“And because lawlessness will be increased, the love of the many will be made cold.”
(Mat 24:12, ALT)
As Jesus hierdie woorde spreek as deel van sy lering oor die eindtyd, dan verkry die begrip “wetteloosheid” ‘n ontsettende betekenislading by – dit is die rede waarom in die eindtyd gelowiges se liefde vir Christus sal afkoel. Anders gestel: as jy in hierdie dae nié in jou skeppingsdoel loop nie, sal jy verseker jou “eerste liefde” versaak. Aan die gemeente van Éfese (in Open 2:4), sê Christus: “Maar Ek het teen jou dat jy jou eerste liefde verlaat het.” In die volgende vers maak Hy dan hierdie opmerking: “Onthou dan waarvandaan jy uitgeval het, en bekeer jou en doen die eerste werke. Anders kom Ek gou na jou toe en sal jou kandelaar van sy plek verwyder as jy jou nie bekeer nie.”
In Dag 69&70 is daar in detail ingegaan op wat hierdie Skrifgedeelte beteken. Om die geheue net te verfris: Openbaringskennis word in die Skrif gesimboliseer deur goud (Open 3:18), en daarom moet hierdie goue lampstaander ‘n openbaring maar ook ‘n Teenwoordigheid wees, in jou, van die opgestane Christus (Joh 11:25), die Gesalfde, in jou. Hierdie Lig en Lewe manifesteer deurdat jou geestelike oë geopen word en jy in jou roeping opstaan (Efes 1:18). Die salwing van God, wat die goue Lampstaander laat brand deur die sewe Geeste van God, is ook die sewe oë (Open 5:6), die volheid van God se (profetiese) roeping in jou lewe, dit wat Christus as oprigter van jou geestelike tempel die skietlood in sy Hand gee om jou tempel te herbou volgens Sy oorspronklike bouplan (Sag 3:9 en 4:10)!
Die sinsnede “waarvandaan jy geval het” dui volgens Strongs op: “to drop away; specifically be driven out of one’s course; figuratively to lose, become inefficient”. Satan se grootste begeerte met sy aandrywing van jou eie wil en eiesinnigheid is dat jy – soos hy – moet val uit die genade van God (Jes 14:12). Daarom praat ons ook van Adam se sondeval. In Ps 106:26-27 word die woord vir “val” drie keer vertaal as “overthrow” – dis presies wat Satan met jou wil doen deur wetteloosheid – om jou uit jou roeping te trip. In vers 28 word dan gesê: “They joined themselves also unto Baalpeor, and ate the sacrifices of the dead.” Baal-Peor, “the god of the gap”, of die “afgod wat deurbreek” breek deur in jou Godgeroepe domein en jy verkry eiesinnigheid, wat dan letterlik “witchcraft” (1 Sam 15:23) word.
Jou “eerste werke” is dit wat jy geroep is van voor die grondlegging van die wêreld om te doen; trouens, dit wat Christus reeds vir jou voltooi het sodat jy net (in gehoorsaamheid) daarin kan wandel. Dis wat in Efes 2:10 uitgespel word: “Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan wandel.” Die woordjie “maaksel” het die grondbetekenis van “gedig” (poiema) ‘n weefsel wat besonderlik fyn in detail geweef is (Ps 139:14). Jy en dit wat God beplan het vir jou, is een. Dit het deur die sondeval en ons volhoudende hardkoppigheid van ons verwyderd geword, maar moet nou in Christus verenig word. Jou eerste werke is dit wat God verordineer het jy is, sal wees, moet doen. Alles buite dit is dooie werke (Heb 6:1; 9:14), en wetteloosheid.
- Sela: Bely voor God jou eiesinnigheid, dooie werke, jou heksery.
- Lees: Jos 9; Est 2; Jes 25
- Memoriseer: Jes 25:6-7 (bid dit ook)
- Vir dieper delf: Daar is geweldig teenstand teen die idee dat elke mens ‘n skeppingsdoel het. ‘n Boek soos Warren Smith se Deceived on purpose val in die kategorie. Alhoewel baie wat hy sê waar is, gooi hy die baba uit met die badwater. Kry jou standpunt hieroor by die Heilige Gees.