“Wie het die wilde-esel so vry laat loop?” (Job 38:8, OAV)
In die natuurlike realm is dit ‘n duidelike wetmatigheid dat seuns wat nie gevader word nie (met ander woorde die pa ontbreek heeltemal, of hy is bloot afwesig) dikwels een van twee rigtings inslaan: óf hulle is geweldig rebels en eiesinnig óf hulle is homoseksueel (dikwels latent). Omdat ons nou al geleer het dat die fisiese die geestelike voorafgaan (1 Kor 15:46), is dieselfde patroon ook in die geestelike realm sigbaar. ‘n Persoon wat nie geestelik gevader is nie, is dikwels geneig tot óf geestelike eiesinnigheid en rebellie óf tot geestelike homoseksualiteit. Albei hierdie toestande lei tot ernstige probleme in die gelowige se funksionering in die Koninkryk van God. Laat ons die eerste manifestasie vandag van naderby beskou.
Twee mannas terug het ons hierdie eiesinnigheid (wat ‘n neerslag is van die sekulêre manier van dink) in verband gebring met wat Jer 2:24 noem die gedrag van ‘n “wilde-eselin” wat in haar sensualiteit (gedryf deur die sintuie en die sielsdimensie) as ‘t ware deur “hittigheid” gedryf word en sy so hoereer. Dis interessant dat die wilde donkie van die woestyn deurgaans gebruik word in die Skrif om hierdie tipe gedrag te verduidelik. Die hele gedeelte in Jer 2:20-25 is ‘n studie in die karakteristieke gedrag van die persoon wat deur rebellie en eiesinnigheid gerig word. Hierdie persoon verwerp alle vorme van dissipline en voorbeeld; daar is ‘n steeksheid om nie te dien nie en om vir kort tye agter elke nuwe flavour of the month of nuwe beweging aan te hardloop (verse 20 & 25). Al is hulle as “egte saad” geplant, het hulle verander in wilde lote (vers 21), met ander woorde hulle het nooit leer abide nie en aanvaar nie om gesnoei te word nie (Joh 15:2). Hierdie eiesinnigheid is dikwels ‘n ongeregtigheid wat uit voorgeslagte oorgedra word, en kan volgens vers 22 so ver teruggevoer word tot Satan se eiesinnigheid en rebellie (Jes 14 :13-14).
Een van die belangrikste kenmerke van die neiging tot geestelike rebellie, sê vers 23, is dat die persoon dit dikwels nie self kan raaksien nie. En vers 24 noem ‘n baie belangrike gevolg van wederstrewigheid: die persoon sal altyd in ‘n geestelike woestyn bly. Wilde-esels sluit noodwendig in hulle geestelike verbintenisse “onwettige bondgenood-skappe” (Hos 8:9). Job 39:8-9 spel die ongebonde staat van hierdie rebelse persone in die koninkryk van God só uit: “Wie het die wilde-esel so vry laat loop? En wie het die bande van die woestyn-esel losgemaak? Vir hom het Ek die wildernis sy huis gemaak en die brak land sy woonplek.”
Jer 2:25 sluit af met die waarskuwing: “Hou jou voet terug, dat dit sy skoen nie verloor nie …” ‘n Enkele skoen in die Skrif is ‘n simbool van verbondsluiting (Rut 4:7). Benewens dat jy jouself heeltyd in ‘n geestelike woestyn bevind (al lyk die bome [=mense] waarmee jy hoereer “groen”), kan dit jou jou verlossing op die duur laat verloor.
- Sela: Bely alle eiesinnigheid en rebellie in jou lewe. Bid Job 36:10.
- Lees: 1 Kon 17; Jer 1; Filemon 1
- Memoriseer: Jer 1:7-10
- Vir dieper delf: Lees hfst 9 in Jerome Nel se boek: Where are the sons in the house?