Dag 268

You must not worship the Lord your God in their way, because in worshipping their gods, they do all kinds of detestable things the Lord hates.”                   (Deut 12:31 KJV)

 

Ons het almal grootgeword met die heerlikhede van Kersfees – die geboorteviering van die Jesuskind, en alles wat daarmee gepaard gaan: die liggies, die familiesamesyn, die kinderkonserte, die kersliedere, die wonderbaarlike swaarsteunende etenstafels, die presente, die kersboom, Kersvader … Ai … it is such a feel good time

Die mens het ‘n kollektiewe behoefte aan goodwill, “vrede op aarde en in die mens ‘n welbehae” (Luk 2:14), en Kersfees het met die loop van eeue dié fees geword wat deur bykans die ganse mensdom gevier word – selfs Boeddhiste, Jode en Moslems, maar veral ook die hele gesekulariseerde samelewing neem ywerig daaraan deel. Baie Christene glimlag triomfantelik hieroor – Kersfees het waarlik ‘n versoenende effek op die ganse wêreld. (Hoeveel veldslae is nie al gestop sodat die troepe Kersfees kan vier nie!)

Die viering van geïnstitusionaliseerde Christelike feeste het helaas bloedweinig met Christus te make. ‘n Mitologisering van die Christusverhaal het die raamwerk gevorm waarop die wêreld ‘n gemeenskaplike fees van goodwill vier. Op die oog af is daar seker nie veel daarmee verkeerd nie. Ook ek en my gesin het goedgelowig daaraan meegedoen – met die Christus terug in Kersfees, jy weet, the Real Reason for the season … Ons het al gehoor Kersfees is nie naby  Christus se geboortedag nie, en dat dit in navolging van verskeie heidense/pagan feeste en vererings is, en dat al die parafernalia van kersfees: die boom, die persentjies, kersvader, die misseltoe, bykans almal heidense oorspronge het, maar ons het dit darem tog verchristelik … en buitendien weet niemand meer wat regtig die oorspronge is nie – maak dit enigsins saak?

As God in Mal 3:2 Hom so sterk uitspreek teen ons afgodsverering, dan lê dít ten grondslag van gelowiges wat in godsdienstige oorlewering eintlik afgode aanbid in hul feesvierrituele. Christus het duidelik sy totale misnoeë hom sterk daarteen uitgespreek in Mat 15:3 & 6: “Maar Hy antwoord en sê vir hulle: Waarom oortree julle ook die gebod van God ter wille van julle oorlewering? So het julle dan die gebod van God kragteloos gemaak ter wille van julle oorlewering.”

In sy boek Battle for Christmas wys Stephen Nissenbaum hoe die Protestantse tradisie deur die loop van eeue Kersfees genoem het: “a pagan festival covered with a Christian veneer”, ‘n uitspraak wat deur alle historiese bronne duidelik gedokumenteer is, Christelik (soos Christmas in America: Penne Restad) sowel as sekulêr (A History of Pagan Europe: Jones and Pennick).

Saam met Paulus in Gal 3:1 moet ons vra: who has bewitched us?

 

  • Sela: Probeer in gebed die laaste vraag beantwoord.
  • Lees: 2 Kron 27;  Job 26; Jes 7
  • Memoriseer: Job 26:14
  • Vir dieper delf: Lees enige van die bronne hierbo aangehaal.