Dag 1755-1756

 

“… die woorde van die boek wat gevind is …

 (2Kron. 24:31, OAV)

Die hoogtepunt waarmee ons verlede week afgesluit het, is nou al só lank in ons mannaverleiding in die woestyn geantisipeer! Ons het met die aanvang van Manna Dag 1731-1733 ‘n profetiese reis begin dokumenteer wat ek deur die Klein Karoo en die Kaap moes doen om algaande die wesensaard van die eposwoord uit te vind. Op hierdie reis het God ‘n tipe reisende pelgrims-gemeente in die Gees op grond van hul identiteite in Christus opgerig om my te begelei.

Alvorens ons die neerslag van bevindinge op hierdie reis verder vasmaak, moet ons eers op ‘n kort sypaadjie ter lering en stigting gaan.

Aan die einde van elke Manna is daar ‘n opdrag om ‘n sekere gedeelte te gaan lees, en ek word elke keer gelei om ‘n vers daaruit te kies wat ‘n mens kan memoriseer. Die Bybelleesplan het ten doel om die Bybel op ‘n gestruktureerde wyse deur te lees – in die proses het ons dit al ‘n hele paar keer gedoen. Die Bybelleesplan het streng gesproke niks met die lering van die week te doen nie, maar soos klokslag vind ons dat dié skynbaar onafhanklike Skrifgedeelte wat Mannalesers aanmoedig om te memoriseer, absoluut bonatuurlik met die lering van die week gesinchroniseerd is. Jane Gallop maak die volgende uitspraak: “Once one starts attending to the odd truths revealed in the accidental material of language, one is led into a different kind of reading, no longer a sublimated relation to the spirit of the text, but an intercourse with its body.” (In: Stephen Moore: Mark and Luke in Poststructural Persperctives, p. 150). Ons doen dit nou:

  • In Manna Dag 1747-1748 is die studente gevra om 2Kron. 24:13 te memoriseer: “En die uitvoerders van die werk was ywerig besig, sodat die herstellingswerk deur hulle hand gevorder het, en hulle het die huis van God herstel volgens sy oorspronklike bouplan en dit reggemaak.” Daardie Manna het spesifiek gehandel oor die tipologiese waarde van die tempel van Esegiël en die opbou daarvan as ‘n lewende konstruksiewerf IN JOU! Dit moet volgens ‘n  “oorspronklike bouplan” geskied.
  • Teen die einde van Manna 1749-1750 het die woordjie dâmâh ter sprake gekom, wat met die begrip beeld vertaal kan word. Ons het gevra om 2Kron. 29:3, wat oor koning Jehiskía handel, te memoriseer: “Hy het in die eerste jaar van sy regering, in die eerste maand, die deure van die huis van die HERE oopgemaak en dit herstel …” Benewens dat hierdie jaar waarin dié Manna geskryf is, 2018 (5778 die Joodse jaar), profeties benoem is as die jaar van die deur, is God ook besig om vir ons ‘n deur op die voortyd oop te maak. Dit is met ander woorde ook die kairostyd waarbinne God ons in hierdie spesifieke geheimenisse begin inlei. Tot ‘n groot mate is dit waaroor die skatkamers van die suide dan ook handel.
  • Manna Dag 1751-1752 het hierdie versoek gerig: om 2Kron. 34:21 te memoriseer, en daar is toe gesê: hierdie Skrif, gesinchroniseer deur God, is van groot belang in die volgende Manna – probeer solank die verband vind. Die Manna het in meer besonderhede gehandel oor die woordjie “lyk”, wat ‘n pragtige heenwysing na die eposwoord was. Die Skrifgedeelte lui soos volg: “Gaan raadpleeg die HERE vir my en vir die wat in Israel en in Juda oorgebly het, oor die woorde van die boek wat gevind is; want groot is die grimmigheid van die HERE wat oor ons uitgestort is, omdat ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie.” Hierdie was die opdrag van koning Josía aan ‘n klompie persone onder die aanvoorwerk van die prominente voorloper, “die skrywer Safan”, waaroor baie in die voorafgaande gedeeltes geskryf is. Safan beteken ‘haas’, spesifiek “a rock badger” (WordStudy). Hierdie woordavontuur waarop ons tans is, is tot ‘n groot mate soos Alice In Wonderland se ontvouende “white rabbit’s trail”, en “to see how deep the rabbit hole goes”, soos die karakter Morpheus dit in die kultusfilm The Matrix aan Neo verduidelik. Soos Wikipedia dit noem, omvat hierdie verwysing verskeie “metaphysical ‘waking up’ metaphors”. Hierin is egter ‘n baie duidelike waarskuwing ook geleë, iets waarin die Joodse kabbaliste en die New Age-numeroloë dikwels wel deeglik getrap het, ook selfs Christelike teoloë, soos byvoorbeeld John Selby (Jesus for the Rest of Us). Sonder om nou te veel hierop te konsentreer, lees net eers hierdie twee verse van Esegiël, vir wie God in die gees inneem in die geheimenisse van die verborge tempel: “En sewentig manne uit die oudstes van die huis van Israel het daarvoor gestaan, en Jaäsanja, die seun van Safan, onder hulle; en elkeen het sy wierookpan in sy hand gehad, en die geur van die wolk van reukwerk het opgegaan. Toe sê Hy vir my: Het jy gesien, mensekind, wat die oudstes van die huis van Israel in die duisternis doen, elkeen in sy kamers met beeldwerk? Want hulle dink: Die HERE sien ons nie; die HERE het die land verlaat.” (Eseg. 8:11-12). Die afgodery in die tempel was van die nalatenskap van Safan spesifiek, en dit wat God teen hul inbring, is dat “elkeen in sy kamers met beeldwerk” doenig was. Die woordjie beeldwerk omskryf BDB as: “images of idols, imagination”. Let mooi op hoedat dit ‘n vals teëbeeld van die gérubs is. ‘n Kernvraag wat ons deeglik in die loop van hierdie verkenning sal moet beantwoord, is tot watter mate ‘n gelowige kan verseker dat ons nie op ‘n pad van die verbeelding loop agter die afgode van ons hart nie, “each one before his favorite god-picture” (MSG). Dit is ‘n vraag wat ons deurgaans in ons hermeneutiek van die ongesêde, in die dromende denke, en in die naspeur van die teks as ‘n lewende konstruksiewerf absoluut deeglik moet verreken en verantwoord. Die Skrif van 2Kron. 34:21 was ‘n duidelike heenwysing na die eposwoord as regulerende faktor, het ons implisiet gesê, en koning Josia se uitwysings aan Safan, die skrywer, en die res van die voorlopers, was oor “die woorde van die boek wat gevind is”, en dat “ons vaders die woord van die HERE nie gehou het om te handel volgens alles wat in hierdie boek voorgeskrywe is nie”. Dis imperatief dat die bou van die tempel, die afwerking van die lewende stene, nie ‘n wildegansvlug word nie, maar gerig word deur meesterbouers: “Volgens die genade van God wat aan my gegee is, het ek soos ‘n bekwame boumeester die fondament gelê, en ‘n ander bou daarop; maar elkeen moet oppas hoe hy daarop bou.” (1Kor. 3:10).
  • In die vorige Manna, Dag 1753-1754, het ons in die ‘Memoriseer’-voetnota Esra 6:1 gegee, en gesê: wat ‘n Goddelike sinchronisering! Die Skrif lui soos volg: “Toe het koning Daríus bevel gegee, en hulle het nagesoek in die argief waar hulle in Babel die skatte wegbêre.” In hierdie konteks word van die gesalfde Kores gepraat, en die lê van die fondament van die tempel, maar die skatte word deur John Gill’s Exposition of the Entire Bible uitgewys as skatkamers waar: “things of worth and value were reposited; not only gold, silver, jewels, and precious stones, and things rare and curious, but all sorts of writings …” Trouens, die oorspronklike woordjie wat in Aramees vir argief gebruik word, is sephar, ‘n woordjie waarvan die wortelwoorde insluit: inscribe en enumerate, te wete ‘n onderlegting in taal en wiskunde. Dat dit nie net geskrewe woorde insluit nie, maak ‘n teks soos Jer. 36:6 duidelik. Dit is ‘n boekrol, of a scroll of destiny, soos dié waarvan Ps. 40:7 en Heb. 10:7 praat, en dit is bepaald waarna verwys word in Heb. 10:7 ten opsigte van die Here Jesus: “U het vir My ‘n liggaam berei”. Hierdie skatkamers of argiewe bevat die Liggaam van Christus se scrolls of destiny. Hierdie woorde, verduidelik John Darby in sy Synopsis: “We have here the great mystery of this divine intercourse, which remains ever surrounded with its solemn majesty, although it is communicated to us that we may know it.”
  • Sela: Wat dink jy is oor jou opgeskryf in die ‘scrolls of destiny’?
  • Lees: 1-6 (Let veral op waarmee Neh. 1:1 in die Engelse vertalings begin!)
  • Memoriseer: 6:8 – hoe maak ons seker ons het dit alles nie “self versin” nie?
  • Delf dieper: Luister na Tom Gouws se cd-lering: To Be Wrong in the Holy Things – die Gevaar

van Verkeerde Vuur