“Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!” (Mat 6:23, OAV)
Ons het nou met die vorige lering ‘n baie lang taaldraai gaan loop om uiteindelik te verduidelik dat alle mense vasgevang is in ‘n mens-, lewens- en werklikheidsbeskouing wat op selfverbetering geskoei is. Die mens kon van Adam af nie meer as ‘n geestelike mens leef en dinge beoordeel nie. Volgens 1 Kor 15:47 het God bedoel dat die mens in hom ‘n “lewendmakende gees” sou hê, maar na die sondeval het hy bloot “’n lewende siel” gewees. (Jy onthou die siel is WIE die mens is: sy Wil, sy Intellek en sy Emosie.) Die boom van die kennis van goed en kwaad waarvan hy geëet het, het hom durend in ‘n toestand gedompel waarbinne hy met sy sintuie homself en sy wêreld moet beoordeel. En ons weet uit Jak 3:15 (EMTV) sodanige beoordeling is “earthly, sensual, demonic”. (Lees sensual hier as komende van die vyf senses.)
Alle nie-wedergebore mense kyk na hulself en hul omgewing en omstandighede in hierdie toestand van “sonder hoop en sonder God in die wêreld” (Efe 2:12), die noodwendige denkwyse wat sekularisasie tot gevolg het.
Webster se definisie van “secular” omskryf die begrip mooi: “Pertaining to the present world, or to things not spiritual or holy; relating to things not immediately or primarily respecting the soul, but the body; worldly. The secular concerns of life respect making provision for the support of life, the preservation of health, the temporal prosperity of men, of states, etc. Secular power is that which superintends and governs the temporal affairs of men, the civil or political power; and is contradistinguished from spiritual power.” Binne hierdie sekularisasie is ons almal vasgevang: “Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie!” (Mat 6:23, OAV).
Ons lees in die Skrif spesifiek dat Kaïn ‘n “tiller of the ground” (Gen 4:2) genoem word. Hy word die prototipe van die natuurlike mens wat nooit uit sy sekularisasie ontsnap nie. Zec 13:5 (ASV) sê dan dat die belydenis van hierdie sekulêre mens is: “I am no prophet, I am a tiller of the ground; for I have been made a bondman from my youth”. En die gesekulariseerde mense se lewensuitkyk word uitgespel in Amos 5:16 (MKJV): “And they shall call the tiller to mourning, and those who are skillful in mourning to wailing.” Hierdie mourning en wailing, word in Heb 12:17 genoem “vurig begeer met trane”, maar sonder om verlossing te verkry, is die ekstensiewe dramatiese vorme van daardie durende onrus en soeke na sin van die gesekulariseerde nie-wedergebore mens.
- Sela: Verduidelik die begrip sekularisasie aan iemand.
- Lees: 1 Kon 10; Pred 6; 2 Tim 1
- Memoriseer: 2 Tim 1:7
- Vir dieper delf: Luister na Hein van Wyk se cd-lering: Die evangelie as kiemsel.