Dag 1515

 

“‘n ander gees”

(Num. 14:24, OAV)

Die tweede Gees van die sewevoudige Gees wat ons gaan ondersoek, is die Gees van Wysheid. Kom ons kyk net eers na wat in die Ou Testament hieroor gesê word:

  • God gee in Eks. 28:3 hierdie eksplisiete opdrag aan Moses: “Jy moet ook spreek met almal wat kunsvaardig is, wat Ek met die gees van wysheid vervul het, dat hulle vir Aäron klere maak, om hom te heilig, dat hy vir My die priesteramp kan bedien.” Tipologies beteken dit dat die Bruid se funksie, naamlik om die koninklike priesterdom (1 Pet. 2:9) met Christus te beklee (Rom. 13:14; Gal. 3:27) deur die Gees van Wysheid gefasiliteer word. Hoe die Bruid met Christus beklee word, is nog nie in detail bespreek nie, en sal later aan bod kom. Belangrik om te besef dat volgens hierdie Skrif is dit dié bekleding wat jou heilig maak, dit wil sê vir God afsonder. Sela. Ons koppel ons tradisionele verstaan van heiligmaking onwillekeurig aan ‘n vers soos byvoorbeeld Op. 22:11 – “Wie onreg doen, laat hom nog meer onreg doen; en wie vuil is, laat hom nog vuiler word; en laat die regverdige nog regverdiger word, en laat die heilige nog heiliger word.” Ons sal as subtema later by die kwessie van heiligmaking kom, synde dat ons nou verstaan ons korporatiewe siel is reeds salig.
  • In Deut. 34:9 lees ons: “En Josua, die seun van Nun, was vol van die Gees van wysheid; want Moses het hom die hande opgelê.” Interessant dat God in Num. 11:17 vir Moses die opdrag gee: “Dan sal Ek neerdaal en daar met jou spreek; en van die Gees wat op jou is, sal Ek afsonder en op hulle lê; en hulle sal jou help om die las van die volk te dra, sodat jy dit nie alleen hoef te dra nie.” [Die NJB noem dit “some of the spirit”, die NET “part of the spirit”.] Hieruit moet ons aflei dat Josua byvoorbeeld spesifiek die Gees van Wysheid ontvang het, terwyl Kaleb byvoorbeeld ‘n ander gees ontvang het: “Maar my kneg Kaleb, omdat ‘n ander gees in hom was en hy volhard het om My te volg—hom sal Ek bring in die land waarin hy gekom het, en sy geslag sal dit in besit neem.” (Num. 14:24). Wat daardie ander Gees is, sal ons mettertyd ondersoek – dit kan byvoorbeeld die Gees van Sterkte wees, want kyk na sy reaksie met die verdeling van die beloofde land: “kyk nou, ek is vandag vyf en tagtig jaar oud; ek is vandag nog so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het; soos my krag toe was, so is my krag nou nog, om te veg en om uit te gaan en in te gaan” (Jos. 14:10-11).
  • Van die profeet Daniël het sy ongelowige landsgenote gesê: “Daar is ‘n man in u koninkryk in wie die gees van die heilige gode is: in die dae van u vader is verligting en insig en wysheid soos die wysheid van die gode in hom gevind; daarom het u vader, koning Nebukadnésar, hom as owerste van die geleerdes, die besweerders, die Chaldeërs, die waarsêers, aangestel—u vader, o koning! — omdat in hom ‘n voortreflike gees en kennis en verstand gevind is om drome uit te lê en raaisels op te los en knope los te maak …” (Dan. 5:10-11)
  • Sela Die ABP vertaal in Dan. 5:12 “’n voortreflike gees” met ‘n “spirit extra”. Wat sou dit beteken?]
  • Lees: 8-10
  • Memoriseer: 8:7a
  • Delf dieper: Luister na die lering van Tom Gouws: Let op die Honde; Let op die versnyding –

                               Die salwing van Kaleb