“wicked imaginations … fabrications …”
(Spr. 6:18, ERRB)
Deur die eeue het die kerk meedoënloos meegedoen aan die instandhouding van wat in Op. 17:5 genoem word: “Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”. Van die eerste koninkryk van Babilon het alle opvolgende koninkryke gefloreer op allerlei tipe misterieë. Die hoofdoel daarvan, soos die naam Babilon dan ook beteken, is verwarring, “confusion (by mixing)” (BDB).
Daar is ‘n algemene Christelike verwagting dat Babilon uit die as sal herrys om konkreet gestalte te gee aan die uitsprake in die boek Openbaring, en dat dít die vyfde koninkryk sal wees waar die Antichris sal heers – dit is byvoorbeeld die sterk tema van Alexander Hislop se klassieke teks The Two Babylons, en in sterk navolging van hom Tim La Haye se Left behind-reeks. Baie gelowiges meen die duidelikste teken hiervan is dat die voormalige shah van Iran, Saddam Hussein op bakstene laat ingraveer het: “In the era of President Saddam Hussein all Babylon was constructed in three stages. From Nebuchadnezzar to Saddam Hussein, Babylon is rising again.” (http://www.zionministry.com/babylon.html).
Bybels is dit egter totaal onwaar. Kyk na die volgende twee sterk uitsprake oor Babilon wat absoluut die teendeel uitspel:
- “So sal dan Babel, die sieraad van die koninkryke, die trotse pronkstuk van die Chaldeërs, wees soos toe God Sodom en Gomorra omgekeer het. Mense sal daar in ewigheid nie woon nie, en dit sal van geslag tot geslag nie bewoon word nie; en die Arabier sal daar geen tent opslaan nie, en geen herders sal hulle vee daar laat lê en rus nie. Maar daar sal boskatte lê, en hulle huise sal vol uile wees; en volstruise sal daar hou, en veldduiwels daar rondspring. En wildehonde sal huil in sy kastele en jakkalse in die vreugdepaleise; en naby is sy tyd om te kom, en sy dae sal nie verskuif word nie.” (Jes. 13:19-22)
- “En Jeremia het vir Serája gesê: As jy in Babel kom, dink daaraan en lees al hierdie woorde; en sê: o HERE, U het oor hierdie plek gespreek om dit uit te roei, sodat daar geen inwoner, mens sowel as dier, sal wees nie, maar dat dit ewige wildernisse sal wees. En as jy hierdie boek klaar gelees het, moet jy ‘n klip daaraan vasmaak en dit binne-in die Eufraat gooi en sê: So sal Babel sink en nie weer opkom nie weens die onheil wat Ek oor hom bring; en hulle sal afgemat wees.” (Jes. 51:61-64).
‘n Mens kan maar net byvoorbeeld die artikel lees wat in 2002 op die web verskyn het oor ‘n sogenaamde ‘profetiese’ verstaan van die rol van Saddam Hussein in die sogenaamde ‘eindtyd’: https://www.endtime.com/endtime-magazine-articles/saddam-hussein-in-the-bible/ om net te besef dat gelowiges wat nié die ware verstaan van apokalupto het nie, deurentyd sal gryp na gebeure in hulle tyd om die agenda van God met die aarde te probeer voorspel. Dit is alles “wicked imaginations … fabrications …” (Spr. 6:18, ERRB) en is van nul en gener waarde.
- Sela: Besef dat die koninkryk van God ook werk met ‘n verborgenheid, maar van ‘n ander aard.
- Lees: 15-16
- Memoriseer: 16:16
- Delf dieper: Lees Hislob se boek met onderskeiding.