“En sonder geloof is dit onmoontlik om God te behaag …” (Heb 11:6a, OAV)
Gen 15:6 is ‘n geweldige belangrike fondasiesteen: “En Abraham het in die HERE geglo; en Hy het hom dit tot geregtigheid gereken.” Hierdie Skrif sê duidelik: geloof lei tot geregtigheid (= right standing with God). In Rom 1:17 (WNT) spel Paulus dit só uit: “For in the Good News a righteousness which comes from God is being revealed, depending on faith and tending to produce faith; as the Scripture has it, THE RIGHTEOUS MAN SHALL LIVE BY FAITH.”
Ons word dus geregverdig deur die geloof (Rom 3:28). In Efes 2:8 word dit gestel dat ons gered word deur die geloof.
Om weer terug te keer na ons ontvouende heilsorde: Die roepstem van God kom na jou; as jy reageer daarop, moet jy op die mees elementêre vlak geloof hê dat God bestaan; dat dit Hy is wat jou roep; dat jy in verhouding kan staan met ‘n onsienlike God (Heb 11:1). As jy Hom dan aanroep, is dit ‘n inisiële bekering.
Maar dan vra Paulus in Rom 10:14-15 & :17 die volgende opeenvolgende vrae: “Hoe kan hulle Hom dan aanroep in wie hulle nie geglo het nie? En hoe kan hulle in Hom glo van wie hulle nie gehoor het nie? En hoe kan hulle hoor sonder een wat preek? En hoe kan hulle preek as hulle nie gestuur word nie? … Die geloof is dus uit die gehoor, en die gehoor is deur die woord van God.” As die Woord gepreek word, hoor mense dit, en dit lei tot geloof, en dit bring jou daartoe om Hom aan te roep.
Daar is teologieë wat sê dat daardie geloof ook ‘n geskenk is van God, met ander woorde Hy gee dit ook aan jou. Dit is gebaseer of ‘n verkeerde verstaan van Efes 2:8: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God.” Die woordjie dit word dan gelees as sou dit dui op geloof, maar dit dui op redding! Redding is die gawe van God! Die vertaling van God’s Word vertaal dit dan ook teen die einde korrek: “Being saved is a gift from God.” Maar dis geloof wat dit moontlik maak om dit te ontvang; daarsonder kan jy Hom nie behaag nie.
- Sela: Bid oor Ps 16:11: “U sal my die pad van die lewe bekendmaak” in die lig van Spr 14:12.
- Lees: Gen 16: Ps 16; Joh 16
- Memoriseer: Joh 16:13.