“Wee hulle, want hulle het … in die verset van Korag omgekom.”
(Jud 1:11, OAV)
Voortvloeiend uit die vorige lering is dit van groot belang dat ons net ‘n wyle moet stilstaan by al die aanverwante miskonsepsies wat voortspruit uit rebellie in gelowiges se lewe. Omdat soveel gelowiges nie voldoende geestelike gevader is nie, is rebellie miskien die grootste probleem waarmee alle geloofsgemeenskappe moet moet deel. Lidmate met ‘n rebelsheid word dikwels verlei daartoe om die leierskap van die gemeente aan te val.
‘n Goeie voorbeeld daarvan is die geval van Korag, van wie ons in Num 16 lees. Hierdie gees werk altyd met opsweping en die vorming van ‘n “bende” (vers 6), gewoonlik dan van “manne van naam” (vers 2). Daar is drie beskuldigings wat die gees van Korag teen geestelike outoriteit inbring: 1) “You take too much upon yourself”; 2) “All the members of the community belong to the LORD, and the LORD is with all of us.” 3) “Why do you set yourself above the LORD’s community?” (vers 3, GNB).
Al drie hierdie is legitieme vrae, en MAG (en moet soms) gevra word, maar as dit enigsins ‘n op-gang is teen outoriteit, en die gesindheid word gevoed deur rebellie, word dit onmiddellik ‘n opstand teen God (vers 11; Rom 13:2), SELFS as daar baie goeie redes is vir die ongelukkigheid met die leierskap.
Met ‘n woord van kennis het Moses (in vers 10) vir die rebelle uitgewys wat die wortel van hul probleem is: húlle wou graag die posisies van outoriteit inneem! Hierdie verharde harte kan nie submit nie, al is dit dan ook bloot ‘n gewone, ordentlike versoek van die leierskap (vers 12).
Benewens dat outoriteit ondermyn word, word daar gepoog om deur beskuldigings die leierskap te diskrediteer. In verse 13 tot 14 word die onderliggende beskuldigings uitgestip: “Is dit nie genoeg dat jy ons uit ‘n land wat oorloop van melk en heuning laat optrek het om ons in die woestyn om te bring, dat jy ook gedurig oor ons die baas wil speel nie? Ook het jy ons nie gebring in ‘n land wat oorloop van melk en heuning en aan ons geen lande en wingerde as erfdeel gegee nie. Wil jy die oë van hierdie manne uitgrawe?”
God se koninkryk getuig van sy perfekte orde – “Let all things be done decently and in order.” (1 Cor 14:40; Kol 2:5). Hierdie tipe barbarisme wat Korag en kie demonstreer, getuig van ‘n ander koninkryk. Van die sewe dinge wat God haat, is hierdie een: die een wat tussen broers tweedrag saai (Spr 6:16). Hoe kan sulke gedrag gestuit word, en waar lê die kern van die probleem? Ons sal in die volgende paar mannas hieraan spesifiek aandag gee.
- Sela: Vra God om vergifnis vir enige vorm van rebellie wat jou al die koninkryk van God laat skeur het, al was dit op selfs ‘n onbenullige vlak. Deel met alle vorme van rebellie in jou lewe.
- Lees: 1 Kon 21; Jer 5; 1 Kor 4
- Memoriseer: 1 Kor 4:15 & 20
- Vir dieper delf: Lees hfst 6 in Pierce & Wagner-Sytsema se boek: The future war of the church.