Hom! Sela! Dit word eintlik so duidelik as ons hiermee saamlees wat gebeur as die gelowige die Gees van God ontvang: “Want almal wat deur die Gees van God gelei word, dié is seuns van God.” (Rom. 8:14), ook Gal. 4:6 – “En omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep: Abba, Vader!”. Hier sou ons byvoorbeeld die Gees van God ook sinonimies kan noem: “die Gees van sy Seun”, of “die Gees van Jesus Christus” (Fil. 1:19). Die Gees van Christus Jesus sou egter as die Gees van Christus verkort kon word. [‘Jesus Christus’ as term plaas taalkundig die klem op Jesus (word 182 keer só verkort gebruik); ‘Christus Jesus’ as term plaas taalkundig die klem op Christus (word 71 keer só gebruik).]

‘n Belangrike gedeelte wat dit ook oor die Gees van Christus het, is 1 Pet. 1:10-11:  “Aangaande hierdie saligheid het die profete wat geprofeteer het oor die genade wat vir julle bestem is, ondersoek en nagevors, en hulle het nagespeur op watter of hoedanige tyd die Gees van Christus wat in hulle was, gewys het, toe Hy vooruit getuig het van die lyde wat oor Christus sou kom en die heerlikheid daarna.”

Hierdie versies volg direk op die die gedeelte wat ons al besonder deeglik uitgetrap het, 1 Pet. 1:9 – “en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele, verkry”. In Manna Dag 1410-1411 het ons hierdie kontroversiële sinnetjie in die lig van ‘n nuwe verstaan geherformuleer. Geparafraseerd kan dit soos volg voorgehou word: die somtotaal van jul skeppingsdoel op julle ontvouende geloofspad het begin met julle wedergeboorte en dit het IN julle gestalte gekry as lewende hoop dat daar ‘n ewige erfenis in die Christus is, en dit is waardeur julle sieldimensies hul totale vervulling vind, naamlik “by die openbaring van Jesus Christus” (vers 7), die apokalupsis. Daar is nie sprake van a cut to make, ‘n volledigmaking van die individuele siel nie – die wedergebore siel is immers reeds salig!

Dit is nou aangaande hierdie saligheid van die korporatiewe siel, WAT NET IN CHRISTUS MOONTLIK IS, waaroor die indertydse profete geprofeteer het. Hulle het nadat hulle dit ondersoek en nagevors het, geprofeteer oor hierdie genade wat vir al die gelowiges van die nuwe verbond bestem is. Dan staan daar hulle het voorts dit nagespeur op watter of hoedanige tyd gewys het dit ‘n aanvang sou neem, maar hulle het dit deur “die Gees van Christus wat in hulle was” geprofeteer.

Vir ‘n oomblik lyk dit asof die argument tot dusver hier omvergegooi word, want hier is sprake van “die Gees van Christus wat ook IN hulle was”, maar dan moet ons onthou – jy kan volgens Jes. 11:2 per definisie nie die Gees van Christus ontvang as jy nie OOK die gees van God ontvang nie. As kiemsel met jou wedergeboorte ontvang jy die totale menorah, die volledige sewevoudige Gees van God, of die salwing van die Messias, maar dit is hoofsaaklik die Gees van God wat in jou funksioneer. Natuurlik moet die Gees van Christus eers IN jou funksioneer, totdat jy ná die ontvouing en volledigword in funksionering van die volledige sewevoudige Gees IN HOM kan begin beweeg: “in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons” (Hand. 17:28).

Steeds dan interessant is dat die Ou-Testamentiese gelowiges nie soseer die Gees van God apart IN hulle ontvang nie (weliswaar net OP hulle), maar wel reeds die volledige Gees van Christus. Joh. 3:31 sê van Jesus: “Hy wat van bo kom, is bo almal …” en in vers 34 vervat hy: “Want Hy wat God gestuur het, spreek die rhemawoorde van God; want God gee Hom die Gees nie met mate nie.” In Jesus die Christus alleen was die volheid van die Gees van God én die Gees van Christus, asook al die rhema-woorde, die volheid (pleroma) van God. Ons word in Ef. 3:19 aangemoedig om “vervul (te) kan word tot al die volheid van God”. Jesus se uitspraak in Joh. 15:4 is ‘n belangrike merker van hierdie toestand waarbinne die Gees van God en die Gees van Christus ons in die volledigheid (pleroma) bring: “Bly in My, soos Ek in julle.”

  • Verduidelik nou aan iemand die verskil tussen die Gees van God en die Gees van Christus.
  • Lees: 2-7
  • Memoriseer: 6:1-3 (wanneer het hierdie derde dag aangebreek?)
  • Delf dieper: Luister na die lering van Tom Gouws: Die sewevoudige Gees van God