Dag 262

“En die engel sê vir hulle: Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap …”

(Luk 2:10)

 

Met die geboorte van Jesus het God gekies om die eerste aankondiging te maak aan die herders wat dié nag in die veld besig was om na die skape om te sien. Toe die engel van die Here aan hulle verskyn, en die heerlikheid van die Here het rondom hulle skyn, het ‘n groot vrees het hulle oorweldig. Maar die Engel stel hul gerus: “Moenie vrees nie, want kyk, ek bring julle ‘n goeie tyding van groot blydskap …”

Die koms van die Christus na die aarde is voorwaar ‘n ultimate uitdrukking van God se goedheid aan die mensdom. Daarom dat die engele hulleself nie kon inhou nie en uit volle engelebors God geprys het met wat seker ‘n ongelooflike dreunsang van totale verwondering gewees het: “Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ‘n welbehae!” (Luk 2:14).

In die mens ‘n welbehae … Nog nooit voorheen het die engele God gesien nie (Kol 1:15; 2:19; 1 Pet 1:12) – in Christus het God vir die engele ook die eerste keer sigbaar geword! G’n wonder they could not contain themselves …

Die Griekse woordjie vir “welbehae” omsluit die volgende klompie woorde: “choice, good will, kindly intent, benevolence, delight, pleasure, satisfaction, desire”, en dit dui op God se absolute welmenendheid teenoor hierdie spesie. Met die skep van die mens, voor die grondlegging van die aarde, sê Spr 8:31, was God se “verlustiginge … met die mensekinders”.

Hierdie wesenseienskap van die goedheid van God – “U is goed en doen goed” (Ps 119:68) – word in verskeie aspekte gedemonstreer, maar dit het gekulmineer in die gawe van Jesus Christus aan die mensdom, wat God se goedheid verwerp het (Hos 8:3; Ps 81:10-11). Ons ken Joh 3:16-17 so goed, maar vergeet: “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê. Want God het sy Seun in die wêreld gestuur nie om die wêreld te veroordeel nie, maar dat die wêreld deur Hom gered kan word.” Hy was inderdaad ‘n losprys vir ons almal (1 Tim 2:6), “want die Seun van die mens het gekom om te soek en te red wat verlore was” (Luk 19:10).

Christus Jesus was die GROOTSTE moontlike demonstrasie van God se goedheid en die GROOTSTE moontlike geskenk wat God kon aanbied, sê Rom 8:32: “Hy wat selfs sy eie Seun nie gespaar het nie, maar Hom vir ons almal oorgegee het, hoe sal Hy nie saam met Hom ons ook alles genadiglik skenk nie?”

Inderdaad is dit  goeie tyding van groot blydskap. Ja, ons kan getuig saam met Ps 33:5 (GNB): “His constant love fills the earth”, en Ps 145:9: “The LORD is good to all: and his tender mercies are over all his works.”

 

  • Sela: Besing saam met die engele die goedheid van God oor jou en oor alle geskape dinge.
  • Lees: 2 Kron 21;  Job 19; Jes 1
  • Memoriseer: Job 19:25 (en sing dit: I know my Redeemer lives …)
  • Vir dieper delf: Lees hfst 11 in Arthur W. Pink se boekie oor The attributes of God.