Dag 157

“The cords of hell were round me: the nets of death came on me.”

(2 Sam 22:6, BBE)

 

Dis ‘n verskriklike gedagte dat wanneer mense tot geloof kom, daar dikwels soveel misleiding is in die voorhof van die geloof, dat hulle aan die horings van die koperaltaar gebind word met bande van ongeregtigheid (Hand 8:23). Gister het ons Eseg 8 gebruik wat uitwys hoe die ritueel wat in die tempel voorkom, die aanskyn van ‘n legitieme aanbidding het, maar dat dit uiteindelik vreemde vuur op die altaar is (Num 26:61), en derhalwe neerkom op die aanbidding van vreemde gode. Om die rede is dit so dat soveel gelowiges – sonder dat hulle dit besef – God “my Bäal” (my afgod!) noem en nie “my Man” (Hos 2:16) nie. Daarom dan dat daar in Ps.74:3-4 gesê word: “Lift up thy feet unto the perpetual desolations; even all that the enemy hath done wickedly in the sanctuary. Thine enemies roar in the midst of thy congregations; they set up their ensigns for signs.”

In hierdie “chambers of imagery” (Eseg 8:12, ESV), as gevolg van allerhande blootstellings en as gevolg van ons ongelêde en omgegooide fondasies (Ps 11:3) en gepaardgaande onderskeiding wat nie in plek is nie, word die tempels ingeneem en allerhande bose insignia aan die binnewande geskryf. Helaas is dit soos Jer 14:3 dit raak stel: “And their nobles have sent their little ones to the waters: they came to the pits, and found no water; they returned with their vessels empty; they were ashamed and confounded, and covered their heads.” Jes. 34:13-14 beskryf die stand van sake só in die Douay-Rheims Bible van 1899: “And thorns and nettles shall grow up in its houses, and the thistle in the fortresses thereof: and it shall be the habitation of dragons, and the pasture of ostriches. And demons and monsters shall meet, and the hairy ones shall cry out one to another, there hath the lamia lain down, and found rest for herself.”

Om na Eseg 8 terug te keer: omdat die tempel na die weste gewys het, mag die Jode nie na die ooste gekyk het tydens hulle aanbidding (soos die Gentiles) nie. Dit was só sodat hulle nie hul rug op die allerheiligste moes draai en die onbesnedenes se afgode begin aanbid nie. Om voor die son wat uit die ooste kom te buig, dui uiteraard op sonaanbidding, iets wat eksplisiet deur God verbied word (Deut 4:19). Dit mag dalk vir ons way-out mag klink, maar Denise Woods het in haar boek: Oes die stormwind duidelik uitgewys dat baie van die Afrikaner se geloofstradisies gegrondves is in sonaanbidding!  Skrik!

 

  • Sela: Vra die Heilige Gees om sy lig te werp op jou insiële instap in die Koninkryk.
  • Lees: 2 Sam 10; Spr 14; Heb 8
  • Memoriseer: Heb 8:1-2 & 13.
  • Vir dieper delf: Lees Victor Uchegbulam se boek: Breaking the spiritual horns in the nation.