“They [i.e., the false brothers and sisters] are zealous for you* [or, are trying to win you* over], [but] not rightly [or, for no good], _but_ they want to exclude us, so that you* shall be zealous for [or, be eagerly seeking] them.” (Gal 4:17, ALT)
Ons het met die vorige manna die subtema oor die opstand van Korag afgehandel. Al drie die besware wat Korag teen Moses gestel het, was legitiem, maar dit het duidelik geblyk dat die sisteem van kerk (wat hier prototipies gelees is), het die rebellie gevoed. Daarbenewens het Korag ‘n bepaalde hartsingesteldheid gehad wat sy saak by God gediskwalifiseer het. En helaas is dieselfde toestande dikwels by ons as gelowiges teenwoordig, veral omdat ons in die voorhof van die tabernakel nie deeglik gedissipel is in die Waarheid nie. Om hierdie rede word ons dikwels gebind aan vals horings wat ons in ons geloofswandel karnuffel en verstrooi (Sag 1:19-21).
In Dag 187 het ons verduidelik dat in die natuurlike realm dit ‘n duidelike wetmatigheid is dat seuns wat nie gevader word nie dikwels een van twee rigtings inslaan: óf hulle is geweldig rebels óf hulle is homoseksueel. Ons het nou al geleer dat dieselfde patroon ook in die geestelike realm manifesteer. ‘n Persoon wat nie geestelik gevader is nie, is dikwels geneig tot óf geestelike eiesinnigheid en rebellie óf tot geestelike homoseksualiteit. Ons het nou lank stilgestaan by die rebellie-deel, en sal voorts aandag skenk aan wat genoem kan word “homo-sect-uality”, ‘n begrip wat Rick Joyner gemunt het in Mobilizing the army of God.
In sy radikale boek: The radical Christian ondersoek Arthur Wallis die doodloopstraat waarin die Charismatiese beweging (die boek het reeds in 1981 verskyn!) homself bevind. Om ‘n antwoord te kry op hierdie impasse gaan ondersoek hy die grondslae en ontwikkeling van die Christelike kerk deur die eeue en wys hoe daar met die eeue heen gecompromise is. In die Oxford-woordeboek word die lemma verduidelik as: “the partial surrender of one’s position, for the sake of coming to terms”! As gevolg daarvan het ons ‘n erfenis van aanvaarbare sektes en verhoed hierdie “onwettige bondgenoodskappe” (Hos 8:9) en gepaardgaande “onheilige en oudwyfse fabels” (1 Tim 4:7) ons om tot volwassenheid te kom “tot die mate van die volle grootte van Christus” (Efes 4:13).
Wallis voer dit ver terug tot denominasionalisme, iets waaroor ons al uitvoerig geskryf het: “It is a shock to find that the seeds of sectarianism were in the bosom of Christianity. The denominational spirit was incubating centuries befored denominations appeared. Initially is was … a carry-over from Judaism, and found expression in that pressure group within the church called ‘the circumcision party’. Like yeast within a lump of dough it permeated the spiritual body, undermined the authority of the apostles, and impeded the growth and witness of the church.” Op grond van Gal 4:17 maak hy dié raak waarneming oor die sektariese gees: “They wanted to win them over in order to take them over. It was their own sectional interest that they were after. That is a characteristic of sectarianism.” (p. 149).
- Sela: Verduidelik aan iemand die ware betekenis van ‘sektariesheid’.
- Lees: 2 Kon 23; Jer 24; 2 Kor 7
- Memoriseer: 2 Kor 7:10
- Vir dieper delf: Luister na Matzie Lee se cd-lering: Unholy alliances.