“It is not a minor variation, you know; it is completely other, an alien message, a no-message, a lie about God. Those who are provoking this agitation among you are turning the Message of Christ on its head.”
(Gal 1:7, MSG)
Gister se lering het ‘n onverwagse verband tussen rebellie en godsdienstigheid (gedryf deur wettiesheid) uitgewys. Ons wil vandag die implikasies hiervan verder uitspel. Soos wat Christus ‘n bepaalde evangelie het (Gal 1:6), het Satan óók ‘n bepaalde evangelie, en daar is geweldige ooreenkoms tussen die twee. As gevolg van die groot soortgelykheid word die twee evangelies dikwels nie onderskei nie en aangesien as een en dieselfde!
Hierdie evangelie van Satan is hoofsaaklik gebaseer op die verkondiging van geloofsfunksionering in terme van werke. Dit laat die gelowige voed aan die boom van kennis van goed en kwaad. Dit verkondig op die oog af alles wat die ware evangelie ook voorhou, maar die onderliggende fondament is dat daar geregtigheid is vir die mens deur goeie dade te doen en slegte dade te vermy. Be good and do good is dié evangelie se branding.
Uiteraard sal hierdie evangelie ook Christus sentraal stel (en dit sus die meeste mense sonder geestelike onderskeiding in maklike aanvaarding dat dit wat voorgehou word, reg is). Christus word voorgehou as die beste mens wat ook geleef het: sy pragtige karakter en mooi woorde, sy liefde en voorbeeld, sy genade vir almal en die ewige waardes van sy leringe. Arthur Pink stel dit raak: “It is a bloodless gospel, and presents a crossless Christ, who is received not as God manifest in the flesh, but merely as the Ideal Man.”
As Satan as die verleier van die hele wêreld (Open 12:9) daarin kan slaag om met ‘n evangelie wat so mooi klink Christene kan verlei om net ‘n algemeen-aanvaarde goeie lewe te lei, nothing that rocks the boat, ewig-veilig op die bootjie van geloofskammaland, het hy daarin geslaag om ‘n enorme hoeveelheid welmenende Christene die ewige duisternis te laat invaar.
In Mat 7:21-23 spel Christus hierdie verskriklike waarheid uit: “Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my Vader wat in die hemele is. Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in u Naam baie kragte gedoen nie? En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” Aan die einde van tyd sal Christus sy engele stuur om hierdie onkruid wat IN DIE KONINKRYK VAN GOD groei, te verwyder (Mat 13:41).
As die wet jou restraint is (en nie Vaderskap nie), bring dit rebellie mee en word jy mislei om deur werke jou geloof te legitimize. Legitimiteit beteken: “lawfully begotten” (Websters). Die enigste legitimiteit van geloof is gehoorsaamheid en jou werke is die vrug van jou liefdesverhouding met Hom. Die wet is dan nie meer ‘n restraint vir jou nie, maar ‘n delight (Joh 14:15; Ps 119:16, 24, 35 & 47; Ps 40:8). You are then a legitimate son .
- Sela: Vra God om jou werke op die brandofferaltaar met vuur te toets (sien hieronder).
- Lees: 1 Kon 20; Jer 4; 1 Kor 3
- Memoriseer: 1 Kor 3:13-15 (baie relevant vir vandag se lering)
- Vir dieper delf: Lees Arthur Pink se The gospel of Satan.