Dag 253

“Die deurbreker sal optrek voor hulle uit: hulle sal deurbreek en deur die poort intrek en daardeur uittrek; en hulle koning sal voor hulle uit gaan, en die HERE heeltemal vooraan.”

(Miga 2:13, OAV)

 

Ons het twee mannas terug gemeld van die maagdevlies van Maria wat deur Christus deurgebreek is. Hy het sodoende prototipies die weg oopgemaak uit die uitgespreide sluier wat al die volke omsluier, en die omhulsel waarmee al die nasies bedek is (Jes 25:7).

Kom ons probeer net die sluier bietjie meer toelig. Hierdie sluier het oor die wêreld gekom met die sondeval. Nie net het die mens ‘n ander natuur, die natuur van die slang (Joh 8:44), verkry nie, maar ook is die aarde vervloek as gevolg daarvan (Gen 3:17) en het die wêreld ‘n vyandige ruimte vir die mens geword (Amos 5:19). Immers: sedert die sondeval is “die hele wêreld in die mag van die Bose” (1 Joh 5:19), en hy as dief “kom net om te steel en te slag en te verwoes” (Joh 10:10). Inderdaad is dit soos Jes 60:2 dit stel: “Want kyk, die duisternis sal die aarde oordek en donkerheid die volke …”

Elke mens word dus gebore binne hierdie vals konstruk. In die film The Matrix word hierdie toestand baie raak beskryf. Onthou dat die woordjie “matix” in Grieks “baarmoeder” beteken. Morpheus, die karakter wat God in die film voorstel, verduidelik aan Thomas Anderson, wat die gevalle mens voorstel alvorens hy die nuwe mens, Neo, word, die aard van hierdie “covering of darkness” verduidelik: “What you know, you can’t explain. But you feel it. You’ve felt it your entire life. That there’s something wrong with the world. You don’t know what it is, but it’s there … like a splinter in you’re mind, driving you mad. It is this feeling that has brought you to me … The Matrix is everywhere. It’s all around us, even in this very room. You can see it when you look out your window or when you turn on your television. You can feel it when you go to work, when you go to work, when you pay your taxes. The Matrix is the world that has been pulled over your eyes, to blind you from the truth. The truth that you are a slave, Neo. Like everyone else, you were born into bondage, born into a prison that you cannot smell or taste or touch. A prison .. for your mind … Unfortunatly, no one can be …told what the Matrix is … you have to see it for yourself.”

Die Skrif hierbo in Miga 2:13 toon vir ons aan hoe Christus die gees van die deurbreker manifesteer. Hierin het Hy ook letterlik en figuurlik die voor-loper (Heb 6:20) geword wat vir ons die gees van die deurbreker moes demonstreer. Hy is gedurende sy aardse lewe deurgaans gekenmerk aan die feit dat Hy grensdeurbrekend was, paradigmas omvêr gegooi het, mense totaal nuut laat dink het, berge verwyder het en deur mure geloop het … Daarin het Hy ‘n patroon gevestig vir die seuns van die Koninkryk om nie te konformeer aan die wêreld nie – “do not be moulded into the forms of the world” (Rom 12:2, NASB). Ons is geroep om nie te stuit teen dit waarteen ons te staan kom nie, maar met geweld (Mat 11:12) deur te breek deur die sluier wat die wêreld gevange hou. We need to take captivity captive (Eph 2:8).

 

  • Sela: Bid en vra vir die gees van die
  • Lees: 2 Kron 12;  Job 10; Open 14
  • Memoriseer: Open 14:4
  • Vir dieper delf: Luister na Briers Uys se cd-lering: Die gees van die