Dag 168

 

“they set up their own salvation shops and noisily hawk their wares …refusing to really deal with God on his terms” (Rom 10:3, MSG)

 

Die laaste klompie bydraes het spesifiek gehandel oor die vier horings van die brandofferaltaar wat in die geesrealm ook ‘n counterfeit het (Sag 1:18-19). Ons het geleer dat mense dikwels vanweë ‘n gebrek aan kennis aan hierdie demoniese horings gebind word en dan allerlei negatiewe geestelike belewinge het, maar nie die oorsprong daarvan kan peil nie. Verskeie fasette van hierdie tipe “cunning schemes” (Eph 6:11, ALT) van die Satan is in voorafgaande leringe uitgewys. Hierdie “unprincipled cunning with a view to systematized error” (Eph 4:14, Darby) bind hulle eers en verblind hulle dan sodat hulle nie die ware geloof van die valse kan onderskei nie: “They know not, nor do they discern, for he has shut their eyes, so that they cannot see, and their hearts, so that they cannot understand.” (Isa 44:18, ESV).

Een van die gevaarlikste horings is wat ek noem die humanitêre evangelie. Die breë weg van hierdie lering is akkommodering en medemenslike liefde. Dit verkondig vrede en soek eenheid tussen almal totdat “the world will be as one” (soos John Lennon se liedjie Imagine dit sê). Dit wil die natuurlike mens ophef en verbeter en aktualiseer. Dit promoveer die opvoeding en kultivering van die massas en maak ‘n appél tot die goeie in ons almal. Dit poog deurgaans om die wêreld ‘n beter plek te maak, en sit mense deur allerhande programme om hulself en hul omgewing te verbeter. Dit staan vir die waardes van selfloosheid, welwillendheid en ‘n oop hand teenoor jou medemens, om in harmonie en tot die beswil te leef van alle mense, diere, en die aarde.

Die meeste van hierdie mense glo nie in die bestaan van satan nie, en verkondig dat sonde ‘n verouderde begrip is om die mens skatpligtig en skuldig teenoor ‘n niebestaande hoër mag te maak. Die mens, glo hulle, is inherent goed en hoogstens sy keuses kan hom verkeerde dinge laat doen, maar ook dit hang saam met die norme van wat die samelewing as reg en verkeerd beskou.

Binne hierdie beskouing is God die ongedefinieerde goeie wat elkeen aan beslag gee in sy soeke na sin. Hoeveel dominees en (geestelike) leiers propageer hierdie idilliese staat van menslike utopia en klee dit in geloofsjassies wat alle gelowe gemaklik pas? Hulle word so opgevang in die grootsheid van die simfonie van die lewe dat hulle waag om ‘n dissonante noot te wees nie.

Vandag steeds, soos met Christus die geval was, wys Satan die mensdom “al die koninkryke van die wêreld en hulle heerlikheid” (Mat 4:9), wat hy sal gee as ons hierdie wêreld van imagine sal aanbid. 1 Joh 2:16-17: “Want alles wat in die wêreld is—die begeerlikheid van die vlees en die begeerlikheid van die oë en die grootsheid van die lewe is nie uit die Vader nie, maar is uit die wêreld. En die wêreld gaan verby en sy begeerlikheid, maar hy wat die wil van God doen, bly vir ewig.”

  • Sela: Vind ten minste drie Skrifte wat hierdie humanistiese evangelie teenspreek.
  • Lees: 2 Sam 21; Spr 25; 1 Thes 1
  • Memoriseer: Spr 25:2
  • Vir dieper delf: http://www.creationism.org/csshs/v06n3p11.htm vir Francis Schaeffer se artikel.