Dag 270

He will try to change their religious laws and festivals.

(Dan 7:25b, GNB)

 

Ons is besig om histories na te gaan hoe Kersfees as ‘n Christelike fees uit die pagan-godsdienste ontwikkel het.

Commodus was die eerste Romeinse keisers wat hom tot Mithraïsme bekeer het. Later, in die jaar 270 nC, het Aurelianus deur ‘n militêre staatsgreep die Romeinse Ryk verenig. In 274 nC het hy al die godsdienste probeer verenig onder die staat se jurisdiksie en die kultus van Sol invictus begin. In sy tempel is al die songode van Babilonië voorgestel en geheilig. Teen die tyd van Diocletian (284−305 nC) was ongeveer tien persent van die Romeinse Ryk reeds Christene en het dit, ten spyte van geweldige vervolgings, al hoe meer bekeerlinge gemaak uit die pagan-godsdienste. Konstantijn was die volgende Romeinse despoot, maar het self tot bekering gekom in 312 nC. Alhoewel hy die Christelike geloof tot staatsgodsdiens verklaar het, het hy dit in baie opsigte – ter wille van staatsveiligheid –  met verskeie pagan-gebruike vermeng en die verskillende godsdiensstrome probeer laat saamvloei. Hieronder was die volgende: die institusionalisering van Son-dag as die dag van aanbidding, die verwerping van die Joodse kalender en ‘n algroterwordende rol vir die biskop van Rome, alles aspekte wat die kerk as instelling deur die eeue geweldig gerig en -dikteer het. In die kerstening van Rome is die Christelike tradisie ook geromanseer, dit wil sê dit het die geur van Romeinse afgode begin saammeng met Christelike waarhede en dit derhalwe in ‘n mate begin fiksionaliseer.

Konstantijn het homself as die oorhoofse leier van die sonkultus asook die Christelike geloof gesien. In 325 nC het hy deur die eerste raadsitting van Nicea die eerste dogma vasgelê wat tot Christelike ortodoksie aanleiding gegee het. (Hierdie groepering was die nukleus van wat die hiërargiese Rooms-Katolieke Kerk sou word.) Hiertydens is die datums van Pase en Kersfees bepaal. Die datum van Kersfees is onder politieke druk geproklameer as 25 Desember, die dag wat allerwee as die  geboortedag van Mithras gevier is.

Die viering van verjaarsdae – selfs Christus s’n –  is in die eerste 300 jaar van die Christelike geloof verwerp as ‘n pagan-tradisie. Die Reformasie van die sestiende eeu het hierdie oortuiging versterk en geheel en al die pagan-wortels veroordeel en die viering van Kersfees totaal ontmoedig. DIT WAS DIE ALGEMENE WÊRELDWYE PRAKTYK TOT VROEG IN DIE 1800’S! Cotton Mather (1663-1728), a Puriteinse pastoor van New England het Kersfees byvoorbeeld genoem “an affront unto to the grace of God.” Dis ‘n goeie aanduiding van die ekklesia se gevoel teenoor hierdie heidense vakansiedag.

 

  • Sela: Besin oor die rol wat populêre kultuur speel in geloofsoorleweringe.
  • Lees: 2 Kron 29;  Job 28; Jes 9
  • Memoriseer: Jes 9:5-6
  • Vir dieper delf: Lees John Holland Smith se Constantine the Great.