Dag 219

                  “Pas op dat niemand julle mislei nie.”

(Mat 24:4, OAV)

 

Die hele gedeelte in Mat 24 wat handel oor die eindtyd, lê Jesus geweldig klem op die misleiding wat in daardie tydsgewrig sal plaasvind. Die verkilling van die liefde, die verharding van hart, die groot wegval van gelowiges uit die Koninkryk, asook die toenemende ongeregtigheid en lawlessness word direk gekoppel aan die ontsaglike misleiding wat eindtydgelowiges gaan probeer oorspoel.

Wanneer sy dissipels hom vra: “Vertel ons, wanneer sal hierdie dinge wees, en wat is die teken van u koms en van die voleinding van die wêreld? (Mat 24:3), is sy onmiddellike opmerking: “Pas op dat niemand julle mislei nie. Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.” (verse 4-5).

Die probeer met misleiding is dat jy nie weet dat jy mislei is/word nie, want dit word gerig deur Satan se “craftiness” (2 Cor 3:11, ALT). Die persoon wat mislei word, glo met sy hele hart hy is op die regte plek, dat alles reg is en dat hy in volkome right standing met God verkeer. En tog is hy nie!

Wat maak ‘n persoon dan oop vir hierdie tipe misleiding? Jak 1:23 (in WNT) stel dit baie raak: “But prove yourselves obedient to the Message, and do not be mere hearers of it, imposing a delusion upon yourselves.” As jy hoor maar nie doen nie, stel jy jou wawyd oop vir misleiding. Moet nie dink dat die misleiding blatant sal wees nie –  dit suur so ongesiens soos suurdeeg deur.

Daarbenewens is daar in die eindtye waarin ons lewe ‘n bykomende golf van misleiding wat gedryf word deur wat Paulus in 2 Thes 2:7 (NIV) só kenmerk: “ For the secret power of lawlessness is already at work.” In ander vertalings word dit ‘n “misterie” genoem, dus moet ons verstaan dat lawlessness nooit heeltemal vasgevat kan word nie – dit kan soos kwik nie vasgepen word nie.

Rev 17:5 (KJV) stel dit dat die groot hoer van Babilon ‘n naam op haar voorkop geskryf het: “And upon her forehead was a name written, MYSTERY, BABYLON THE GREAT, THE MOTHER OF HARLOTS AND ABOMINATIONS OF THE EARTH.” Die hoer van Babilon staan teenoor die Bruid van Christus, en die stad van Babilon (betekenis: verwarring – Gen 11:9) staan teenoor die Nuwe Jerusalem. Die groot hoer van Babilon en die toring van Babel en die gevolglike opbou van die stad Babilon dui alles op die manier van dink wat die georganiseerde godsdiens deur die kerk (let wel: nie die Liggaam nie) die gelowiges mee oorspoel. Ons enigste wapen teen die “mistery of lawlessness” is “the mystery of godliness” ( 1 Tim 3:16). Ons kom straks hierna terug.

 

  • Sela: Probeer peil wat omsluit “the mystery of godliness”.
  • Lees: 1 Kron 6;  Jer 32; Efes 2
  • Memoriseer: Efes 2:8
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Die antichris bewoon reeds die tempel.