“Nou is aan Abraham die beloftes toegesê en aan sy saad. Hy sê nie: En aan die sade, asof dit op baie sien nie, maar op een:
En aan jou saad, dit is Christus.”
(Gal 3:16, OAV)
Die volgende noodwendige vraag is dan: as die manlike sperm dan duidelik van God af gekom het, het Jesus geen saad van die fisiese geslagslyn van Abraham en Dawid in Hom nie. Die Skrif hierbo stel eksplisiet dat tog God aan Abraham en aan sy saad bepaalde beloftes gemaak het, en Paulus spel dit dan uit: daardie saad is nie sade nie, dit is net Een: Christus”. Lees weer nou mooi die belofte van God aan Abraham in Génesis:Gen 12:3: “En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde geseën word.” (Die volgende aanhalings word in Engels gegee, want die Afrikaans het “saad” telkens met “nageslag” vertaal, wat ek glo ‘n verkeerde aanname kan veroorsaak.)
- Gen 12:7: “And the LORD appeared unto Abram, and said, Unto thy seed will I give this land …”
- Gen 13:15-16: “For all the land which thou seest, to thee will I give it, and to thy seed for ever. And I will make thy seed as the dust of the earth: so that if a man can number the dust of the earth, then shall thy seed also be numbered.”
- Gen 15:5: “Look now toward heaven, and tell the stars, if thou be able to number them: and he said unto him, So shall thy seed be.”
- Gen 17:7-8: “And I will establish my covenant between me and thee and thy seed after thee in their generations for an everlasting covenant, to be a God unto thee, and to thy seed after thee. And I will give unto thee, and to thy seed after thee …”
- So, op presies dieselfde trant gaan dit voort in Gen 21:12; 22:17-18; 26:3-4; Gen 28:13-14; Gen 49:10, en so meer.
Benewens hierdie sterk herhalende beloftes aan Abraham, het God ook aan Dawid dit onomwonde verklaar: “daar sal vir jou nooit ‘n man voor my aangesig ontbreek wat op die troon van Israel sal sit nie as jou seuns” (1 Ko 8:25). In byvoorbeeld Ps 132:11 staan daar: “Die HERE het aan Dawid gesweer in waarheid (Hy sal daarvan nie terugkom nie): Van die vrug van jou liggaam sal Ek laat sit op jou troon.”
As daar dan in Jes 9:6-7 oor Christus geprofeteer word, word in vers 7 gesê dat Hy sal sit “op die troon van Dawid en oor sy koninkryk”, wat dan inderdaad bevestig word deur Luk 1:32-33: “Hy sal groot wees en die Seun van die Allerhoogste genoem word; en die Here God sal aan Hom die troon van sy vader Dawid gee, en Hy sal koning wees oor die huis van Jakob tot in ewigheid, en aan sy koninkryk sal daar geen einde wees nie.”
Duidelike beloftes. Maar as daar geen manlike chromosome uit die voorgeslagte van Abraham en Dawid was met die verwekking van Jesus nie, wát het dan inderdaad gebeur sodat God se beloftes sou waar word?
- Sela: Watter implikasies het hierdie lering persoonlik vir jou?
- Lees: 1 Kron 29; Klaagl 3; Open 2
- Memoriseer: Open 2:17
- Vir dieper delf: Lees http://www.lifeofchrist.com/life/genealogy/ vir allerhande interessanthede oor die genealogie van Christus.