“When Christ came into the world, he said to God, “Sacrifices and offerings are not what you want, but you have given me my body.” (Heb 10:5, CEV)
‘n Kort biologieles ter inleiding J Die studie van DNS is ‘n onderafdeling van die genetika, ‘n wetenskaplike veld wat onder andere afstamming bestudeer, en hoe gene informasie van een generasie na ‘n ander oordra. In elke sel van die liggaam is daar die unieke genekode van die individu se unieke wese. Komplekse kombinasies van DNS vorm die pare chromosome in elke sel. Mitokondria is DNS wat van een generasie na die volgende oorgedra word; daarbenewens stel dit elke sel in die liggaam in staat om asem te haal en af te koel – daarsonder sou menslike weefsel geen metaboliese prosesse kon laat plaasvind en sou lewe nie kon gebeur nie. Mitokondria word slegs deur die ma na die baba oorgedra, en derhalwe sal die baba slegs van die ma se mitokondria kan erf. Om hierdie rede kan die genetiese kode van DNS slegs nagespeur word deur die vrou, en nie die man nie – ‘n welbekende forensiese feit.
Jesus moes dus die mitokondria van Maria se DNA ontvang het om enigsins as mens gekonsipieer te word en te kon begin leef. Die vrou se saad was dus inderdaad onontbeerlik om Sy lewe moontlik te maak (Gen 3:15 & 20). (Daarom is Eva dan ook as die moeder van alles wat lewe – Gen 3:20 – genoem!) In hierdie lig kan Heb 10:5 hierbo ‘n realiteit word: God het op hierdie wonderbaarlike wyse in Christus ‘n vleesliggaam gekry.
In Heb 2:13 word aangehaal waar Christus ‘n proklamasie maak oor die “kinders” wat aan Hom toevertrou is: “Hier is Ek en die kinders wat God My gegee het.” In vers 14 lewer die skrywer van die Hebreërboek dan hierdie kommentaar: “Aangesien die kinders dan vlees en bloed deelagtig is, het Hy dit ook op dieselfde manier deelagtig geword …” In die KJV lui dit só: “Forasmuch then as the children are partakers of flesh and blood, he also himself likewise took part of the same …” Die Griekse woord vir “partakers”, wat op die kinders van Adam dui, is koinoneho, wat beteken “to fully partake.” Die woorde “took part,” wat na Jesus verwys, is die Griekse woord metecho, wat beteken: “to take part but not all.” Jesus het die vlees van Adam gedeel, maar nie sy bloed nie!
Om hierdie rede noem Paulus Hom dan ook “die mens Jesus Christus” (Rom 5:15) wat “aan die mense gelyk geword het en in die gedaante gevind is as ‘n mens” (Fil 2:7b-8a), maar “sonder sonde” (Heb 4:15).
Jesus se bloed was dus skoon, by gebrek aan ‘n beter term, sonder vloeke, siektes, genetiese afwykings, ja, sonder die dood. Want ons weet dat alhoewel die lewe in die bloed is, die bloed ook die draer van siekte en dood is. Jesus se bloed was totaal ongekontamineerd. 1 Pet 1:19 noem dit “die kosbare bloed van Christus, soos van ‘n lam sonder gebrek en vlekkeloos”.
Ons het in hierdie manna stilgestaan by die vlees en bloed van Jesus die Christus, die Liggaam wat God voorberei het vir die grootste offer van alle tye.
- Sela: Proklameer Open 5:9-10 triomfantlik! op grond van vandag se lering.
- Lees: 2 Kron 3; Job 1; Open 5
- Memoriseer: Open 5:9-10
- Vir dieper delf: Lees hfst 6 in William Barclay se The plain man looks at the apostles’ creed.