“die openbaring van die verborgenheid”
(Rom. 16:25, OAV)
Die vorige vier Mannas het heelwat belangrike swaartepunte en voortvloeiende implikasies ten opsigte van die Bruid se Goddelike identiteit van die voortyd, die onderwerp wat ons tans probeer omlyn, voorgehou. Ek lig enkele van die waarhede van die argument weer uit, omdat ons “die openbaring van die verborgenheid” (Rom. 16:25) helder moet kan uitwys terwyl ons dit uitpluis. Uit die vorige Manna het ons enkele sleutelpunte vasgemaak:
- Die grondwaarheid ten basis van hierdie proses is dat elke gelowige wat God met sy hele hart soek, Hom sal vind (Jer. 29:13).
- In ooreenstemming met ‘n aantal Skrifte het ons die proses tussen Wonderbaar en die gesalfde geliefde uit sy sy, ook beskryf as wonderbaar, eweneens wonderbaar genoem. Die Wonderbaar spreek tot die wonderbaar en openbaar van sy wonderbaarlikheid ín ons. As gevolg van die naspeurbare én die onnaspeurbare, die geopenbaarde en die verhulde, weet ons dat die kumulatiewe proses van ons Christus-identiteit ‘n getuienis sal wees, “a perfect (wonderbare) example of a particular quality, a person or thing viewed as a model of excellence”, of dan: ‘n wonderteken.
- God inisieer IN ONS gebed en versugtinge deur sy Gees.
- Die Bruid is vir ontdekking ontwerp. Dit beteken dat die ontdekking van die nimenieuse IN ONSSELF noodwendig móét geskied. Nimenieus beteken God het dit só beplan dat ek en jy in onsself die fearful and fascinating mystery ván onsself sal ontdek.
- Hierdie transendensie word deur die Gees van God gefasiliteer. Die Heilige Gees is in alle ervarings van ontmoeting en herkenning altyd die tussenganger wat bewustheid skep.” Hierdie bewustheid (logos, in die wydste moontlike sin gebruik) word altyd deur die Gees van God as Tussenganger bestuur en begelei. Die Gees is waarmee ons waarneem eerder as Wie ons bespeur.” As die Gees vir ons intree), bid Hy die ordelike, komplekse en presiese bloudruk van God in ons lewens. Hierdie “unspeakable words”, is rhemawoorde! Die oopmaak (“entrance to disclosure”) van hierdie identiteitswoorde bring lewe en lig en laat jou Goddelike identiteit wonderbaarlik
- Elkeen in die Bruid moet dus the mind of the Spirit leer ken. Die vraag is dan: hoe word hierdie “duister” woorde deur die verstand van die Gees IN ons vertaal of verstaan?
- In en deur die ontvouing van jou rhemawoord word alle huiwering, vermoedens, drome, wense, die somtotaal van ons soeke, gekulmineer in ‘n transendensieproses waardeur God jou unieke onderdeelgeheel van Christus uit die voortyd laat stroom. Dit word letterlik die verbindingstroom of sinergie van die interaksie tussen die hemele en die aarde, en daardeur word strome van lewende water, weliswaar primordiale waters, uit die voortyd oopgemaak, vol spreuke en raaisels wat uit die voortyd stroom, sodat daar algaande ‘n al hoe dieper manifestasie kan kom van hierdie fearful and fascinating mystery. Aanvanklik is dit ‘n onverwagse nattigheidjie, soos Chris Barnard dit in ‘n verhaal van hom genoem het; later waters tot aan die enkels; dan waters tot aan die knieë; later waters tot aan die heupe. En dan ‘n stroom waardeur jy nie kan gaan nie! Want die waters het opgerys—waters om in te swem, ‘n stroom waar ‘n mens nie deur kan loop nie (Eseg. 47:3-5).
- Hierdie proses van logoserende bedinksels kan amper onmoontlik in verstaanbare taal omvat word. Ons het geleer taal en denke is die twee kante van dieselfde munt in ons. Om hierdie rede is alle denke of fasette van Logos ten nouste aan taal gekoppel. Daar moet ‘n proses gestalte kry wat in en deur die hermeneutiek van die ongesêde ontdek word.
- As die Heilige Gees deurgaans hierdie proses tot transendensie rig, sal ons die “dinge wat verborge was van die grondlegging van die wêreld af” (Matt. 13:35) kan leer karteer, en in staat wees om “die verborge dinge” te bring tot “geopenbaarde dinge”.
- Hierdie Wonderbaar wat ons in ons soeke ontdek, is die onverwagte verskyning van die onpeilbare Oorsprong self, ook IN ons en in ons omstandighede. Hierdie transfigurasie is wonderbaarlik en die wesensaard van Wonderbaar. Tydens die besoeking word daar op ‘n wonderbaarlike wyse identiteit en Goddelike natuur oorgedra (imparted).
Ons het die vorige Manna afgesluit met die belofte dat ons nou die dieper manifestasie van hierdie fearful and fascinating mystery in ons gaan verken. Ek kon nêrens, in die teologie, die filosofie, die literatuurwetenskap, watter geesteswetenskaplike dissipline ook al, iets konkreet kry oor hierdie pad terug na die paradys waar ons die ontwykende diepgang van ons rhemawoorde kan leer peil nie. Daar is dus ‘n bepaalde ontoereikendheid van enige teoretiese sistematisering van hierdie “groot en ondeurgrondelike dinge wat jy nie weet nie” (Jer. 33:3).
Hierdie allermooi Afrikaanse woordjie “ondeurgrondelik” is streng gesproke nie korrek nie, want dit dui op iets wat “inaccessible” (ROTH), inscrutable” (LITV), of “unsearchable” (NIV) is, maar dit is definitief nié die geval nie, want dit word dan juis bekend gemaak. [Vergelyk byvoorbeeld Ps. 25:14 – “Die verborgenheid van die HERE is vir die wat Hom vrees, en sy verbond om hulle dit bekend te maak.”] In die Holman Christian Standard Bible word dit meer korrek as “wondrous things” (sien WONDERBAAR hierin raak) vertaal, en elders as “great and hidden things” (ISV), wat veel nader aan die waarheid is.
In die piktorale Hebreeus (AHLB) word dié woordjie voorgestel as ‘n kraal, of as ‘n bewaringsheining: “a walled, fenced or fortified place for storing up the gathered crop or people”, asook, en dit is van groot belang: “a walled place of protection”, letterlik ‘n ondeurdringbare bastion. Om hierdie rede is die beste moontlike vertaling van hierdie vers dié van die YLT: “Call unto Me, and I do answer thee, yea, I declare to thee great and fenced things–thou hast not known them.”
Dink vir ‘n oomblik hieroor na – waar is die oorsprong van die wesensaard van ons identiteit, wat oënskoulik NIE meer toeganklik is nie, toegesluit is agter die spreekwoordelike slot en grendel?
Die paradys, uiteraard! Gen. 3:22-24: “As hy (= die mens) nou maar nie sy hand uitsteek en ook van die boom van die lewe neem en eet en lewe in ewigheid nie! Toe stuur die HERE God hom weg uit die tuin van Eden om die grond te bewerk waaruit hy geneem is. So het Hy dan die mens weggedrywe en gérubs aan die oostekant van die tuin van Eden laat woon, met die swaard wat vlam en flikker, om die toegang tot die boom van die lewe te bewaak.” Die laaste vers in Engels lui soos volg: “to keep the way of the tree of life”. Daar is ‘n weg terug na daardie afgeskorte bewussyn van ewigheid en heerlikheid. Ruimtelik gesproke, noem ons dit die paradys; temporaal gesproke, noem ons dit die voortyd, maar dit is streng gesproke nie ruimte of tyd soos ons dit as mense ken nie. Dit “bestaan in verborgenheid wat bedek (is) en wat God van ewigheid af voorbeskik het tot ons heerlikheid” (1Kor. 2:7).
Die groot geheimenis wat ek en jy as wedergeborenes moet besef, is dat daardie bewussyn IN ons is, maar skynbaar ook BUITE ons is. Deur die Gees van God se versugtinge wat IN ons gebid word en na BUITE gaan, word daar iets wat toegesluit is, weggelê en verborge is, oopgesluit, oopgedek en openbaar gemaak.
Die werkwoordvorm van die versugtinge, naamlik “sug”, dra by ons die konnotasie van moedeloosheid, maar in die Grieks is daar veel meer in dié aksie. Die Skrifgedeelte wat dit die mooiste uitwys, is in Mark. 7:31-37 toe Jesus uit die gebied van Tirus en Sidon vertrek en na die see van Galiléa gegaan het, deur die gebied van Dekápolis. Beide Tirus (= Rots = Christus – 1Kor. 10:4) en Sidon (= visvangplek = vissers van mense; 153) het ‘n eksplisiete duiding van die gestaltegewing van die Christus. Galiléa beteken ‘sirkelgang’, en Dekápolis beteken: ‘tien stede’, waar dit dui op: ‘n korporatief wat gekenmerk word deur “a completed course of time or completeness in divine order”. Hierdie spesifieke deiktiese vooropstelling moet ons tipologies lees as ‘n proses van “to and fro”, ‘n geesgebied waarin die Christus gestalte kry in en deur ‘n sirkelgang van Goddelike orde wat voltooidheid en volmaaktheid bewerk soos wat die beweging deur die versugtinge van die Gees voortstu. Die persoon wat na Jesus toe gebring word, is ‘n dowe wat swaar praat, simbolies tipies van die natuurlike (gelowige) mens waarvan Jes. 6:9 sê: “Hoor altyddeur, maar verstaan nie, en sien altyddeur, maar bemerk nie.” DIT IS OM HIERDIE REDE DAT JESUS IN Matt. 13:13 sê: “Daarom spreek Ek tot hulle deur gelykenisse, omdat hulle, terwyl hulle sien, nie sien nie, en terwyl hulle hoor, nie hoor of verstaan nie.” Die gelykenisse of geheimtaal of BEDEKTE BETEKENIS is juis SODAT ons kan begin sien en hoor!
Jesus neem die dowe en spraakgestremde man opsy, weg van die skare, en steek sy vingers in sy ore, en spuug en raak sy tong aan; “en nadat Hy opgekyk het na die hemel, sug Hy en sê aan hom: Éffata!, dit is: Gaan oop!” En dadelik het sy ore oopgegaan en die band van sy tong losgeraak, en hy het reg gepraat. En hulle was uitermate verslae en het gesê: Hy laat die dowes hoor en die stommes praat.
Die frase sug Hy se gematria is 1336. Wat absoluut wonderbaarlik en verhelderend is, is dat daar vier ander woorde is wat dieselfde gematria het, naamlik “hartlik”, “help”, “voorkennis” en “lewend maak” (“quicken”). As ons nou ‘n kraaltjie om hierdie vier woorde trek, if we fence it in, dit in ‘n kardoesie sit, word dit wonderbaarlik ‘n sleutel van/in hierdie proses van openbaarmaking: hierdie versugtinge is hartlike hulp van die Heilige Gees aan gelowiges om sodoende verhulde voorkennis vir hul lewend te maak!
Daar is ook drie verse in die Bybel wat ‘n gematria van 1336 in totaal het, en as ons hulle, wat totaal buite logiese konteks ten opsigte van mekaar is, maar verbind is as gevolg van identieke gematria, is dit verstommend wat hulle in waarde toevoeg tot hierdie betekeniskonstruksieproses:
- “Sy emmers is vol melk, en die murg van sy gebeente word deur en deur bevogtig.” (Job 21:24). Ons het in verskeie vorige Mannas al ingegaan op die simboliese waarde van melk en murg, maar dit is die substans van suiwer woord en lewe wat “die verborge mens van die hart” (1Pet. 3:4) ontvang. Dit is waarlik: “die krag van die onvernietigbare lewe” (Heb. 7:16).
- “Daarop is in ‘n naggesig die geheim aan Daniël geopenbaar. Toe het Daniël die God van die hemel geloof.” (Dan. 2:19). Die versugtinge van die Gees maak ook naggesigte, visoene, drome, geheimtaal, kortom: alle verborgenhede
Ons vervat hierdie heerlike ontvouing in die volgende Manna.
- Sela: Verduidelik die proses van “to and fro” aan iemand. (Waarom gebruik ons dié begrip?)
- Lees: 1-9
- Memoriseer: 3:7 (probeer hierdie vers tipologies verstaan in die lig van hierdie lering)
- Delf dieper: Luister na die cd-lering van Tom Gouws: Word Deel vd skeppende Verbeelding
van Elohim