“Hy is die Beeld van die onsienlike God,
die Eersgeborene van die hele skepping …”
(Kol 1:15, OAV)
Ons is tans besig om stil te staan by die geheimenis van God wat ‘n Vleesmens, ‘n “Menseseun” (Job 16:21), geword het in Christus. Uit die vorige mannas het ons gesien dat Christus eintlik niks minder as God self is nie. As Christus die Beeld van die onsienlike God is, soos Kol 1:15 hierbo dan ook uitspel, beteken dit derhalwe dat Hy wel sienlik was/is, m.a.w. dat ‘n mens Hom kon/kan sien?
Die Woord is baie duidelik dat God vir die mens onsigbaar is: “En die Vader wat My gestuur het, Hy het van My getuig. Julle het nog nooit sy stem gehoor of sy gedaante gesien nie.” (Joh 5:37). Die CEV vertaal dit só: “The Father who sent me also speaks for me, but you have never heard his voice or seen him face to face.” Dit bevestig wat Joh 1:18 (ALT) uitspel: “No one has seen God at any time. The only-begotten [or, unique] Son, the One in the bosom of the Father, that One explained [Him] [or, made [Him] known].”
As niemand dan God kon sien behalwe Christus nie, wat het gebeur met iemand soos Moses, van wie gesê word in Eks 33:11: “Dan spreek die HERE met Moses van aangesig tot aangesig soos ‘n man met sy vriend spreek.” Of Jakob, wat met God geworstel het en toe gesê het: “ek het God gesien van aangesig tot aangesig, en tog is my lewe gered” (Gen 32:30). En Abraham, en Noag? Want die Bybel is tog duidelik as dit stel dat “geen mens (God) gesien het of kan sien nie” (1 Tim 6:16); en: “Niemand het God ooit aanskou nie.” (1 Joh 4:12).
Dus: wie was die een wat “God” genoem word (in Hebreeus Elohim), of “die Here” (in Hebreeus Jahwe), in die Ou Testament?
Die Targums is antieke Aramese vertalings (meer parafrases) van die Hebreeuse Skrifte en word deur Bybelkenners deur die geskiedenis beskou as die naastenby offisiële interpretasie van die Heilige Skrifte. In die Targums kry ons ‘n baie goeie idee van die interpretasiekonsensus wat aanvaar is in die Joodse denkwêreld. Dit is dus ‘n baie goeie aanduiding van hoe daar indertyd gedink is oor hierdie moeilike saak van die “onsigbare” Ou-Testamentiese God wat duidelik sigbaar en kenbaar geword het vir sommige OT figure.
In die geskiedenis van Hagar in Gen 16, indertyd gedink is byvoorbeeld, word daar herhaaldelik gesê dat Hagar in gesprek was met “die Engel van die Here” (verse 7, 9, 10 & 11). Maar dan in vers 13 staan daar: “And she called the name of Jehovah who spoke to her, Thou art the God who reveals himself, for she said, Also here have I seen after he has revealed himself.”
Dus: “die Engel van die Here” IS Jehova/Jahwe/JHVH! In die Targum word hierdie vers soos volg vertaal: “And Hagar gave thanks, and prayed in the Name of the Word of the Lord, who had been manifested to her, saying, Blessed be Thou, Eloha, the Living One of all Ages, who hast looked upon my affliction.” (Jerusalem Targum, vertaal deur Etheridge).
Die Woord het met haar gepraat, God wat later mens sou geword het (Joh 1:1-2), Jesus.
- Sela: Lees Joh 1 hardop, biddend.
- Lees: 1 Kron 15; Jer 41; Fil 4
- Memoriseer: Fil 4:6-7
- Vir dieper delf: Lees Gerrit van Zyl se artikel: Jesus in die Ou Testament op http://www.elijahafrica.com/cms/index.php?option=com_content&task=view&id=434&Itemid=126