“Die eerste mens was uit die aarde aards,
die tweede mens is die Here uit die hemel….”
(1 Kor. 15:47, OAV)
Die vorige Manna is allerweë wyd verwelkom deur lesers as ‘n baie groot bemagtiging in die pad van hul ontvouende roeping. Ons is tans besig met die openbaring dat kwartels simbolies die negatiewe deel van jou hoë roeping verteenwoordig. Die teenpool van wat God oor jou identiteit en lewe in die lig geroep het, word in die duister gebruik om jou teen te staan. Dit wat jou teenstaan, is die kulminasie van wat ons kan noem die teënstander. Tot ons verrassing begin die ontvouing van jou roeping met lyding “vir ‘n kort tydjie”, wat veral deur teënstanders veroorsaak word, en dit sluit mense en geeste/demone in. Hierdie “kort tydjie” word egter nie gekwalifiseer in terme van die tydsduur nie, maar met die wete dat God ons wat in sy wil loop, op die regte tyd sal help (Gal. 6:9; Heb. 4:16; 1 Pet. 5:6). Dit is dus ‘n kollektiewe ervaring wat almal wat geroep is, aan blootgestel moet word.
Hierdie woord vir lyding het uiteraard ‘n negatiewe betekenis, maar bepaald ook ‘n positiewe betekenis, het ons verlede week uitgewys. Die AMP hou dit byvoorbeeld voor as: “will Himself complete and make you what you ought to be”. Laasgenoemde is net moontlik as jy bereid is om in so ‘n mate met Hom te vereenselwig dat jy bereid is om te deel in sy lyding (2 Kor. 1:7). Net soos die Israeliete, kan jy kies hoe lank jy in die woestyn of wildernis wil bly – dit word deur jou gehoorsaamheid bepaal! Die lyding, positief en negatief, is die gestaltegewing van God IN JOU, deurdat jy opnuut geposisioneer word ten opsigte van jou oorspronklike skeppingsdoel. Omstandighede, gewoontes, blootstellings, oorleweringe, ‘n manier van dink, wat ook al, het jou tot nou toe gevestig en gegrondves. Maar in Christus moet ALLE dinge nuut word (2 Kor. 5:17).
Die teëstander is die gees van die anti-Christus, dit wat DIE PLEK VAN CHRISTUS in jou en my lewe inneem, wat verhoed dat die “dag van Christus” vandag gebeur. Ons word mislei deur die teëstanders; en hul primêre doel is om “die mens van sonde” IN ONS te openbaar, met ander woorde die donker identiteit wat die wêreld en die owerstes van die wêreld saamgesweer het om as ons identiteit aan te bied. Ons het geleer dat deur die verskynings van Jesus in jou elkedagse werklikheid sal Hy met sy Gees en/of die rhemawoorde (die asem van sy mond) die teëstanders verdelg. Daar is dus ‘n soortgelyke parousia van die Bose ook, met hulle dan as teëstanders van die gelowige se ware identiteit.
In hierdie konsep val dit nou duidelik op dat die rhemawoorde van andere, soos die manna indertyd, jou voed, in jou behoeftes voorsien, en jou geestelik laat lewe. Die teenpool van die rhemawoorde, wat ons gaan voorhou as rimmah-woorde, doen die teendeel – dit tap jou salwing, voed jou vleeslike of natuurlike mens, versterk jou negatiewe menslike natuur, laat jou die verkeerde begeer, maak jou siek, neerslagtig, gevange en bring geestelike dood oor jou.
Kortom, soos vroeër uitgespel is: manna het die attribute of day/light, en kwartels het die attribute of night/darkness, en dít kry beslag in jou.
- Sela: Verduidelik aan iemand wat die Bybel met die begrip ‘teëstander’
- Lees: 22-24
- Memoriseer: 22:22 (let op die verruklike sinchronisasie!)
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws getiteld: Die stryd tussen vlees en gees in
jou – die worsteling vir ‘n Goddelike natuur