Dag 1681-1683

 

“… die groot ster wat soos ‘n fakkel brand …”

(Op. 8:10, OAV)

Die vorige Manna is afgesluit met die vraag uit Op. 8:10, waar ons gevra het: Wat dan presies is die “groot ster wat soos ‘n fakkel brand” wat “uit die hemel geval” het, en wat beteken dit dat die ster “geval (het) op ‘n derde van die riviere en op die waterfonteine”?

Die kwalifiserende beskrywing van die ster as “groot”, en vergelyk met “’n brandende lamp” wat uit die geestelike realm (= hemele) die aardse realm binneval, maak dit duidelik dat dit Jesus die Christus is wat my en jou aarde met aardskuddende gevolge impakteer, selfs binnedring.

In Gen. 15:17 word die “vurige fakkel” vir die eerste keer gemanifesteer (ons het in Manna Dag 1582-1584 dit reeds ondersoek). In sy verbondsluiting met Yahweh, vra Abram vir God in vers 8: “Here HERE, waaraan sal ek weet dat ek dit in besit sal neem?” God vra dan vir Abram ‘n bepaalde offer wat hy moet bring, en dan staan daar in vers 17: “En ná sononder, toe dit heeltemal donker was, gaan daar ‘n rokende oond en vurige fakkel tussen dié stukke vleis deur.” Hierdie teofaniese manifestasies is soos volg verduidelik:

  • die rokende oond (“smoking furnace” – KJV) is ‘n manifestasie van God die Vader. Skrifvoorbeelde ter ondersteuning daarvan is Eks. 19:18, Deut. 29:20, 2 Sam. 22:9, Ps. 144:5 en Jes. 6:4);
  • die vurige fakkel (“a burning lamp” – KJV; “a flaming torch” – ACV) is ‘n manifestasie van Jesus die Seun, die “Lig van die wêreld” (Joh. 8:12). Skrifvoorbeelde ter verdere ondersteuning daarvan is Eks. 27:20, Ps. 119:105, Jes. 9:2, 62:1, Mal. 4:2, Matt. 4:14-16, Luk. 2:32, Joh. 1:4-9, 3:19, 9:5 en Hand. 26:23.

Die Skrif in 1 Thes. 4:16, wat dikwels gebruik word saam met vers 17 om die sogenaamde wegraping te verduidelik, kan absoluut hier van toepassing gemaak word: “Because the Lord Himself shall descend from heaven with a word of command, with the voice of an archangel, and with the trumpet of God.” (CAB). Onthou die belangrikheid van die sewe trompette se aankondiging in verlede week se Manna! Met die derde trompetgeskal daal Hy neer, en Hy brand soos ‘n lamp – Hy is voorwaar die Woord van God. Ps. 119:105 het dit al indertyd uitgespel: “U woord is ‘n lamp vir my voet en ‘n lig vir my pad.” Op hierdie pad kruis die Lamp van God al die sielsdimensieriviere, die fonteine van verbeeldings, vleeslike en natuurlike kennis, en seë van wêreldse wysheid. In hierdie blootstelling word bitterheid ‘n belangrike sleutel, wat byvoorbeeld Heb. 12:15 vir ons verduidelik: “en pas op dat niemand in die genade van God veragter nie; dat geen wortel van bitterheid opskiet en onrus verwek en baie hierdeur besoedel word nie”.

As die ongeregenereerde, natuurlike mens (1 Kor. 2:14) met die ontsagwekkende krag van Jesus en sy Christus geïmpakteer word, het dit ‘n aardskuddende effek, wat die mens dikwels met verlies, pyn, verontwaardiging, skuldgevoel, vrees, onsekerheid, en ander soortgelyke negatiewe ervaringe laat. Die tipologie hiervan is ‘n treffende een – op pad uit Egipte, die land van slawerny, moet die Israeliete, wat gereageer het op ‘n desperate uitroep, “’n baie groot en ‘n bitter geroep” (Eks. 27:24) soos dié van Esau, terwyl hulle beweeg het (dus tydens hul transisie van die koninkryk van die wêreld na die koninkryk van die hemele) nét ongesuurde brode, gebraaide lamsvleis met bitter kruie eet: “En hulle moet die vleis in dieselfde nag eet, oor die vuur gebraai; saam met ongesuurde brode moet hulle dit met bitter kruie eet.” (Eks. 12:8).

  • Die ongesuurde brode is brood waarvan die suurdeeg verwyder is, en in 1 Kor. 5:7 word dit tipologies só verduidelik: “Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—” In vers 8 word dit onomwonde gekwalifiseer: “(verwyder) die ou suurdeeg of … die suurdeeg van ondeug en boosheid, (en eet) die ongesuurde brode van reinheid en waarheid”. In Gal. 5:7-9 vermaan Paulus eweneens die geloofsvolk: “Julle het goed geloop: wie het julle verhinder om die waarheid gehoorsaam te wees? Hierdie oortuiging kom nie van Hom wat julle roep nie. ‘n Bietjie suurdeeg maak die hele deeg suur.”
  • Omdat daar soveel pogings is om my en jou terug te roep Egipte toe, veral deur ons “brood van smarte” (Deut. 16:3) te laat eet, verlang ons terug na die spreekwoordelike “vleispotte van Egipte” (Eks. 16:3). Dit is dan van die uiterste belang dat ons, die onwetendes en dwalendes, … met swakheid bevange” (Heb. 5:2), bewustelik ons van die suurdeeg van sonde, dít wat ons ons merk laat mis, gereinig moet word, want “‘n bietjie suurdeeg (maak bepaald) die hele deeg suur” (1 Kor. 5:6).
  • Moet asseblief nie die kern- skarnierpunt van hierdie beeld mis nie – die naakte lus waarmee hulle bevange was (Num. 11:4) na die “vleispotte” het gelei tot God se beskikbaarstelling van die kwartels! Hierdie voorsiening (wat ook salwing of fatness beteken) is die voorsiening van die rimmahwoorde!
  • Die Paaslam wat vir ons geslag is, is Christus, spel 1 Kor. 5:7 dit uit. Ons verstaan dan ook Jesus se latere opmerking met die instelling van die verbondsmaal [ook die nagmaal genoem, maar na my gevoel is dit eerder ‘n dagmaal as ‘n nagmaal, al het dit in die nag plaasgevind, want dié maal laat die lig manifesteer, en “wie kan die dag van sy koms verdra? En wie kan standhou as Hy verskyn?” (Mal. 3:2). Inderdaad is die profetiese belofte in Jes. 9:2 waar: “Die volk wat in duisternis wandel, het ‘n groot lig gesien; die wat woon in die land van die doodskaduwee, oor hulle het ‘n lig geskyn.”]: “en nadat Hy gedank het, het Hy dit gebreek en gesê: Neem, eet; dit is my liggaam wat vir julle gebreek word” (1 Kor. 11:24).
  • Hierdie kos moes eksplisiet “met bitter kruie” saamgeëet word. Waarom hierdie spesifikasie?
  • Uiteraard kan dit dalk dui op die bitterheid waarmee die Israeliete gesit het ná die jare van ballingskap. Dit word voorgestel deur byvoorbeeld Nelson’s Illustrated Bible Dictionary en New Unger’s Bible Dictionary.
  • Die Wycliffe Commentary voeg daarby: “this bitterness was to be overpowered by the sweet flesh of the lamb”. Die bitter kruie het die smaak en behoefte van diegene wat uit Egipte gelei is, “increased their appetite for the lamb and the unleavened bread”. Hierdie is myns insiens ‘n desperate poging tot verklaring. Dat die gebruik van bitter kruie egter nie bloot om kulinêre rede soos hierdie geskied het nie, word baie duidelik as die Israeliete na nét drie dae in die woestyn uitkom by ‘n plek genaamd Mara, en die naam en die ruimte getuig dat bitterheid op hierdie stadium van die reis deur God voorop gestel word. In Eks. 15:22-23 staan daar: “Daarop het Moses die Israeliete laat wegtrek van die Skelfsee af, en hulle het uitgetrek na die woestyn Sur. Hulle het toe drie dae lank in die woestyn getrek en geen water gekry nie. En hulle het in Mara gekom, maar kon die water van Mara nie drink nie, want dit was bitter. Daarom heet die plek Mara.”
    • Die Skelfsee (Eks. 10:19) staan ook bekend as die Rooi See (Hand. 7:36; Heb. 11:29). Easton’s Bible Dictionary verklaar dit soos volg: “The origin of this name (Red Sea) is uncertain. Some think it is derived from the red colour of the mountains on the western shore; others from the red coral found in the sea, or the red appearance sometimes given to the water by certain zoophytes floating in it.” Dit is alles moontlik, maar – soos met die betekenis van Mara – moet ons dalk eerder soek na ‘n rede wat eerder die tipologiese diepgang van die transisie steun.
    • En in hierdie lig is dit eintlik dan eenvoudig – die eerste wese wat God as prototipe skep, genaamd Mens, se naam verander na die sondeval na Adam toe, wat volgens die AHLB dui op “bloed”, wat dit eksplisiet koppel aan die kleur rooi. Strong dui dit aan as: “show blood in the face”, en Faussets Bible Dictionary as “red earth”. Daarbenewens, dra die aartsvader Isak se oudste seun die naam Esau, op grond van die feit dat hy uitsonderlik rooi is, “geheel en al soos ‘n mantel van hare” (Gen. 25:25). Daarom word hy Esau genoem, en simbolies is dit belangrik dat die eerste seun wat buite die paradys gebore is, dan ook die mantel van sterflikheid prototipies dra. Esau word ook die Nuwe-Testamentiese prototipe (Heb. 11:20) van die vleeslike of natuurlike mens en Jakob van die geestelike mens wat in staat was om sy menslike natuur te oorkom met ‘n goddelike natuur. Ook die “rooigoed” (Gen. 25:30) wat Esau by Jakob gekoop het, dui op ‘n eersgeboortereg van Adam (Heb. 12:16) wat verhandel (Jes. 53:5) is.
    • Die Rooi See is duidelik die simboliese ruimte van sterfte en opstanding, die plek waar die eerste Adam sterf en die laaste Adam opgewek word. Kortom – dit is volgens 1 Kor. 10:1-2 diégene wat “deur die (Rooi) See deurgegaan het”, en wat gedoop is in Moses, oftewel dan Jesus. Ons weet dat om gedoop te word in die Naam van die Here Jesus (Hand. 2:38) deel van die wedergeboorte is (Joh. 3:3 & 5).
    • Dat al hierdie transisies staan in die teken van bloed, en die kleur rooi, word dit gekoppel aan die traumatiese toestand van radikale verandering wat in die persoon plaasvind wat reageer op die roep van die Verlosser om uit Egipte te kom, en die moeilike eerste deel van die geloofspad, wat heeltyd teengestaan word deur die vleeslike bloednatuur.
    • Maar – volgens die AHLB – dui hierdie begrip ook op “likeness”, soos dat ‘n seun na sy vader lyk, of die mens wat na God se gelykenis geskape is. Onteenseglik dan is hierin ook iets van die mens se oorspronklike skeppingsdoel verhul, en is die pad deur die Rooi See simbolies van ‘n terugtog na oorspronklike identiteit.
  • Die mooiste deel van die geheimenis van die bitter kruie wat saam met die ongesuurde brode en die lamsvleis geëet moes word, is dat in die piktorale Hebreeus bitter verklaar word op ‘n paar baie veelseggende wyses:
  • as ‘n samestelling van twee prentjies: water + die hoof, met ander woorde: die Hoof van primordiale waters
  • rebellie
  • “To pay the price for a wife.”
  • “An archer: one who shoots an arrow”
  • ‘n Welriekende geur
  • “change, remove, exchange”

In die volgende Manna sal ons die implikasies van al hierdie inligting verreken en integreer.

  • Sela: Probeer ‘n narratief maak van die ses uitgestipte punte hierbo.
  • Lees: 13-21
  • Memoriseer: 16:3 (hoe Goddelik is hierdie sinchronisasie nie!)
  • Delf dieper: Luister na die cd-lering van Matzie Lee getiteld: Babilon (ballingskap) vs Egipte

(slawerny)  –  die Vuuroond vs my eie sin en wil