“En ek het ‘n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie.”
(Open 18:4, OAV)
In die vorige twee leringe het ons uitgekom by feit dat almal van kleins af grootgemaak word in ‘n gesekulariseerde wêreld. Dit beteken dat ons hoofsaaklik leer om alles te beoordeel met die siel, en derhalwe hoofsaaklik met ons sintuie. Die vloek wat die mens ontvang het met die sondeval, om die grond te bewerk, het ‘n durende bemoeienis met die self meegebring. As jy wedergebore word, is dit vir die eerste keer moontlik om as ‘n geestelike mens jouself en die wêreld te beoordeel, maar selfs dan is dit van die uiterste belang dat jy uit jou mindset van sekularisasie moet beweeg.
Ons lees in 1 Chro 27:26 van Ezri, seun van Chelub, wat spesifiek verantwoordelik was vir “tilling the soil”. Hy word (soos Kaïn) vir ons ‘n mooi prototipe van die gesekulariseerde mens. Ezri se naam beteken “helpful”, maar letterlik: “run to support; hence, to help or relieve when in difficulty, want or distress; to assist and deliver from suffering; as, to succor a besieged city; to succor prisoners”. En die naam van sy vader, Chelub, beteken: “caged”! Jy kan in die naam Ezri ook die wortels van Ezra raaksien, hy wat geroep is saam met Nehemia en Serubbabel om die tempel te herbou. Esra het sy “helpfulness” in diens gestel van die agenda van die koninkryk van God, maar Ezri het insgelyks probeer bou, maar as gevolg van ‘n wêreldse of gesekulariseerde manier van dink, het dit telkens maar net weer op humanitêre krisisbestuur neergekom. Die rede hiervoor, soos sy pa se naam dan ook aandui, is dat hulle letterlik as gevolg van hul lewensbeskouing ge-cage is! Daarom kan hulle nie anders as om aan Sag 13:5 beslag te gee nie: “ek is ‘n man wat die grond bewerk; want iemand het my van my jeug af as slaaf gekoop”. Os Guinness noem hierdie gelowiges “refugees from the sleep of death”. In terme van die Matrix is dit “the world that has been pulled over your eyes that you may not see that you are a slave”.
Uiteraard veroorsaak dit dat ons, ten spyte van eksplisiete geestelike en godsdienstige ervarings en handelinge, gewoon sekulêr bly lewe, asof God gaan realiteit is of meebring in ons lewens nie.
Die woordjie wat dikwels vir “kerk” voorgehou word, ekklesia, beteken oorspronklik: to be called out. Uit waarvandaan? Uit die mindset van die wêreld: sekularisasie. Begin bid dit wat Paulus in Efes 4:23 (CEV) bepleit: “Let the Spirit change your way of thinking.” As dit nie gebeur nie, is Open 18:4 hierbo die onbehaaglike gevolg.
- Sela: Bid Efes 4:23.
- Lees: 1 Kon 11; Pred 7; 2 Tim 2
- Memoriseer: 2 Tim 2:13