Dag 192

“ongebondenheid … vyandskap, twis, jaloersheid …  naywer, tweedrag, partyskap; afguns … die wat sulke dinge doen, (sal) die koninkryk van God nie beërwe nie” (Gal 5:29, OAV)

 

Uit die vorige lering het ons gesien dat die gees van Korag hoofsaaklik werk rondom ‘n behoefte om self in geestelike sake erken te word, om die geestelike outoriteit te deel of te beheer, dat dit gevoed word deur beskuldiginge en gedra word deur onvergenoegdheid waarvoor iemand in outoriteit geblameer moet word, en dat dit resulteer in ‘n bendevorming teen die gestelde orde.

Met ons agtergrondskennis dat in die Skrif name dikwels dui op identiteit, is dit baie interessant om daarop te let dat wanneer Korag en sy ander bendelede se verhaal vertel word in Num 16, word hulle in hul genealogie voorgestel: “En Korag, die seun van Jishar, die seun van Kehat, die seun van Levi, saam met Datan en Abíram, seuns van Elíab, en On, die seun van Pelet, seuns van Ruben.” (vers 1). Dit sou loon om na die identiteit van hierdie mense te kyk en sodoende ook te probeer peil wat dit verklap van hul karakteraard.

Korag se naam beteken “bles” (sonder hare J). Hare in die Skrif is ‘n teken van heerlikheid en covering (1 Kor 11:15). Die meeste verwysings rondom hare in die Ou Testament is interessant genoeg dat jy op grond van hare die aard van die melaatsheid en die gepaardgaande onreinheid kon bepaal (13 verwysings in Lev 13). Om sonder hare te wees, was ‘n skande en dikwels teken van verslaendheid (Esr 9:3), om gebrandmerk te wees, skaamte (Jes 3:24), ‘n ontneming van outoriteit (Jes 7:20), verbondsverbreking (Jer 9:26) en oordeel (Jer 49:32). Al hierdie dinge het van Korag waar geword as gevolg van die verdeeldheid wat hy geïnstigeer het. Maar interessant genoeg: sy voorvaders se name dui op presies die teenoorgestelde: Jishar beteken “shining (fresh) oil”; Kehat beteken “to ally oneself, to be allied”; en Levi beteken “attached/ joined to”! Hierdie familie van Korag se skeppingsdoel as clan was om mense te versoen met mekaar, letterlik: “’n bediening van versoening” (2 Kor 5:18; Ps 133:1-2).

Hieruit spruit ‘n geweldige belangrike beginsel: jou skeppingsdoel en roeping word dikwels in so ‘n mate geperverteer deurdat Satan die teenoorgestelde daarvan jou grootste struikelblok maak. Anders gestel: dit wat God oor jou geroep het om te doen, is dikwels jou grootste struikelblok of vangstrik. ‘n Familie wat byvoorbeeld geroep is om die heerlikheid van gelowiges te herstel, sal dikwels só verwond wees dat hul heeltyd in skaamte loop, en derhalwe verhoed word om in hul Godgeroepe skeppingsdoel te funksioneer.

Drie geroepenes in die Bybel  – wat geroep is om gelowiges se heerlikheid te herstel – het uiteindelik die teendeel gedoen, as gevolg van rebellie en eiesinnigheid: Korag, Simson en Absalom en het as gevolg van hul hare, of gebrek daaraan, gesterf. Skrik.

Dis ook baie interessant om te let daarop dat daar drie maal gespesifiseer word in Num 16 (verse 2, 17 én 35) dat tweehonderd en vyftig man in die rebellie omgekom het. In Hebreeuse gematria beteken dié getal: “to be exalted”, “perverseness, a rebel”, en “to cleave open”!

 

  • Sela: Begin bid oor jou familieclan se skeppingsdoel.
  • Lees: 1 Kon 22  Jer 6; 1 Kor 5
  • Memoriseer: 1 Kon 22:22-23
  • Vir dieper delf: Luister na Hanno Pienaar se cd-lering oor Agterdogma.