Dag 185

“discipline … produces a harvest of righteousness and peace for those who have been trained by it” (Heb 12:11, NIV)

 

In gister se manna het ons William James aangehaal wat die sacred mindset mooi gedefinieer het as ‘n gelowige “(who) attempt to be in harmony with an unseen order of things”! Hierdie “order of things” is God se beeld (Gen 1:27) wat ons met die sondeval verloor het. Maak dit asseblief vas: Die heerlikheid wat ons in die paradys verloor het, is niks anders nie as die beeld van God (2 Kor 4:4)! Ons het almal gesondig, en daarom ontbreek dit ons aan die heerlikheid van God (Rom 3:23).

Op die pad van die geloof moet elkeen van ons wat uit die koninkryk van duisternis uitgekom het, derhalwe met “die nuwe mens beklee” word, “wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper” (Kol 3:10). Hierdie proses van vernuwing noem ons dissipelskap. Donald Coggan het dit raak gesê in sy Call to the nation: “I go through life as a transient on his way to eternity, made in the image of God but with that image debased, needing to be taught how to meditate, to worship, to think.”

Dit is dus van die allergrootste belang dat ons geleer word oor hoe om in die koninkryk van God te leef – ons noem dit die proses van dissipelmaking. Deur ‘n dissipel te word van Christus “word ons van gedaante verander na dieselfde beeld, van heerlikheid tot heerlikheid” (2 Kor 3:18). Indien dit nie gebeur nie, bly ons net soos “die ongelowiges in wie die god van hierdie wêreld die sinne verblind het, sodat die verligting van die evangelie van die heerlikheid van Christus, wat die beeld van God is, op hulle nie sou skyn nie” (2 Kor 4:4). Die dissipels is dissipels genoem omdat Christus hulle drie jaar geleer het van die evangelie van die koninkryk (Mat 4:23). “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg.” (Mat 16:24). Ons kan nie hierby verby kom nie: “As iemand My dien, laat hom My volg.” (Joh 12:26).

Christene is Christene (navolgers van Christus) genoem, verduidelik Hand 11:26, omdat Sy volgelinge deur die dissipels “onderwys” ontvang het “’n hele jaar lank”!. Inderdaad is dit die orde: “En wanneer hy sy eie skape uitgebring het, loop hy voor hulle uit; en die skape volg hom, omdat hulle sy stem ken.” (Joh 10:24). ‘

Jy word ‘n dissipel gemaak met die doel: “for acquiring a disciplined and prudent life” (Spr 1:3). Ons is van nature “an untrained ass, used to the waste land, breathing up the wind in her desire” (Jer 2:24, BBE) – hierdie natuurlike mens “neem die dinge van die Gees van God nie aan nie; want dit is vir hom dwaasheid, en hy kan dit nie verstaan nie” (1 Kor 2:14). Let daarop dat ons as “ongeleerd” beskryf word, mense wat net deur natuurlike drange en sekulêre verstaan kan funksioneer – daarom moet ons ‘deur instruksie n ander natuur verkry. Ons moet só “deelgenote kan word van die goddelike natuur” (2 Pet 1:4). Ons moet só die Beeld van God terugkry.

 

  • Sela: Is jy gedissipel en het jy ‘n “sacred mindset”?
  • Lees: 1 Kon 15;  Pred 11; Tit 2
  • Memoriseer: Tit 2:11
  • Vir dieper delf: Lees Dietrich Bonhoeffer se Life together. Hy verstáán dissipelskap.