Dag 193

“What happened to them is a warning to keep us from wanting to do the same evil things.”

(1 Cor 10:6, CEV)

 

Die krisis rondom die hantering van rebellie in die Liggaam is nie eenvoudig nie. Die wese van die kerk is só in ‘n bepaalde onbybelse formaat ingedwing dat dit helaas heeltyd rebellie voed! Dus, as ons die geskiedenis van Korag wil ondersoek, moet ons dit doen rondom wat 1 Kor 10:11 sê: “Maar al hierdie dinge het hulle oorgekom as voorbeelde en is opgeskrywe as ‘n waarskuwing aan ons op wie die eindes van die eeue gekom het.” Alle Ou-Testamentiese gebeure is dus vir ons in die nuwe verbond gevallestudies waaruit ons moet leer. Met die loop van eeue se kerkgeskiedenis het soveel dinge bloot aanvaard geword, dat ons dikwels eintlik die kwade met die kwade beveg. ‘n Groot deel van ons probleem met rebellie – wat letterlik soos ‘n kanker voortwoed in die gemeenskap van gelowiges (2 Tim 2:17) – moet in die funksionering van die eietydse kerk gesoek word. Ons gaan dus nou op ‘n kort sypaadjie om na die drie hoofbesware (sien Dag 191) van Korag te kyk, en dit dan te korreleer met die inherente flaws van die huidige kerksisteem.

Die eerste beswaar wat ons uit Num 16:3 behandel, is: “All the members of the community belong to the LORD, and the LORD is with all of us.” Min mense sal vandag kan stry dat die kerk helaas al die kenmerke van ‘n sosiale klub verkry het. Dit het ‘n sosiale maatstaf van aanvaarbaarheid geword om aan ‘n kerk te behoort, en die oorgrote meerderheid lidmate is deel van daardie geloofsisteem omdat hulle enersyds daarin gebore is, en andersyds omdat dit “die regte ding is om te doen”. Omdat baie verbondskerke boonop jong kinders indoop tot die verbond, en deur allerlei rituele (soos katkisasie, aanneming en nagmaalgebruik) hulle tot volwaardige lidmate erken, sonder dat hul bes moontlik wedergebore is, is die kerk vol mense wat nie waarlik ekklesia (a called out people) is nie. Om hierdie rede heers die vrees van die Here nie meer in die kerk nie.

In die tyd van die Handelingekerk was dit nie die geval nie – ongelowiges of sosiale gelowiges wat nie wedergebore is en in heiligheid voor God gewandel het nie, het die kerk vermy. “Nobody outside the group dared join them, even though the people spoke highly of them.” (Acts 5:13, GNB). Hierdie gemeenskap van die heiliges het soveel lig van God gemanifesteer, dat mense wat onseker was van waar hulle met die Here staan, nie eens wou naby kom nie.

Die verhaal van Ananías en sy vrou Saffíra wat in Hand 5 vertel word, gee ‘n goeie agtergrond van hoekom die vrees van die Here die waarmerk was van enige gemeente wat daarop geroem het dat “God in ons midde is”. Die mate waarin die oordeel in die huis van die Here sigbaar is (1 Pet 4:17) in ‘n ekklesia, is die mate waarin dit enigsins durf aanspraak daarop maak dat dit deel van die “Liggaam” is.

 

  • Sela: Toets jou gemeente en jouself aan hierdie lering.
  • Lees: 2 Kon 1;  Jer 7; 1 Kor 6
  • Memoriseer: 1 Kor 6:19 & 20
  • Vir dieper delf: Luister na Elsabé Pienaar se cd-lering oor: Die vrees van die Here