“… the wicked, who is Thy sword …”
(Ps. 17:13, WBST)
Nog eens terug by die swaard van Farao.
In die voorlaaste Manna is die etimologie van die algemene woordjie swaard nagegaan en daar is uitgewys dit verwys na Goddelike insnyding, wat primêr dui op jou skeppingsdoel en jou rhemawoord. Daarenteen, dui die swaard van Farao op die mens se rimmahwoord, die teenpool van jou rhemawoord.
Ons is besig met die ses keer waarin die woordjies swaard en Farao in dieselfde vers in die profetiese boek van Esegiël voorkom. [Dit is belangrik om daarop te let dat dit nie noodwendig in die vaste frase: ‘die swaard van Farao’ voorkom nie. Hierdie leestegniek – om die woorde wat in noue afstand op mekaar betrek word, verder te ondersoek, bring ‘n diskursiewe ruimte waarbinne God aanverwante sake laat uitspruit.] Wat uit hierdie ses verwysings (30:21; 22; 25; 31:18; 32:31; 32) duidelik is, is dat dit telkens in ‘n reaktiewe sin vanuit God se handeling gebeeld word, om deur die swaard van God die swaard/mag/houvas/outoriteit van Farao (soos ‘n swaard) uit sy hand te laat val, en hom te oorwin.
Ons wil graag drie van die Esegiël-verwysings in meer besonderhede ontgin. Die belangrikste daarvan is Eseg. 31:18, maar die ander twee verwysings, Eseg. 32:31-32, volg op mekaar, én lig hierdie fokusvers ook verder toe, daarom begin ons daarmee. Hierdie twee verse is die klimaks van die sesde profetiese klaaglied wat Esegiël oor die Farao aanhef, wat begin in Eseg. 32:2. Wat absoluut opval in hierdie (aan)klaaglied, is dat twee woorde/frases herhaaldelik ten opsigte van Farao gebruik word, in so ‘n mate vooropgestel, dat ‘n mens dit nie kan miskyk nie. Die woorde/frases is: swaard en neerdaal in die kuil. Laasgenoemde uitdrukking gaan gepaard met ‘n hele versameling verwante woorde/frases: neerwerp; wegslinger; uitblus; verdonker; die dag van jou val; laat val; besink; neerdaal; in die onderste plekke van die aarde; by die wat in die kuil neergedaal het; daal af; laat jou neerlê; hulle (sal) val; neergedaal; hulle lê daar; geval deur die swaard; grafte … in die uithoeke van die kuil; graf; neergedaal … in die onderste plekke van die aarde; in die kuil neergedaal; en nou dra hulle hul skande by die wat in die kuil neergedaal het; neergelê; die helde wat geval het; die helde wat na die doderyk neergedaal het; en jy sal lê by die wat deur die swaard verslaan is; daar is Edom, sy konings en al sy vorste, wat ondanks hulle dapperheid neergelê is by die wat verslaan is deur die swaard; hulle lê by die onbesnedenes en by die wat in die kuil neergedaal het; wat neergedaal het; nou lê hulle onbesnede by die wat verslaan is deur die swaard; en nou dra hulle skande by die wat in die kuil neergedaal het.
‘n Mens kan amper nie die vooropstelling van hierdie soortgelyke woorde en frases in die bestek van ‘n enkele hoofstuk (of klaaglied) glo nie! Daar kan geen twyfel bestaan dat dit die absolute kern van hierdie veroordeling is. In die lig van hierdie konteks, is verse 31-32 dan ‘n klimaktiese afsluiting wat hierdie profesie netjies saamvat: “Farao sal hulle sien en hom troos oor sy hele menigte; deur die swaard verslaan is Farao en sy hele leër, spreek die Here HERE. Want Ek het skrik vir hom versprei in die land van die lewendes; daarom sal hy neergelê word onder die onbesnedenes, by die wat verslaan is deur die swaard—, spreek die Here HERE.”
Farao en sy hele menigte word pertinent hier uitgehef as onbesnedenes. Ek en jy moet nie nou vergeet dat ons ‘n enkele paar Mannas terug (Dag 1741-1743) nog oor Moses se besnydenis van Eliëser, Moses se tweede seun, geleer het nie! Oor hierdie wondertekenseun spel Ex. 18:4 dit uit: van “die God van my vader is my hulp en het my van Farao se swaard verlos”. ‘Farao se swaard’, het ons toe gesê, dui uiteraard op ‘n mens se rimmahwoord. In die lig van hierdie gelykstelling, is dit dus absoluut duidelik dat Farao se swaard, oftewel jou rimmahwoord (teenpool van jou rhemawoord) die rede is waarom ek en jy uit die voortyd geval het! In ooreenstemming met Manna Dag 1166-1168 is dit onteenseglik so dat die mens wat in die tuin van Eden “sekerlik sou sterwe” na hul ongehoorsaamheid, geval het na die aarde, wat hier as “doderyk” getipeer word. Hier is die gevalle mens “naak”, soos Adam en Eva na die sondeval was, en ook die doderyk is (Job 26:6). Die doderyk is die plek waar die gevalle sondaars woon (Ps. 9:17)! Let wel, nie dié wat fisies gesterf het nie, maar dié wat geestelik dood is. Onthou ook die raak verwysing uit Job 17:13-16 wat ons veel oor hierdie toestand op aarde leer: “As ek hoop op die doderyk as my huis; in die duisternis my bed uitsprei, die grafkuil toeroep: My vader is jy; die wurms: My moeder en my suster, waar is dan my verwagting? Ja, my verwagting, wie ontdek dit? Na die grendels van die doderyk sal dit neerdaal, wanneer daar tegelykertyd rus is in die stof.” Die doderyk is die plek waar wurms (= rimmahwoorde, die teenpool van rhemawoorde).
Terug dan by Eseg. 31:18 soos ons vroeër belowe het. Kyk na die vreemde gelykstelling hier van die swaard van Farao en sy menigte: “Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? En tog sal jy neergewerp word saam met die bome van Eden na die onderste van die aarde; tussen die onbesnedenes sal jy lê, saam met die wat verslaan is deur die swaard.” Farao en sy menigte word gelyk gestel met “die bome van Eden! (Die Amplified-vertaling hou dit uitgebreid voor as: “Pharaoh and all the multitude of his strength, his tumult, and his store [of wealth and glory] …” Webster verduidelik die woordjie ‘tumult’ onder andere as: “The commotion, disturbance or agitation of a multitude, usually accompanied with great noise, uproar and confusion of voices.”) ‘n Mens wil roep: Bingo!
Hierdie verbondlose, onbesnede aanklaers, hierdie Babelse verwarring van legio, hierdie wurms wat die geroepe mens heeltyd teenstaan, vorm duidelik ook ‘n korporatief wat teen die Christus opstaan, MAAR JUIS MET DIE DOEL OM DIE CHRISTUS IN SY HOË ROEPING TE BEGELEI. Bepaald is dit soos Ps. 17:13 (WBST) dit uitspel: “Arise, O LORD disappoint him, cast him down: deliver my soul from the wicked, who is thy sword …” In hierdie lig verstaan mens dan ook Jesus se woorde in Matt. 10:34 veel beter: “Moenie dink dat Ek gekom het om vrede op die aarde te bring nie. Ek het nie gekom om vrede te bring nie, maar die swaard.” Nie net is dit die swaard van die Here nie, maar ook die swaard van Farao.
MAAR die mees opwindende saak wat Eseg. 31:18 voorts bied, is op die oog af ‘n onbenullige klein woordjie waaroor baie maklik gelees word: “Na wie lyk jy so in heerlikheid en grootheid onder die bome van Eden? In die Hebreeus is hierdie die samevoeging van twee woorde: dâmâh (“to be like, resemble, to liken, compare, to imagine, think, to make oneself like” – Thayer)
+ kâkâh (“just so” – Strong). Nét op grond van die Hebreeuse woordeboekdefinisies kan ons al iets vermoed wat dui op die eposwoord! In Afrikaans sou dit die pragtige woord gelykenis (in Engels: likeness) kon wees, soos Gen. 1:26 dit gebruik: “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis …” Die geskape Mens is dus ook ‘n eposwoord, beeld en gelykenis, van God. Sela. Maar hy het albei ook verloor, beeld én gelykenis. Onthou wat is die Beeld van God volgens 2Kor. 4:4 – “(die verligting van )(die evangelie van )(die heerlikheid van) (Christus), (wat die beeld van God is). Ons vervat dié fassinerende gesprek in die volgende Manna!
- Sela: Maak vir jouself die begrippe rhema en rimmah vas.
- Lees: 28-33
- Memoriseer: 29:3 (as jy weet dat die begrip dâmâh hierbo ook deur beteken, hoekom is hierdie
Goddelike sinchroniasie dan van soveel belang?!)
- Delf dieper: Luister na Daniël Gouws se cd-lering: Jou rimmah.