Dag 1525

 

“Kom op hierheen …”

 (Op. 1:4, OAV)

Ons ondersoek tans die Gees van wysheid, hoe dit werksaam is en wat dit veral doen, met ander woorde ‘n ontginning van “die verborgenhede van die wysheid” (Job 11:6).

Die tweede en derde hoofstukke van die boek Openbaring bied aan die gelowiges “wat oorwin” (“him that overcometh”) wat die prys is (Fil. 4:13) van die derde dimensie. Hoofstuk 4 se eerste vers spel dit só uit aan die hand van Johannes van Patmos, die virtuele gids van hierdie geestelike reis tot apokalupsis: “Ná hierdie dinge het ek gesien kyk, ‘n geopende deur in die hemel, en die eerste stem wat ek soos ‘n basuin met my hoor spreek het, het gesê: Kom op hierheen, en Ek sal jou toon wat ná hierdie dinge moet gebeur.” Daar is baie Charismatiese en Pinkstergelowiges wat hierdie vers sien as die motoriese moment van die sogenaamde wegraping, en dat dit wat vanaf hoofstuk 4 vers 2 geskryf staan, ‘n openbaring is van wat dáárdie tyd sal gebeur. Dit is helaas nie die waarheid nie. Wat hier in der waarheid gebeur, is die ascending na die derde dimensie, daardie geestelike ruimte waarbinne die Bruid van Christus funksioneer. Gelowiges van die tweede dimensie word in Op. 2:5 pertinent gewaarsku: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.” Soos vroeër in die Manna verduidelik, verkry jy simbolies die kandelaar met jou wedergeboorte, en dit simboliseer die sewevoudige Gees van God. Dit is ten nouste gekoppel aan jou posisie in die Christus (derhalwe die woordjie “verwyder … van sy plek”). Onthou die groot waarheid van Manna Dag 1504-1506, naamlik dat die sewevoudige Gees van God IS die Gees van Christus! As ek en jy as deel van die geroepe Bruid nié in posisie is nie, kan ons nie die sewevoudige Gees (waaroor Op. 3:1 vervolgens praat) in sy volheid laat ontwikkel nie. Die sewevoudige Gees word aan die Bruid gebied sodat ons kan ascend – soos Op. 4:1 die geestelike deur tot hierdie geestelike reis mooi uitspel.

Ons is en word bevry van hierdie gebroke realm waarin ons leef, nié om net so daardeur voort te ploeter in onvolmaaktheid nie, nee, maar om in die Gees te ascend. Die sewevoudige Gees van God lei en rig ons en maak ons bekwaam om Sy wil uit te voer en die aarde te herstel. Om steeds deel te hê aan die Babiloniese denke en praktyke wat eerste- en tweededimensie-godsdiens op ons afdruk, veroorsaak dat ons nie deur die voorhangsel kan beur tot ‘n nuwe dimensie van geestelike heerlikheid nie. Steeds is daar ‘n teenstander IN ons wat ons helaas in ons gedagtewêreld bind aan die onvolmaakte. Hierdie demoniese denkwêreld, verduidelik Ef. 2:2-3,  bring ‘n manier van dink mee “volgens die loop van hierdie wêreld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, onder wie ons almal ook vroeër gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het …” Dít moet verbreek word.

  • Sela: Is jy al deur die deur van Op. 4:1?
  • Lees: 1-3
  • Memoriseer: 3:19 (is dít van jou en jou wêreld waar?)
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Die Gees van Kundalini, oftewel die Vals

Heilige Gees