“Hast thou heard the secret counsel of God? And dost thou limit wisdom to thyself?” (Job 15:9, ASV)
Teen hierdie tyd behoort die lesers al ‘n duidelike verstaan te hê van die ongesiene probleem van sekularisasie waarmee alle mense wat tot die geloof toetree, mee worstel. Min mense wat tot bekering kom, word vertel dat hulle nou in ‘n nuwe koninkryk inbeweeg, wat radikaal verskil van die koninkryk waaruit hulle gekom het. En nog minder bekeerlinge word begelei in die proses om nuut te begin dink. Die afleer van ‘n ou mindset en die aanleer van “the mind of Christ” (1 Cor 2:16) is die primêre funksie van “dissipels maak” (Joh 4:1). Sela.
In sy boek Ascent of the mountain, flight of the dove, maak Michael Novak die belangrike onderskeid tussen “secular consciousness” en “sacred consiousness”. Die persoon (gelowig en nie-gelowig) met ‘n sekulêre denkwyse beleef en interpreteer alles uit sy persoonlike oogpunt – hy is die middelpunt van die werklikheid. Daarom gaan alles oor my behoeftes, my pyn, my comfort, my waardes, my belewenis, my roeping, my gawes, en so meer. En omdat daar geen rasionaal is nie hoekom ‘n mens as een van ses biljoen mense wat probeer oorleef op die ‘n planeet wat nie eens ‘n speldkopgrootte is in die konstellasies van sy eie melkweg, wat maar slegs een van biljoene sonnestelsels is in ‘n onpeilbare groot heelal wat heeltyd besig is om verder te ontvou, is die sekulêre-denkende mens dikwels ontredderd en soek hy deurgaans die sin vir sy bestaan. Omdat hy nie die God-faktor verreken nie, word hy vasgevang in sy eie klein brein en dink hy hoofsaaklik rondom sy eie as. Dit word ‘n obesessie met die self, wat meestal kulmineer in óf selfverheffing óf selfveragting.
Die “sacred consciousness” plaas die mens in verhouding met the Sacred One. Alles waarbinne die mens leef, beweeg en is (Hand 17:28), word in verhouding met hierdie Goddelike Wese ervaar. Hy is nie net die Weg nie, maar ook die Waarheid en die Lewe (Joh 14:6); Hy is die Begin en die Einde (Open 22:13). Die persoon met ‘n “sacred consciousness” bely nie net dit wat in Ecc 3:14 staan nie, maar ALLES in hulle lewe word binne hierdie God-konteks geïnterpreteer en geleef: “I’ve also concluded that whatever God does, that’s the way it’s going to be, always. No addition, no subtraction. God’s done it and that’s it. That’s so we’ll quit asking questions and simply worship in holy fear.” (MSG). Hulle, in William James se raak beskrywing, “attempt to be in harmony with an unseen order of things”!
Om Christus te leer volg, beteken jy moet jou manier van dink en leef aflê, letterlik jou lewe verloor. Mat 16:25: “Want elkeen wat sy lewe wil red, sal dit verloor; maar elkeen wat sy lewe om My ontwil verloor, sal dit vind.”
- Sela: Wees eerlik met jouself: waar staan jy in terme van geestelike volwassenheid?
- Lees: 1 Kon 14; Pred 10; Tit 1
- Memoriseer: Tit 1:15
- Vir dieper delf: Bestudeer Hfst 7 van M. Scott Peck se: The road less traveled and beyond.