Dag 1610-1611

 

“… in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek …”

 (Sef. 1:12, OAV)

Elke keer as ek die Skrifgedeelte in Sef. 1:12 – waarna in die vorige Manna verwys is – lees, kan ek nie anders as dink aan ‘n gelykenis van die filosoof Friedrich Nietzsche nie.

Nietzsche (1844-1900) is oorlede in die beslaggewing van die tweede reformasie, en presies ‘n honderd jaar voor die laaste (of derde) reformasie in die hartland van die eerste reformasie, St. Andrews in Skotland, profeties afgekondig is. Tot ‘n groot mate is Nietzsche se filosofiese parabel die kwintessens van presies die teenoorgestelde wat die tweede reformasie moes bewerkstellig, naamlik die vestiging van die konsep wedergeboorte deur die waterdoop en die Geesdoop deur handoplegging, en wat dus die lewenswandel in die Gees ‘n elkedagse realiteit te maak. [Die Anabaptiste was die oorblyfselgroepering wat ná die eerste reformasie meedoënloos deur die Rooms-Katolieke én veral die Protestante as gevolg van hulle oortuiging van die belangrikheid van die waterdoop van gelowiges, vervolg en vermoor is. Die voorloper van die Anabaptiste, Balthasar Hübmaier, het in 1526 in sy boekie, Short Apology, hierdie dapper woorde geproklameer: “I … say that infant baptism is a robbery of the right baptism of Christ”. Hy het baie duur vir hierdie uitlating betaal.]

Die invloedryke Time Magazine het op 22 Oktober 1965 op sy swart voorblad net drie groot rooi woorde gehad: Is God Dead? Meer as drie-en-tagtig jaar nádat Nietzsche hierdie frase gemunt het, het die na-golwe uit die filosofiese donkerte uiteindelik in die sosiale vesels van die tyd en gevolglik in die denkmodus van die era sigbaar begin word. Meer as agt dekades nadat Nietzsche met sy skrywes gesuggereer het dat die Westerse samelewing sélf vir die dood van die idee van God verantwoordelik was, het die donker spore daarvan uiteindelik in die gewone lewe van Amerikaners en hul teologie van die dag ontkiem. Die kern van Nietzsche se kulturele openbaring was dat die Westerse samelewing al hoe meer onafhanklik van die bestaan van ‘n God begin funksioneer het, en dat Hy as ’t ware bloot die skaduwee van ons nihilisme geword het.

Onthou nou wat Sef. 1:12 sê: “En in dié tyd sal Ek Jerusalem met lanterns deursoek en besoeking doen oor die manne wat dik geword het op hulle afsaksel …” In die lig hiervan is Nietzsche se verhaal, ‘The Madman’, ‘n epos van sinloosheid, en, meen hy, is dit grootliks die mens se eie skuld, want die mens self het God vermoor:

“Have you not heard of that madman who lit a lantern in the bright morning hours, ran to the market place, and cried incessantly: ‘I seek God! I seek God!’ — As many of those who did not believe in God were standing around just then, he provoked much laughter. Has he got lost? asked one. Did he lose his way like a child? asked another. Or is he hiding? Is he afraid of us? Has he gone on a voyage? emigrated? — Thus they yelled and laughed. / The madman jumped into their midst and pierced them with his eyes. ‘Whither is God?’ he cried; ‘I will tell you. We have killed him — you and I. All of us are his murderers. But how did we do this? How could we drink up the sea? Who gave us the sponge to wipe away the entire horizon? What were we doing when we unchained this earth from its sun? Whither is it moving now? Whither are we moving? Away from all suns? Are we not plunging continually? Backward, sideward, forward, in all directions? Is there still any up or down? Are we not straying, as through an infinite nothing? Do we not feel the breath of empty space? Has it not become colder? Is not night continually closing in on us? Do we not need to light lanterns in the morning? Do we hear nothing as yet of the noise of the gravediggers who are burying God? Do we smell nothing as yet of the divine decomposition? Gods, too, decompose. God is dead. God remains dead. And we have killed him.’” (Nietzsche, F. The Gay Science, paragraaf 125).

Ons Mannalesers sal miskien wonder hoekom ons dit nodig vind om hierdie ontstellende geskiedenis van ‘n antichristelike filosofieprofeet te verken. Benewens dat dit vir ons die konteks verskaf waardeur ons die neerslag van die kollektiewe sekulêre denke van die tweede reformasie kan verstaan, bied dit ook ‘n sleutel ten opsigte van die grondslae van die postmodernistiese era, die sekulêre denkmodus van die laaste reformasie, waarin ons ons tans bevind. Omdat daar volgens hierdie manier van dink geen eksterne gesag of verwysingspunt in God as Logos gesetel is nie, is alle betekenis relatief en derhalwe nie gesaghebbend nie. God is nie meer ‘n betekenisdraende vastigheid in die onseker wêreld nie; daar is derhalwe nie sluitende insigte of vaste waardes nie, maar net verskuiwende betekenisse. Daar is net interpretasies – dit beliggaam ons immer-verskuiwende infinite nothing. Ateïsme is derhalwe óók ‘n geloof – ‘n geloof in niks, ‘n geloof dáárin dat alles sinloos en sonder doel is. Die digter D.J. Opperman het in sy gedig ‘Man met flits’ dit só raak gestel: “Oor waters wat glip /  soek ek klip na klip // maar ‘n duister land / bedreig my alkant.”

Aldous Huxley, in sy boek, Ends and Means, verras dan met hierdie onthutsende uitspraak,  dat “the philosophy of meaninglessness was essentialy an instrument of liberation” (p. 37), en daarmee bedoel hy dat die afwesigheid van die teenwoordigheid van God grootliks bygedra het tot hierdie baarmoeder wat leegheid en verlatenheid baar. Dit het die mens onsubtiel losgeworstel van die eeueoue vals beeld van godsdiens wat tot toe steeds die morele ondergrond van sosiale aanvaarbaarheid en ‘n ordelike samelewing was. Miskien was dit absoluut ‘n noodsaaklike kollektiewe proses, skryf Oswald Spengler in sy fassinerende werk: The Decline of the West, “atheism has run its course, and now gives way to religious renewal …” (p. 139). In sy slotbetoog kom Alister McGrath in sy boek met die veelseggende titel: The Twilight of Atheism tot hierdie belangrike insig: “Westerners explore a new postmodern interest in the forbidden fruit of spirituality.” (p. 279).

Bepaald bevind ons onsself tans in dié tyd waarin God, volgens Sef. 1:12 se profesie, die hoogs intellektuele gemeenskappe wat die denkmodusse van die tyd karteer, met lanterns van die sewe Geeste ‘n besoeking doen aan die oorversadigde sekulêre Christelike lui wat dik geword het op hulle teologiese afsaksel. Die kennis van die heerlikheid wat die Christusdom verloor het, het gelei tot ‘n diep onversadigde leemte. Ons soek tevergeefs die Ware Teenwoordigheid van die Lewende God by die leë trôe van uitgediende filosofie en godsdiens.

In die trefferboek van William Young, The Shack, word die mensdom se vrae oor die wêreld se reddeloosheid en nihilisme, en hul vreemde beskuldiging van God se afstandelikheid, op ‘n boeiende wyse aangespreek, as die hoofkarakter, Mack, in totale ontredderdheid uitvind dat God besig is om hom te soek . Later in die boek kan hy baie van die vrae wat sy geloofskrisis gevoed het, aan God vra, byvoorbeeld dat as Hy geweet het dat daar soveel pyn en verlies en lyding op die aarde sou kom, hoekom het Hy – wat daarop aanspraak maak dat Hy goed is – dit enigsins laat gebeur: “Mack looked at Papa [dit is God], his eyes asking the question that didn’t need voicing. Papa continued, ‘First, by not creating at all, these questions would be moot. Or second, I could have chosen to actively interfere in her circumstance.The first was never a consideration, and the latter was not an option for purposes that you cannot possibly understand now. At this point, all I have to offer as an answer are my love and goodness, and my relationship with you.”

Bepaald is dit só: deur God se verterende liefde en sy desperate soeke na ‘n herstel van verhouding, sal die postmoderne mens met siddering aankom na die HERE en na sy goedheid in die laaste dae. Amen.

  • Sela: Is dit jou oortuiging dat God nét goed is?
  • Lees: 2-5; 1 Pet. 1-2
  • Memoriseer: 1 Pet. 1:11 (probeer hierdie vers in die lig van die lering interpreteer)
  • Delf dieper: Lees een van die boeke hierbo genoem.