“and because of the abounding of the lawlessness,
the love of the many shall become cold”
(Mat 24:12, YLT)
In die gedeelte waar Hy sy volgelinge geleer het oor die eindtyd, het Jesus die volgende ontstellende uitspraak gemaak: “and because of the abounding of the lawlessness, the love of the many shall become cold” (Mat 24:12, YLT). Op die oog af lyk dit na ‘n uitspraak oor die ongeredde wêreld aan die einde van tye, net voor die groot vervolging begin, maar helaas is dit op gelowiges van toepassing. Die woordjie “liefde” wat in hierdie vers gebruik word, is die Griekse woord agape. Anders as die ander woorde wat vir liefde gebruik kan word, byvoorbeeld phileo, of eros, is agape spesifiek net die liefde wat God in ons harte uitgestort het deur die Heilige Gees (Rom 5:5), iets wat die wêreld nie kan ontvang nie (Joh 14:17).
Dit is dus duidelik dat gelowiges se liefde sal afkoel in die einde van tye as gevolg van die feit dat hul nie in hul skeppingsdoel opgestaan het nie. Dit beteken nie hulle is nie nie gered nie – dit beteken dat hulle nie deel het aan die Koninkryk van God nie.
Ons kom hier by ‘n baie belangrike onderskeid wat ons eers heelwat later in detail sal moet begin deurtrap, maar dis nou reeds duidelik (hier in die voorhof) dat jy jou roeping en verkiesing moet vasmaak, anders sal jy struikel (2 Pet 1:10). Struikel klink redelik onskuldig, maar in die oorspronklike taal beteken dit ook: “fail of salvation” (Strong)! Die onderskeid wat ons moet maak, is die onderskeid tussen die Liggaam en die Bruid. By die bruilofsmaal van die Lam sal daar ‘n Bruid wees, maar ook bruilofsgaste (Mat 22:1-14). Die Bruid is dié groep wat in hul skeppingsdoel en roeping opgestaan het. Die Liggaam het die Koninkryk binnegekom deur hul wedergeboorte, but they practice lawlessness. Daarom is die geweldige belangrikheid van die gees van Elia in die eindtyd om “die ongehoorsames te bring tot die gesindheid van regverdiges” (Luk 1:17). Die Liggaam het die Koninkryk ingekom, maar net die Bruid sal dit beërwe.
Ons sal later uitvoerig hierop terugkom wanneer ons deur die bespreking van die voorhangsel-gedeelte van die tabernakel na die Allerheiligste beweeg.
Lawlessness is ‘n eiesinnigheid rondom jou geloof, en dat jy nie deur jou lewe gestalte gee aan God se roeping in jou lewe nie.
Hierdie geestelike bandeloosheid het dikwels te doen met geestelike ongeërgdheid jeens geloofsake (“Die HERE doen geen goed en Hy doen geen kwaad nie.” – Sef 1:12). Omdat die hand van die Here dikwels afwesig blyk, omdat ons Hom nie genoegsaam soek nie, verkil ons hart. Daarom word ons ook geestelik blind vir die ongesiene wonderdade van God in ons lewe: “Want hulle het by die wonder van die brode nie verstandig geword nie, omdat hulle hart verhard was.” (Mark 6:52). Verharding lei weer tot ongehoorsaamheid (Hand 19:9), en dan skop die geestelike wetmatigheid van Spr 28:14 in: “Gelukkig is die mens wat gedurigdeur vrees; maar hy wat sy hart verhard, sal in die onheil val.”
- Sela: Bid asb dringend oor 2 Kor 13:5
- Lees: 1 Kron 4; Jer 30; 2 Kor 13
- Memoriseer: 2 Kor 13:5
- Vir dieper delf: Lees hfst 7 in Norman Grubb se boek The deep things of God.