“A seed shall serve him; it shall be accounted to the Lord for a generation. They shall come, and shall declare his righteousness
unto a people that shall be born, that he hath done this.”
(Ps 22:30-31, KJV)
Waar ons in die vorige manna ‘n biologieles gehad het, gaan ons vandag ‘n taalles hê. (Moet asseblief nie ophou lees nie! Onthou: Christus het Homself voorgehou as die Woord! Kom ons sê soos Job: “Kyk, ek het gewag op u woorde; ek wou luister na verstandige taal van u, totdat u die regte woorde uitgevind het.” – 32:11 J).
In die genealogieë wat in die Ou en Nuwe Testament gegee word, word die woordjie “verwek” (of eufemisties: “… het die vader geword van …”) dikwels gebruik, byvoorbeeld in Gen 5:3 & 6: “Toe Adam honderd en dertig jaar oud was, het hy ‘n seun verwek … Toe Set honderd en vyf jaar oud was, het hy die vader van Enos geword.” Dieselfde patroon is sigbaar in Mat 1, met Jesus se genealogie: “Abraham begat Isaac; and Isaac begat Jacob; and Jacob begat Judas and his brethren …” (Mat 1:2). Hierdie patroon word gevolg tot en vers 16 – let op die verandering: “And Jacob begat Joseph the husband of Mary, of whom was born Jesus, who is called Christ.”
Die woordjie vir “verwek”/”begot”/”begotten” in Aramees is “yalad”, of “awled” of “ettled”. In Hebreeus is dit “yalad” en in Grieks is dit “gennao”. Al hierdie woorde is gemerk as manlik- kousatiewe werkwoorde, behalwe die woordjie “ettled” in Aramees, wat ‘n vroulik- passiewe werkwoord is. Al die woorde, “ettled” uitgesluit, beteken: om natuurlik-biologies iets te laat voortkom.
In sy boek Five Bridges of Unity verduidelik Mark Siljander die volgende: “The Hebrew actually denotes the male sexual organ. The Greeks translated both Aramaic words ‘awled’ and ‘ettled’ interchangeably as one Greek word ‘gennao’.” Omdat die Nuwe Testament hoofsaaklik in Grieks geskryf is, word die woordjie “gennao” gebruik, al is daar in die Aramees ‘n duidelike onderskeid daartussen. Jesus kon nie “gennao” gewees het deur Josef nie, want dan was Hy – ook taalkundig – biologies verwek. In die Aramese vertaling, wanneer die gedeelte kom oor die “verwekking” van Jesus, verander die woordjie “awled” (wat regdeur in die genealogie gebruik is) na “ettled”, wat eintlik beteken: “supernaturally conceived through a female”. Letterlik: “hy wat uit haar is”. Die vroulik- passiewe wekwoord “ettled” stel onomwonde dat ‘n man nie benodig was vir die verwekking nie.
Die Goddelik sperm, die Woord, is “begotten” deur God, want keer vir keer word Hy só genoem: “the only begotten of His Father” – John 1:14). Thayer verduidelik die begrip “begotten” as: “to become, i.e. to come into existence, begin to be, receive being”.
Die “incorruptible seed” het vlees verkry en tussen ons kom woon. Soos die Skrif hierbo dit profeties voorspel het: dáárdie Saad maak ons dan ook deel van die genealogie van Christus na die vlees.
- Sela: Waarom is ons dan na wedergeboorte steeds die dood deelagtig?
- Lees: 2 Kron 4; Job 2; Open 6
- Memoriseer: Job 2:10
- Vir dieper delf: Lees hfst 9 in PD le Roux se boek: Die Heerlikheid herwin.