Dag 179

“Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie …”

(Sag 1:21, OAV)

 

In hierdie afdeling oor die vals horings van die altaar is dit nodig om vervolgens een spesifieke aspek van hierdie horings uit te lig. Ter verfrissing: In Sag 1:21 vra Sagaria die Engel: “Wat kom hulle maak? En Hy antwoord en sê: Dit is die horings wat Juda só verstrooi het dat niemand sy hoof opgehef het nie …”

Irenaeus, die kerkvader wat in die vroeë kerk aan die einde van die tweede eeu geleef het (en dissipel is deur Polycarp, wat op sy beurt gedissipel is deur Jesus se geliefde dissipel Johannes!), het hierdie belangrike uitspraak gemaak: “Error, indeed, is never set forth in its naked deformity, lest it being thus exposed, it should at once be detected. But it is craftily decked out in an attractive dress, so as, by its outward form, to make it appear to the inexperienced … more true than the truth itself.” (uit: Against heresies).

Die woordjie “verstrooi” hierbo dui in die oorspronklike taal op al die aksies van: “to scatter, fan, cast away, winnow, disperse, compass, spread, be scattered, be dispersed”. Dit word dikwels in verband gebring met die wind (Jer 39:32; 49:36; Eseg 5:2 & 10; 12:14) en dit is van belang: hierdie vals horings van die altaar bring dikwels geweldige verwarring “deur elke wind van lering” (Efes 4:14). Daarom word die gelowiges hier “soos golwe geslinger en heen en weer gedryf … deur die bedrieëry van die mense, (om) deur sluheid … tot dwaling te bring”.

Hierdie verstrooiing het drie ernstige gevolge in die Liggaam van Christus. Eerstens bring dit ‘n toestand van (onverklaarbare) geestelike depressie en swaarheid – dit laat die mense wat daardeur geraak is, nie hul hoofde optel nie. Sien Job 10:15: “If I be wicked, woe unto me; and if I be righteous, yet will I not lift up my head. I am full of confusion …” (Job 10:15). Tweedens bring dit ‘n “spirit of confusion” (Isa 19:14, ESV) mee (later meer daaroor). En derdens: dit verbreek geestelike eenheid en outoriteit (Joh 17:11, Gen 11:9 en Ps 133).

As jy karnuffel is op enige wyse deur hierdie vals horings – en jy sal dit sien aan die vrugte wat hierbo uitgewys is – is dit van groot belang om die vals horings te verbreek (Ps 75:10). En dan is dit tyd om the Lifter of your head (Ps 3:3) toe te laat om jou jou kop te laat optel (Ps 27:6; 110:7). “Lift up your heads, O ye gates; and be ye lift up, ye everlasting doors; and the King of glory shall come in.” (Ps 24:7)!

 

  • Sela: Ondersoek met die Heilige Gees of die vrugte waarvan hierbo geskryf is, in jou lewe voorkom en hanteer dit.
  • Lees: 1 Kon 8;  Pred 4; 1 Tim 5
  • Memoriseer: 1 Tim 5:18
  • Vir dieper delf: Luister na Prince Olesegun se cd-lering: The horns on the land.