“hulle wat skeuring maak, (het nie) die Gees nie …”
(Jud 1:19, OAV)
Ons is tans besig om na aanleiding van die geskiedenis van Korag te kyk na die inherente flaws van die huidige kerksisteem waaraan ons deur die eeue gewoond geraak het en hoekom dit juis rebellie voed. In die vorige manna is die eerste beswaar uit Num 16:3 behandel, naamlik dat kerke mense tot volwaardige lidmate erken en toegang gee tot sakramente en fellowship sónder dat hul wedergebore is. Om hierdie rede het die kerk meer dikwels ‘n sosiale klub geword en heers die vrees van die Here nie meer in die geloofsgemeenskap nie.
Alvorens ons na die volgende twee redes kyk, moet ons by ‘n ernstige miskonsepsie stilstaan ten opsigte van Nuwe-Testamentiese kerkwees: denominasie. Denominasie vra eintlik bloot vra: aan watter kerk behoort jy? Op vorms en sensusse moet jy dikwels verklaar aan watter denominasie jy behoort. En ‘n denominasie se reëls en wette bepaal of jy daar welkom is en of jy deur hulle toegelaat sal word om jou kinders daar te doop, of hulle jou in die huwelik kan bevestig, en of hulle jou sal begrawe. Baie mense behoort aan ‘n kerk bloot net om hierdie praktiese dinge gedoen te kry, dis regte ding om te doen.
Volgens Websters beteken die woordjie denominasie allereers “the act of naming”. Denominasie word gebruik om geloofsgemeenskappe, byvoorbeeld, breedweg te benoem: die Nederduits-Gereformeerde Kerk, die Rooms-Katolieke kerk, die Apostoliese Geloofsending, die Pinkster-Protestante, die Rhema-kerk, Hatfield Christian Church, en vele meer. Die benaming veronderstel ‘n eie identiteit, want meer as die naam van die denominasie is dit dan ook die eiesoortighede van “a class, society or collection of individuals, called by the same name; as a denomination of Christians”. Dit word verder ‘n lokale kleur gegee deurdat daar in ‘n dorp of stad ‘n gebou is van daardie denominasie waarheen gelowiges wat daardie “naam” onderskryf (vir watter rede ook al), heengaan om kerk te hou. Dit word vry algemeen die lokale kerk, the local church, genoem.
Daar is ‘n goeie praktiese rede vir denominasie – verskil in dogma. Gereformeerdes glo nie soos Rooms-Katolieke dat Maria ‘n Middelaar kan wees nie; hulle glo nie in heiliges of dat daar ‘n vaevuur is nie. Hulle glo nie in transubstansiasie nie, met ander woorde dat die wyn en die brood van die nagmaal werklik van staat verander en bloed en vlees word nie. Daarom skei die Gereformeerdes hulle af van die Rooms-Katolieke. Maar die Afrikaanse Protestantse Kerk (APK), wat tot dieselfde familie as die Gereformeerde kerke behoort, glo nie daarin dat verskillende rasse deel van die kerkgemeenskap moet wees nie, en het hulle derhalwe afgeskei van die ander susterskerke. So, byvoorbeeld, is die gebruik van die beker met nagmaal en die aansit aan die nagmaalstafel vir die Gereformeerde Kerk ononderhandelbaar en is dit genoegsaam rede om nie saam met die NG Kerk kerk en hul kelkies kerk te hou nie. Die AGS doop groot, en kan derhalwe nie saamloop met die Gereformeerdes, wat klein doop, nie. Die PPK onderdompel een maal en die daarom kan hulle nie kerk wees saam met die AGS wat drie maal onderdompel nie. Elke Charismatiese kerk word gedefinieer deur hul eindtyddogma van pretribulation, midtribulation of posttribulation, en dit warrant ‘n eie denominasie.
Die lokale kerk is helaas nie ‘n Bybelse konsep nie. Ons sal vervolgens hierna terugkom.
- Sela: Maak vir jouself uit voor die Here wat regverdig jou denominasie.
- Lees: 2 Kon 2; Jer 8; 1 Kor 7
- Memoriseer: 1 Kor 7:23
- Vir dieper delf: Lees Sarah Cunningham se Dear Church.