“Toe het ek die hemel geopend gesien; en daar was ‘n wit perd, en Hy wat daarop sit, word genoem Getrou en Waaragtig, en Hy oordeel en voer oorlog …”
(Open 19:11, OAV)
Die onderafdeling waarmee ons tans besig is, gaan oor die “misterie van Godsaligheid”, en ons gebruik 1 Tim 3:16 as die spilteks hiervan: “Here is the great mystery of our religion: Christ came as a human. The Spirit proved that he pleased God, and he was seen by angels. Christ was preached to the nations. People in this world put their faith in him, and he was taken up to glory.” Ons behandel tans die eerste faset daarvan: “Christ came as a human”. In teologiese taal word dit inkarnasie (“incarnation”) genoem, wat Webster mooi verduidelik as “the act of clothing (God) with flesh”.
Voor ons al die groot implikasies van die inkarnasie kon kleinkry, moes ons eers stilstaan by wat Packer raak beskryf as “ the plurality of persons within the unity of God”. Dit het ons gedoen en ook aangetoon hoe Christus ook die Gesig van God in die Ou Testament was, en dat Hy onder ‘n verskeidenheid name Homself gemanifesteer het. Ons wil vandag by nog een naam stilstaan, en daarmee uitkom by ‘n ander belangrike mistasting rondom die identiteit van Christus in die bedeling vóór sy geboorte in die vlees.
In Jos 5:13-15 (GNB) word die volgende gebeurtenis verhaal: “While Joshua was near Jericho, he suddenly saw a man standing in front of him, holding a sword. Joshua went up to him and asked, ‘Are you one of our soldiers, or an enemy?’’Neither,’ the man answered. ‘ I am here as the commander of the LORD’s army.’ Joshua threw himself on the ground in worship and said, ‘I am your servant, sir. What do you want me to do?’ And the commander of the LORD’s army told him, ‘Take your sandals off; you are standing on holy ground.’”
Die ASV-vertaling noem “the commander of the LORD’s army”: “Prince of the Host of Jehovah”. Die woordjie vir “commander” in Hebreeus beteken ook “prins” (‘n baie belangrike begrip waarop ons later uitvoerig terugkom), maar staan in die breë vir “head person”, die eerste, of dan: die voorloper.
Uit Open 22:8-9 weet ons dat ‘n mens nie engele mag aanbid nie. Maar net soos wat Moses gedoen het voor die Engel van die Here (Eks 3:5), staan Josua ook op heilige grond en buig hy eweneens. Duidelik is hierdie “commander” ‘n manifestasie van Christus!
In Open 19:11-16 is hierdie Gestalte van God duidelik wéér die aanvoerder van die weermag van die Here – en dit is niemand anders nie as Christus. Vers 13 spel dit uit: “En Hy was bekleed met ‘n kleed wat in bloed gedoop was, en sy Naam is: Die Woord van God.” Hierdie aanvoerder van die hemelse weermag van engele word dikwels met iemand anders verwar. Meer daaroor in die volgende manna.
- Sela: Bid oor Kol 3:2-4 en vra dat hierdie geheimenis nog verder vir jou sal ontvou.
- Lees: 1 Kron 19; Jer 45; Kol 4
- Memoriseer: Kol 4:4-5
- Vir dieper delf: Lees pp xv-xxv: “Fifteen theses towards a re-incarnation of church” in Wolfgang Simson se Houses that changed the world en probeer insien hoe die reg verstaan van die inkarnasie ons geloofswandel beï