“Want aan U behoort … die krag …”
(Mat 6:13, OAV)
Die vorige manna behoort jou regtig te ge-challenge het. Die manlike saad waarmee Maria bevrug is, was die lewende Woord van God, dit wat Jesus was vóór Hy ‘n vleeslike liggaam gekry het. Ons het geleer die Woord is die onsienlike God in gemanifesteerde aksie en word in lig en heerlikheid gemanifesteer. Dit was dus Christus as “lewendmakende gees” (1 Kor 15:45) wat in Maria se baarmoeder haar eiersel bevrug het.
Dat die saad van ‘n manlike wese afkomstig was, is noodwendig, want vroue kan nie die geslag van die fetus bepaal nie. Die 24ste paar chromosome, wat die fetus se geslag bepaal, is distinktief verskillend by die man (XY) en die vrou (YY). Die vrou kan net ‘n Y-chromosoom gee, die man X of Y. In Jesus se geval was die X-chromosoom dus van die Woord (die onsienlike God se gemanifesteerde Wese) afkomstig. Wat God dan ondubbelsinnig duidelik manlik maak. (Wat die feministiese teologie – wat beweer God is vroulik – ‘n gevoelige knou toedien. Skuus L)
Maar vir eers is dit belangrik om bietjie meer lig te werp op hierdie Goddelike “sperm”, die Woord, wat in vlees ingeplant is. Dis net moontlik om die “oorgang” van ‘n Gees-wese na ‘n fisiese en sensuele (=deur sintuie kenbaar) Wese te verstaan deur Joh 5:26, waar Jesus verduidelik: “Want soos die Vader lewe het in Homself, so het Hy aan die Seun ook gegee om lewe in Homself te hê.” In Jesus was die lewe (Joh 1:4); die fenomeen van lewe is bloot moontlik op grond daarvan dat Hy die lewe IS (Joh 11:25; 14:6).
As daar dan in Luk 1:35 staan dat die “krag” van die Heilige Gees het oor Maria gekom, behoort dit vir ons veel te verklap van die aard van hierdie Goddelike saad. Die “krag van onse Here Jesus moet bekend gemaak word” (2 Pet 1:16)! Ons moet uitvind “wat (is) die uitnemende grootheid van sy krag vir ons wat glo, na die werking van die krag van sy sterkte” (Efes 1:19).
Benewens die feit dat “krag” ‘n intrinsieke eienskap van God is (1 Kron 29:11; Job 26:14; Ps 66:7 & 145:11; Open 7:12), behoort die krag ook aan Hom (Ps 62:11), soos die spilteks hierbo dit ook mooi uitspel. Maar in 1 Kor 1:24 word dit eksplisiet gestel: “Christus (is) die krag van God”! Christus “uphold all things through the word of his power” (Heb 1:3).
Die woordjie krag is in Grieks dunamis, wat volgens Strongs beteken: “inherent power, power residing in a thing by virtue of its nature, or which a person or thing exerts and puts forth”. Omdat God lewe in Homself het, is “krag” die vermoë van God om daardie lewe oor te dra tot iets anders, “to be able to do something” (=die grondwoord dunamai).
Toe die Heilige Gees oor Maria gekom het, was dit dié krag wat haar “oorskadu” het, oordek het, “to envelop in a haze of brilliancy” (Strongs)! Die lewe, wat die lig is (Joh 1:4), wat die wese van God is (1 Joh 1:5), was Sy DNS. Dít het die eiersel binnegedring.
- Sela: Hoe skakel Hand 1:8 met hierdie beskouing?
- Lees: 1 Kron 28; Klaagl 2; Open 1
- Memoriseer: 1 Kron 28:9b
- Vir dieper delf: Vir ‘n sekulêre opsomming van verskillende geloofsgroeperinge se beskouing van hierdie
saak, lees http://www.religioustolerance.org/jesus_pa.htm.