Dag 173

“… who did bewitch you … having begun in the Spirit,

now in the flesh do ye end?”

(Gal 3:1 & 3, YLT)

 

Baie geloofsbewegings begin in die gees, met ander woorde word geïnisieer deur die Gees van God, maar verkry daarna ‘n vleeslike komponent wat dit kontamineer. Natuurlik is dit waar dat enige Geesaksie deur gebroke mense met allerlei foute en flaws gefasiliteer word, maar hul afhanklikheid van en gehoorsaamheid aan die direktiewe leiding van die Heilige Gees hou dit Geesbeheerd.

As Paulus die Galasiërs vermaan dat hulle “bewitched” geraak het (die Afrikaanse “betower” dui nie die donker ondertoon aan nie) en dat dit daartoe gelei het dat hul geloof ‘n vleeslike aksie is en nie ‘n Geesbeweging nie, is dit ‘n baie ernstige aanklag. In Rom 7:5 verduidelik hy dat sodanige vleeslike geestelikheid eintlik gedryf word deur “sondige hartstogte” en dat dit “vir die dood vrugte dra”. Weliswaar: wat die vlees bedink, is die dood (Rom 8:6).

As gelowiges van die waarheid afdwaal, spel Paulus dit uit in 2 Tim 2:17-18, sal hul woord “voortwoeker soos ‘n kanker”. Sodoende word ‘n groot menigte goedgelowige gelowiges op ‘n geestelike sleeptou geneem en aan misleiding gebind en met die verloop van tyd aan al hoe groter misleiding blootgestel, wat hulle later nie meer raaksien nie, want hulle geestelike oë is toe. Onthou 2 Sam 22:27 (MKJV): “With the pure, You will show Yourself pure, and with the perverted You will appear perverse.” En 2 Thes 2:11: “En daarom sal God hulle die krag van die dwaling stuur, om die leuen te glo …”

Die ZCC wat ons as geloofsgemeenskap gister bespreek het, is só ‘n beweging wat in die Gees begin het, maar in perversie (uit die Latyn: perversus: “a turning from truth”) geëindig het. Met die kragtige herlewing wat die bediening van John G Lake meegebring het, het die AGS rondom 1910 ontstaan en is wit en swart saam in Wakkerstroom gedoop, maar as gevolg van rasseskeiding is die swart mense afgeskei en het hul nie deel geword van die Pinksterbeweging in Suid-Afrika nie. Die verbitterdheid en verwerping het ‘n wortel van die misleiding geword wat veroorsaak het dat die beweging oop was vir “bewitchment” en helaas in ‘n verkeerde rigting begin beweeg het. (Wat verklaar waarom die ZCC veral so mislei en bewitch word rondom watergeeste – een van die basiese rituele waaraan hulle almal deel het. Jy’t seker al opgemerk hoe hul gedurig kannetjies water skep by riviere. Dis ook waarvoor jy die bottel seewater saamvat vir die werker by die huis. Skrik!)

Maar wyer ook: Enige gemeente wat byvoorbeeld deur skeuring ontstaan het, dra in hom ‘n kiemsel van misleiding, want dit is op verkeerde basis gebou. Judas 1:19 spel dit uit: “hulle wat skeuring maak (is) sinnelike mense wat die Gees nie het nie”. Niks van ewigheidswaarde kan helaas daarop gebou word nie.

 

  • Sela: Vra God om vergifnis vir ons aandeel in die misleiding van ons swart broers.
  • Lees: 1 Kon 2;  Spr 29; 2 Thes 2
  • Memoriseer: 2 Thes 2:11
  • Vir dieper delf: Lees oor dié bogemelde geskiedenis in John G Lake se Adventures in God.