Dag 1578

 

“the new self who is being renewed to a true knowledge”

(Kol. 3:10, NASB)

 

Dit is vir God ontsettend belangrik dat sy seuns kennis moet verwerf, sodat van hulle – soos van Dawid – gesê kan word: “(they) served the purpose of God in … (their) own generation” (Hand. 13:36, ESV).

Hoe kan gelowiges onteenseglik seker wees wat presies die plan of bloudruk van God is? Daar is ‘n baie interessante Skrif vroeg in die boek Openbaring, wat as volg lui: “Blessed is he that readeth … for the time is at hand.” (Op. 1:3, KJV).

Daar is sewe saligsprekinge in die boek Openbaring; eweneens is daar sewe groot liedere, asook sewe uitsprake ten opsigte van die overcomers. Ek dink die sewe saligsprekinge lei noodwendig tot die sewe liedere wat dit tot uiting bring in ons, en dit lei noodwendig tot die sewe state of beings van die oorwinnaar. Ons gaan nie nou op hierdie merkwaardige progressie fokus nie – dit sal later aan die beurt kom – maar wel net die eerste van die saligsprekinge uitlig omdat dit van toepassing is op ons huidige gesprek.

“Blessed is he that readeth …” Geestelike ongeletterdheid beteken nie dat jy nié in die teologie onderlê is nie. Geestelike ongeletterdheid is letterlik ‘n onvermoë om geestelik te lees en te interpreteer. Jy verstaan dan nie die taal en tongval van die geesrealm nie, en verstaan dinge derhalwe net met jou vleeslike (carnal) denke. “Maar die natuurlike mens neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel word.” (1 Kor. 2:14). Die vleeslike mens val terug op sy intellek en begripsvermoë, die Adamiese breinkapasiteit. Hiervan is die intellektuele, dogmaties-onderlegde Saulus ‘n uitstekende voorbeeld. Hy het van die gees en die geeswêreld niks verstaan nie. Dáárom moes “daar iets soos skille van sy oë afval”, sodat hy ná sy ervaring met die opgestane Jesus nie net fisies weer kon sien nie, maar geestelik kon sien, en dit het hom genoop om onmiddellik tot aksie oor te gaan (Hand. 9:18), en as ‘n geestelike mens besluite te begin neem en in gehoorsaamheid te doen wat God sê.

Die Treasury of Scriptural Knowledge maak die goeie onderskeid: “the natural man … the animal man, one who lives in a natural state, and under the influence of his animal passions; … the inferior and sensual part of man, in opposition to … understanding”. Die geestelike mens word onderskei op grond van hoe hy in ooreenstemming met die wil van God dink en verstaan. Deurgaans praat die Nuwe Testament van denke wat vernuwe moet word (Rom. 12:2) deur die “verligte oë van die verstand”. Kol. 3:10 spel dit uit dat die nuwe mens beklee word deur sy denke te vernuwe, en dat dít lei tot KENNIS na die beeld van sy Skepper. Die NASB vertaal dit raak soos volg: “the new self who is being renewed to a true knowledge according to the image of the One who created him”. Om hierdie rede is dit van groot belang om te leer daar lê ‘n enorme saligspreking van God in die vermoë om dinge geestelik te lees en te beoordeel – “die geestelike mens beoordeel wel alle dinge” (1 Kor. 2:15).

  • Sela: Kan jy dinge geestelik lees?
  • Lees: 9-11 (die mees misverstane hoofstukke in die Bybel ten opsigte van geestelik lees)
  • Memoriseer: 9:4
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Hoe die Bybel Vra om Gelees te word?