Dag 154

‘‘n Roukleed het ek oor my vel vasgewerk en my                                 horing in die stof gesteek.” (Job 16:15, OAV)

 

Die horings aan die koperaltaar het die mees heilige deel van die altaar gevorm waarop slegs die bloed van die mees spesiale offers gesalf is (Exo 30:10; Lev 4:7, 18, 25, 30, 34; 16:18; Eseg 43:20). Volgens Lev 8:15 en 9:9 het die eerste amptelike offers ‘n aanvang geneem deur allereers die horings met bloed te salf.

Jer 17:1 maak dan hierdie belangrike gelykstelling: “Die sonde van Juda is geskrywe met ‘n ystergriffel, met ‘n diamantpunt; dit is gegrif op die tafel van hulle hart en op die horings van julle altare.” Die sonde is dus nie net geskryf op die tafels van die hart nie (wat in ons bedeling sou dui op die Heilige Gees wat jou oortuig van sonde – Joh 16:8), maar terselfdertyd ook op die horings van die altare! As ons as skuldenaars wat die dood verdien (Rom 1:32) na die horings van die bronsaltaar hardloop, daardie handles of grace wat met Christus se bloedoffer besprinkel is (Heb 9:13-14), en dit vasgryp, doen jy dit omdat dit op grond van innerlike conviction is. Die aangryp van die horings is die uiterlike handeling van die geestelike proses wat innerlik plaasgevind het.

Jes 5:1 voeg ‘n totale ander dimensie daaraan toe: “Laat my tog sing van my Beminde; ‘n lied van my Beminde oor sy wingerd! My Beminde het ‘n wingerd op ‘n vrugbare heuwel.” Die woordjie horing (qeren in Hebreeus) kan ook “heuwel” beteken. Daarom sal KJV hierdie vers vertaal as: “Now will I sing to my wellbeloved a song of my beloved touching his vineyard. My wellbeloved hath a vineyard in a very fruitful hill …”, terwyl die LITV dit só vertaal: “Now I will sing to my Beloved a song of my Beloved concerning His vineyard: My Beloved has a vineyard in a fruitful horn.”

A fruitful horn? ‘n Horing is in die natuurlike realm allesbehalwe fruitful, dus dui dit duidelik op ‘n geestelike betekenis. Nie net ontsondig die horing jou en laat verlossing uitspruit nie, maar dit maak ook  fruitfulness moontlik in die wingerd van God (Joh 15). Daarom bid Hanna in 1Sa 2:1: “My hart jubel in die HERE, my horing is hoog in die HERE …want ek verheug my in u verlossing.”  Let op: deur u verlossing “word ons horing verhef” (Psa 89:17).

Die koperaltaar was die plek waar sonde gestraf is en sy loon vereffen moes word. Die altaar het onomwonde gekonstateer: dood is die gevolg van sonde (Rom 6:23). Maar Christus “Who His own self bear our sins in His own body on the tree, that we (believers), being (legally) dead to sin, should live unto righteousness, by whose stripes we are healed” (1 Pet. 2:24, AMP). Wat ‘n ongelooflike God!