Dag 207

“Maar soek eers die koninkryk van God en sy geregtigheid, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word.”

(Mat 6:33, OAV)

Ons is welbekend met hierdie woorde wat Jesus gesê het, ons siteer dit dikwels en gebruik dit veral om die laaste gedeelte van hierdie profound stelling te aksentueer. Ons hou derhalwe baie van die deel “en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word”.  Maar soos die meeste dinge in die Woord, gebruik die meeste van ons hierdie Skrifgedeelte heeltemal op ons eie terme. Ons verstaan: soek allereers die koninkryk van God bloot as lewe as ‘n Christen, wat dít ook al mag beteken. Daarbenewens: probeer bietjie ‘n definisie van die begrip “geregtigheid” uit ‘n gelowige kry, en besef hoe fundamenteel verkeerd die meeste mense geregtigheid uit God se oogpunt verstaan.

Benewens die problematiek van ‘n begrip soos “die koninkryk van God” (waaroor ons al effe gepraat het), mis ons dat God hier onomwonde ‘n PRIMÊRE voorvereiste stel vir die geestelike lewe en ‘n verhouding met Hom, naamlik: om die koninkryk van God te soek, EN “sy geregtigheid”. Matthew Henry noem dit “the sum and substance of our whole duty”.

Om voortdurend iets te soek, beteken dat jy dit nooit volledig gevind het nie. Sela. Dít geld nie net die koninkryk van God nie, maar veral ook die geregtigheid van God.

Korag en sy trawante het hul derde vraag aan Moses gevra uit ‘n dizzy height. Hulle vra: “Why do you set yourself above the LORD’s community?” (Num 16:3, GNB), maar die eintlike vraag brandende in die gemoed is: Hoekom stel jy jouself geestelik hoër as ek? Of anders gestel: Ek beskou myself as meer bekwaam as jy ten opsigte van hierdie saak en minag jou.

Verstaan mooi: Kores se vraag het absoluut meriete, maar dit verklap duidelik ook ‘n dieperliggende hartsingesteldheid, dié van eiegeregtigheid .

As ons die Skrif uit Mat 6:33 hierbo dan in hierdie negatiewe terme moes vertaal, sou dit dalk só gelui het: As jy ten diepste in jou geestelike lewe jou eiebelang soek, en van jou eiegeregtigheid oortuig is, sal jy alle geestelike dinge verloor, selfs jou redding.

In die vorige manna is die gedeelte aangehaal uit Fil 2:3 wat sê jy moet jou nie “hoër ag” as enigiemand anders nie. Hoër is die nalatenskap van Satan in elkeen van ons. Onthou wat Lucifer IN SY HART gesê het in Jes 14:13-14: “Ekwil opklim in die hemel, my troon verhef bo die sterre van God en sit op die berg van samekoms … Ek wil klim bo die hoogtes van die wolke, my gelykstel met die Allerhoogste!” Trots, hoogmoed en voortvloeiend daaruit: geestelike blindheid oor dié toestand waarin jy jouself bevind, is die gevolge van eiegeregtigheid.

 

 

  • Sela: Vra die Heilige Gees om jou te begin stroop van alle eiegeregtigheid.
  • Lees: 2 Kon 19;  Jer 20; 2 Kor 3
  • Memoriseer: 2 Kor 3:15-16 (!)
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Verval nie van genade nie.