Dag 214

“terwyl hy die liggaam van die Here nie onderskei nie”

(1 Kor 11:29, OAV)

 

Een van die belangrikste kopskuiwe wat ons moet maak, is dat ons die huidige sisteem van formele kerke, denominasies en godsdienstige stelsels gelyk stel aan die Liggaam van Christus. Deur die loop van eeue is daar ‘n gees van godsdiens  (wat ‘n demoon is) se primêre taak om ‘n vals beeld te skep van georganiseerde godsdiens as die Liggaam van Christus. Die kerk is nie die Liggaam van Christus nie. Helaas, soos die Skrif hierbo sê, bly ons in gebreke om die Liggaam van Christus te onderskei.

Die Liggaam van Christus is die gemeente, weet ons uit Kol 1:18 & 24, die ekklesia. 1 Kor 12:13a stel die beginsel waardeur enigeen deel word van die Liggaam van Christus: “Want ons is almal ook deur een Gees gedoop tot een liggaam …” Wedergeboorte en die doping met water maak jou deel van die Liggaam van Christus. (Lees wees Dag 20 & 21.) Wedergeboorte vind plaas in twee ‘prosesse’. In Joh 3:5 sê Jesus: “as iemand nie gebore word uit water en Gees nie, kan hy in die koninkryk van God nie ingaan nie”. Die gehoorsaamheidsdaad van doop is ‘n proses waarin jy deur God saam met Christus begrawe word deur die doop in die dood (Rom 6:4) en deur dieselfde Gees wat Jesus uit die dood opgewek het (Rom 8:11), sal jy uit die water opstaan in die opstandingskrag van Christus. Met die doop sterf jy en staan jy op in Christus. Daarom is dit nie vreemd dat daar in Tit 3:5 gesê word dat ons gered word deur “die bad van die wedergeboorte en die vernuwing deur die Heilige Gees” nie. 1 Joh 5:8 stel dit onomwonde “daar is drie wat getuig op die aarde: die Gees en die water en die bloed, en die drie is eenstemmig”. Aldrie hierdie “dopings” is verseëlings van jou wedergeboorte: bloed, water en Gees. Dít maak jou deel van die Liggaam van Christus. Efes 4:4-5: “Dit is een liggaam en een Gees, …een Here, een geloof een doop …”

Maar nou: ons het ook ‘n vals verstaan dat as ons deur die motions van geloof en doop is, selfs doping met die Heilige Gees, ons vir ewig en altyd “veilig” is – ons het mos nou aan die basiese voorwaardes voldoen. Onthou: die basiese ritueel van Christus aanneem met die gepaardgaande dopings is nie ‘n enkelkaartjie na die ewigheid nie. Paulus spel uit: “Soos julle dan Christus Jesus, die Here, aangeneem het, wandel so in Hom …” (Kol 2:6).

Die Israeliete wat uit Egipte gekom het en vir ‘n lang tyd in die woestyn was, was almal prototipies gedoop in water (=die Rooi See) en met die Heilige Gees (=die wolk), volgens 1 Kor 10:1-2. Daarbenewens is hulle gevoed deur Christus as die Brood van die lewe en het hulle gedrink uit die Rots (verse 3-4) en het hulle charismaties die wonderwerkinge van God gesien gebeur. En dan sê verse 5-6: “Maar God het in die meeste van hulle geen welgevalle gehad nie, want hulle is neergeslaan in die woestyn. En hierdie dinge was voorbeelde vir ons, dat ons nie begerig moet wees na slegte dinge soos hulle begerig was nie.”

 

  • Sela: Hoe vergestalt Mat 3:10 hierdie lering? Skrik.
  • Lees: 1 Kron 1;  Jer 27; 2 Kor 10
  • Memoriseer: 2 Kor 10:3-6
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: “Keer dat jou lewe geroof word.”