Dag 1753-1754

 

“… ‘n aangename geur van Christus …”

(2Kor. 2:15, OAV)

Ons keer nou terug na die diskoers wat ons begin het met Manna Dag 1741-1743. Net om die geheue te verfris: ons het spesifiek ervaar die Heilige Gees lei ons om die gematria van die getal 1700 te gaan ondersoek, die nommer waarmee die Mannas ‘n totaal nuwe rigting begin inslaan het. Benewens ‘n ondersoek na al die woorde wat daardie gematria dra, is uitgewys dat daar ook drie verse in die Bybel is waarvan al die woorde in die vers gesamentlik die somtotaal van 1700 dra. Twee daarvan handel oor Moses. Die eerste Skrif  wat behandel is, was Ex. 4:24: “En op die pad in die herberg het die HERE hom teëgekom en wou hom doodmaak.” Dit het ons uitsonderlik geloon om hierdie vers te gaan ondersoek.

Voor ons uitkom by die tweede vers oor Moses, wil ek allereers die derde vers met ‘n gematriatelling van 1700 dieper bekyk. Dit is Job 38:27, maar dit is van groot belang dat ‘n mens dié vers in reliëf met die res van die verse in sy onmiddellike konteks lees. Hierdie gedeelte handel oor God wat Job amper in ‘n tipe kruisverhoor vra oor die onstaan en die misterieuse bestaan van dinge in die geskape kosmos. Baie keer in die verlede het ek gedink God stel dit vermakerig aan Job, om sy onbenulligheid teenoor die almagtige Skeppergod te illustreer, maar ek het langsamerhand besef dit is glád nie wat God hier doen nie. Hy is eintlik bloot besig om Job te herinner aan alles wat hy met die sondeval vergeet het, met ander woorde, dat Job deel was van die totstandkoming van hierdie verruklike aarde, kosmos, en die realiteit van die geestesrealm. Immers, soos Heb. 11:3 dit pragtig uitspel: “Deur die geloof verstaan ons dat die wêreld deur die (rhema)woord van God toeberei is, sodat die dinge wat gesien word, nie ontstaan het uit sienlike dinge nie.”

Job 38:22, 24, 26-27 lui soos volg: “Het jy gekom by die skatkamers van die sneeu? En het jy die skatkamers van die hael gesien … Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde? … om te laat reën op ‘n land waar geen mens is nie, op ‘n woestyn waar niemand woon nie; om woestheid en verwoesting te versadig en op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?” Die laaste vers, in donker getik, is die vers wat ‘n gematria van 1500 het.

Wat vir ons Mannastudente nou moet opval, is dat ons hier ‘n bepaalde verwysingsraamwerk het wat aansluit by wat in Manna Dag 1731-1733 gedokumenteer is oor die reis deur die Klein Karoo om die wesensaard van die eposwoord uit te vind. Ons moet die volvoering van die reis en die verdere toeligting van die reis nog afhandel, maar dit is belangrik dat ons nou die Mannastudente herinner dat op hierdie reis God ‘n tipe reisende gemeente in die Gees opgerig het op grond van hul identiteite in Christus. Hierdie eposwoordgemeentegroep, wat ek benoem het: De Oude Hoorn-skatkamers, het my deur die reis as deel van die wolk van getuienis begelei om algaande meer openbaringskennis vry te stel. Een van die grootste ondekkings van die groep was die vind van twee dinge wat God wou vestig: enersyds: die skatkamers van die sneeu, en andersyds: wat God genoem het: die Universiteit van die Suide.

As hierdie vers uit Job dan voorkom in ‘n perikoop waarin die begrip “skatkamers van die sneeu” is, is dit van groot belang dat hierdie spesifieke vers, soos die vorige een waarin God vir Moses wou doodmaak, ‘n belangrike impetus dra rondom die vestiging van sake waardeur God die kennis van die heerlikheid oor die aarde wil laat kom. Op hierdie stadium weet ons dat dit alles te doen het met die vestiging van rhemawoorde, en dat die eposwoorde ‘n begeleidingswyse of voertuig is waardeur God die transendensie wil hanteer.

Belangrik om op hierdie stadium te weet, is dat soos byvoorbeeld ooste tipologies heenwys na die voortyd, beteken suide tipologies “to be parched” (Strong), veral as gevolg van droogte (“scorge; to dry to extremity” – Webster). Die oorkoepelende metafoor van die suide is die wildernis, of dan: die woestyn. Bepaald was dié deel van die reis beskik om in die Klein Karoo, ‘n woestynagtige area, voltrek te word. Onthou voorts: telkens as ons dit vergeet in hierdie omvattende ontdekkingsreis deur tyd, voortyd en ewigheid, is daar skielik voor ons – soos ‘n lugspieëling, ‘n fata morgana – ‘n verskyning uit die verte uit die woestyn: “Wie is dit wat daar opkom uit die woestyn soos rookpilare, omgeurd van mirre en wierook, van allerhande speserye van die koopman?” (Hoogl. 3:6). In Manna Dag 1654-1656 het ons hierdie vers aangesny, toe ons tot helder insigte oor die tipologie van die woestyn uitgekom het. Ons moet die volgende uit dié Manna ter verheldering wéér benadruk.

Ons moet leer om God te “kan dien in die woestyn” (Eks. 7:16), want God bepaal “die pad deur die woestyn van Edom (/Adam)” (2Kon. 3:8). Die natuurlike mens vra deurentyd, soos in Ps. 78:19 – “En hulle het teen God gespreek, hulle het gesê: Sou God ‘n tafel kan dek in die woestyn?” Die natuurlike wêreld waarin ons leef, verduidelik Jes. 14:17 – “die wêreld (is) soos ‘n woestyn gemaak”. Die profeet Jeremia (2:6) se formulering van die gelowige mens se belewenis van die wesensaard van die woestyn of wildernis is presies die vraag wat dikwels diep in die harte van wedergeborenes woel: “Waar is die HERE wat ons uit Egipteland laat optrek het, ons in die woestyn gelei het, in ‘n land van wildernis en kuile, in ‘n land van droogte en doodskaduwee, in ‘n land waar niemand deurtrek en waar geen mens woon nie?” Vers 31 maak dit duidelik: God het vir hierdie gelowiges ‘n woestyn geword.

MAAR – dit is moontlik om genade te vind in die woestyn (Jer. 31:2)! Hier, en nêrens anders nie, “met lewensgevaar bring ons ons brood in vanweë die swaard van die woestyn” (Klaagl. 5:9). Manna, brood van die engele/gestuurdes (Ps. 78:25), word ingebring vanweë die swaard, of soos die ACV dit pragtig vertaal: “We get our bread at the peril of our lives, because of the sword of the wilderness.”

Terug by Job 38 – Waar is tog die weg na die plek waar die lig gedeel word, die oostewind hom uitsprei oor die aarde? … om te laat reën op ‘n land waar geen mens is nie, op ‘n woestyn waar niemand woon nie?” In hierdie suidlandse place of parchment word “woestheid en verwoesting versadig en “op die groeiplek jong gras te laat uitspruit?” Die KJV vertaal dit allermooi: “to cause the bud of the tender herb to spring forth?” In ons onlangse skrywes het ons stilgestaan by al drie hierdie items: “the bud” (soos die amandelbloeisels op die staf van Aäron); “the tender herb” (soos die mosterdsaad as simbool van die koninkryk – Matt. 13:23); en “to spring forth” (die Spruit wat uitspruit – Sag. 3:8; 6:12). Al drie het te make met die vermeerdering van heerskappy in die Bruid, as ‘n oordekking met die kennis van heerlikheid, in “die koninkryk van Christus” (Ef. 5:5).

Ons kom nou by die laaste vers wat ‘n gematria van 1700 het, te wete: Ex. 8:30 – “Toe het Moses van Farao af weggegaan en tot die HERE gebid.” Die woordjie “gebid” lyk in Afrikaans na ‘n stereotipe geloofsaksie, redelik gewoon, maar die Grieks daarvoor is die woord ‛âthar, waarvan die wortelwoord vermeerder, of oorvloed, beteken, maar ook “odour, incense (odoriferous smoke)” (Strong), of dan: “a fragrance. It refers to the aroma, the smell that arose from burning incense” (WordStudy).

Die wonderbaarlike nou is dat daar twee variasies is van die woordjie wierook in Hebreeus:

תקטר (H6999 qatar , soos in Lev. 6:22), maar ook קטרת (H7004 qetoreth, soos in Ex. 30:1). Albei het dieselfde gematria, te wete 709. MAAR: dit is ook presies dieselfde gematria vir “storehouse of treasures” (ואוצרות, H0214 owtsar, soos in Job 38:22 hierbo)! Hier is ‘n absolute sleutel vir die oopsluit van die skatkamers van die Suide: “die aangename geur van Christus” (2Kor. 2:15).

  • Sela: Hoe sou dit moontlik wees om deur die tipologiese wierook toegang tot die skatkamers te verkry?
  • Lees: Esra 4-10
  • Memoriseer: Esra 6:1 (weer – wat ‘n Goddelike sinchronisering!)
  • Delf dieper: Luister na Briers Uys se cd-lering: Ontsluit die Skatkamers van die Verlede