“Behold, I will rebuke your seed, and spread dung upon your faces, the dung of your feasts; and they shall
take you away with it.” (Mal 2:3 Darby)
In ‘n vorige manna het ons Jes 5:13 as spilpunt aangebied: “Daarom gaan my volk in ballingskap weens gebrek aan kennis, en hulle aansienlikes word hongerlyers en hulle menigte versmag van dors.” In baie aspekte van ons geloofsuitoefening beroep ons ons op die goedheid van God en dink ons dat Hy indifferent is ten opsigte van die baie fasette van ons wandel voor Hom. Dit is miskien nie so belangrik is vir God nie, redeneer ons graag – Hy is nie ‘n kleinlike God nie. Ons is bereid om baie dinge onder ‘n tapyt van geestelike ignorance in te vee terwyl ons voortleef onder ‘n vals geestelike persepsie van genade. Helaas is ons konsep van genade gekorrupteerd.
Jesaja (5:20) het só daaroor gewaarsku: “Wee hulle wat sleg goed noem en goed sleg, wat die duisternis lig maak en die lig duisternis, wat bitter soet maak en soet bitter.” Jesus verduidelik hoe ‘n bietjie suurdeeg die hele deeg suur maak: “Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, is jou hele liggaam ook verlig; maar as dit verkeerd is, is jou liggaam ook donker. Pas dan op dat die lig in jou nie duisternis is nie.” (Luk 11:34-35). Paulus stel dit sterker: “You foolish Galatians! Whose sophistry has bewitched you–you to whom Jesus Christ has been vividly portrayed as on the Cross?” (Gal 3:1, WNT).
Ons weet dat God in Deut 28:1-4, 28-32 baie sorgvuldig gewaarsku het dat sy afgesonderde volk hul totaal van enige vorm van afgodediens moet weerhou, ‘n rigtinggewer wat ook dwarsdeur die Nuwe Testament ‘n absolute voorwaarde is vir die navolg van Christus. By die eerste “sinodesitting” van die Handelingekerk is dit eksplisiet gestel dat die gelowiges hul moet onthou van dinge wat deur afgode besoedel is (Hand 15:20). Johannes eindig sy sendbrief met: “My kinders, bewaar julleself van die afgode. Amen.” (1 Joh 5:21).
Die Skrif in Maleagi hierbo is in hierdie lig dan werklik onrusbarend: God praat in baie sterk taal teen spesifiek die viering van afgodsfeeste. Lees dit saam met Jes 5:13, dan is dit duidelik dat ons in “ballingskap” bly weens die gebrek aan kennis. Maar meer nog: God will rebuke our seed. Die Amplified Bible voeg dít toe: “Behold, I will rebuke your seed [grain–which will prevent due harvest] …” Is dit bes moontlik die rede dat gelowiges dikwels vrugteloos voortploeter sonder dit wat ons verwagting is. “So sê die HERE van die leërskare dan nou: Gee ag op wat julle wedervaar het: julle het baie gesaai, maar min ingebring; julle het geëet, maar nie tot versadiging nie; julle het gedrink, maar nie genoeg gekry nie; julle het jul geklee, maar nie warm geword nie; en wie hom vir loon verhuur, verhuur hom om dit in ‘n stukkende beurs te steek.” (Hag 1:5-6).
Is dit as gevolg van die “dung of our feasts”? Soos Paasfees? Soos Kersfees?
- Sela: Vra God vir inspraak in jou lewe rondom hierdie lering.
- Lees: 2 Kron 26; Job 25; Jes 6
- Memoriseer: Jes 6:8
- Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Gekorrupteerde genade.