“wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind”
(Mat 10:39, OAV)
Ons is sedert gister besig om te kyk wat die redes is waarom mense wat tot geloof kom deur verkeerde motiewe na die Koninkryk van God gelok word en derhalwe op ‘n verkeerde wyse aan die horings van die altaar gebind word. Vir hulle word dit eintlik volgens Sag 1:19-21 horings wat verstrooi. Die woordjie verstrooi dui op “to be tossed about, cast away, dispersed, scattered” (Strongs). Maar die wortelbetekenis van die woord is to be estranged, wat volgens Websters beteken: “alienation; a keeping at a distance”. Paulus sê in Efes 2:13 dat ons “wat vroeër ver was, naby gekom (het) deur die bloed van Christus”, ‘n ervaring wat hierdie gelowiges nooit ervaar nie. Hulle voel deurgaans ‘n vreemdelingskap in die Koninkryk van God.
Ons het reeds na twee sulke groeperinge gekyk: dié wat deur noodsituasies na God toe hardloop, maar dan as die krisis verby is geen commitment teenoor God ervaar nie (dikwels bloot ‘n skuldgevoel), en die groep wat deur vrees of manipulasie tot bekering “gedwing” is. ‘n Derde groep is hulle aan wie die evangelie voorgehou word as die antwoord op al hulle probleme, asof God daar is net vir hulle en hulle Hom as ‘t ware ‘n guns sal bewys as hulle tot geloof kom. God word hier dikwels voorgehou as “almal se pêl”.
Oswald Chambers stel die probleem met hierdie verbruikershouding teenoor God besonder treffend, en ek wil hom uitvoerig hieroor aanhaal: “If we have never had the experience of taking our commonplace religious shoes off our commonplace religious feet, and getting rid of all the undue familiarity with which we approach God, it is questionable whether we have ever stood in His presence. The people who are flippant and familiar are those who have never yet been introduced to Jesus Christ.”
Os Guinness noem dit “the soft-gospel invitation of our convenience-loving age”. Inderdaad is dit ‘n vals premisse waarop ons tot God nader. Die woord is baie duidelik: jy moet die koste bereken voor jy kom (Luk 14:28); jy moet bereid wees om jou lewe vir Hom af te lê as jy tot Hom nader (Joh 13:38). Mat 10: 38-39 stel dit onomwonde: “En wie sy kruis nie neem en agter My volg nie, is My nie waardig nie. Wie sy lewe vind, sal dit verloor; en wie sy lewe verloor om My ontwil, sal dit vind.”
- Sela: Vra vergifnis dat jy dikwels ‘n houding het dat God jou iets skuld.
- Lees: 2 Sam 13; Spr 17; Heb 11
- Memoriseer: Heb 11:1 & 10
- Vir dieper delf: Lees http://www.harpers.org/archive/2005/08/0080695 en sien hoe iemand van buite na die Christian consumer society Moenie die ironie mislees nie.