Dag 180

 

“Then the LORD showed me four craftsmen.”

(Zec 1:20, GW)

 

Ons staan steeds stil rondom hierdie hoofstuk in Sagaria wat deel met die vals horings van die altaar. Die vier horings word in vers 20 die “vier smede” genoem. In die oorspronklike taal dui dit (volgens Strongs) op: “a fabricator of any material: artificer, carpenter, craftsman, engraver, maker, mason, skilful, smith, worker, workman, such as wrought”. Verskeie werkwoorde lê ten grondslag van die wortelbetekenis van die woord, byvoorbeeld: “engrave, devise, to plot evil, to make silent” (Brown-Driver-Briggs’ Hebrew Definitions). Die woordjie “craftsmen” is vir my ‘n uitstekende vertaling, want dit onderskryf die idee van “crafty”, wat Websters omskryf as: “Cunning; artful; skillful in devising and pursuing a scheme, by deceiving others, or by taking advantage of their ignorance; wily; sly; fraudulent.”

Daarom is dit nie vreemd nie dat die Satan – wat homself as ‘n slang gemanifesteer het –  in Gen 3:1(Darby) beskryf word as: “more crafty than any (other)”.

Daarom sê Paulus in 2 Cor 11:3 (WEB): “the serpent deceived Eve in his craftiness”.                         Maar in die woord craft lê die volle spektrum opgesluit van kuns, geestesvermoë, skill, ability, kortom: kultuur. Die meeste mense het ‘n geweldige beperkte idee rondom kultuur. Die woordeboek beskryf dit, interessant genoeg, as: “The act of tilling and preparing the earth for crops; cultivation; the application of labor or other means of improvement.” Kultuur behels dus alle fasette van menslike ontwikkeling ten opsigte van die wêreld waarin hy leef. Maar uitgaande van die woord tilling (om iets te bewerk), word ons onmiddellik terug verplaas na die sondeval, en die vloek wat op Adam en derhalwe die mensdom geplaas is: “Therefore the LORD God sent him forth from the garden of Eden, to till the ground from whence he was taken.” (Gen 3:23, KJV). Tilling het dus ten eerste met die grond te doen waarop die mens hom bevind, en die bewerking daarvan, maar dit het veral ook te doen met die tilling van homself as stof van die aarde, sodat dit kan verbeter! Hierdie prosesse kan ons onder die versamelnaam kultuur beskryf.

Maar moet dit dan asseblief nie miskyk nie: dít waarmee ons as mense durend besig is, kom uit ‘n toestand van verval uit, ‘n toestand waardeur ons onsself posisioneer teenoor alles wat neig van ‘n staat van orde na ‘n staat van wanorde, wat nie net ‘n fisikaswet is nie, maar ook ‘n geestelike en kultuurwetmatigheid geword het. Hierdie toestand was die gevolg van die feit dat die mens só deur Satan se craftiness verlei is dat hy vir die res van sy lewe van God se paradys verwyder is én gedoem is om homself en sy wêreld te “bewerk” sodat sy bestaan kan verbeter en meer sin kan maak. Maar helaas is kultuur die produk van hierdie sinlose aksie sonder God. En daarbinne is ons almal gebore, met hierdie gekorrupteerde beskouing van die mens en die wêreld.

 

  • Sela: Bedink en bid oor 2 Kor 11:3 en hoe dit in jou lewe manifesteer.
  • Lees: 1 Kon 9;  Pred 5; 1 Tim 6
  • Memoriseer: 1 Tim 6:6-10 (baie belangrik vir die leringe hierna).
  • Vir dieper delf: Lees Richard J Foster se boek: Sex, money, power.