“Laat die woorde van my mond en die oordenking van my hart welbehaaglik wees voor u aangesig, o HERE …”
(Ps 19:14, OAV)
Ons is besig om te wys hoe “lawlessness” ‘n kondisie van hart van (ook) gelowiges kan wees, in so ‘n mate dat dit die offers wat ons aan God bring, kan perverteer en “sonde in jou word” (Deut 15:9; 23:21; 24:15). Ons gebruik die voorbeeld van Kaïn om dit mee toe te lig.
Wat die geval van Kaïn so ‘n toepaslike prototipewaarde gee, is dat sy naam in die Hebreeus beteken: “smede”. Vroeër in die mannareeks het ons uitvoerig geskryf oor die vals horings wat teen die horings van die koperaltaar staan en dat daardie “smede” – soos Sag 1: 19-21 dit stel – gelowiges verstrooi. Duidelik is die opdrag van hierdie “verleidende geeste” (1 Tim 4:1) om iets te boetseer of vervaardig. Die feit dat hulle met yster of hout werk, hou ‘n sleutel in: hulle werk met iets wat (ver)hard is. Dus: wanneer iemand na die koninkryk van God kom en sy hart van klip word nie gebreek nie, daar is met ander woorde nie regtig berou (Jer 8:6) nie. As berou vir jou oë verborge is (Hos 13:14), bly jou hart verhard en val jy in hierdie vangstrik (Spr 28:14). In hierdie staat raak dit jou offers ten seerste.
In die Hebreeus het die woordjie “Kaïn” in sy wortelbetekenis ook die duiding van “buy, possess, acquire, to cause to possess”. Kaïn as “tiller of the ground” (Gen 4:2) het die teken geword van die gelowige mens wat sy geloof vleeslik bedryf, en uiteindelik bloot die kontoere van sy eie vlees bewerk en dat dit geen welwillende offer sal voortbring nie (Gen 4:12). “Tiller” beteken onder andere “to be enslaved, to serve the self”. As hierdie offers van godsdienstigheid gebring word, maak dit die poort oop vir misleidende geeste om jou tempel binne te kom, en hulle verhard die hard nog verder, maak jou meer wetties en laat die liefde verkoel. Jy begin dan dwaal, soos Kaïn (Gen 4:12b), los van jou skeppingsdoel in Christus, want jy het nie gewaak oor die sonde wat by die poort vir jou gelê en loer het en wie se begeerte na jou was nie.
Jakobus 1 verduidelik hierdie proses in vers 13-16 so duidelik: “Laat niemand, as hy in versoeking kom, sê: Ek word deur God versoek nie. Want God kan deur die kwaad nie versoek word nie, en self versoek Hy niemand nie. Maar elkeen word versoek as hy deur sy eie begeerlikheid weggesleep en verlok word. Daarna, as die begeerlikheid ontvang het, baar dit sonde; en as die sonde tot volle ontwikkeling gekom het, bring dit die dood voort. Moenie dwaal nie, my geliefde broeders.” Moet nie dwaal nie …
In vers 22 gee hy die sleutel vir hierdie toestand van baie gelowiges: “En word daders van die woord en nie net hoorders wat julleself bedrieg nie.” As jy heeltyd openbaring hoor en dit nie doen nie, kom die gees van misleiding in. Die gelowige begin dan dink dat hy in lyn is, terwyl hy in werklikheid totaal buite God se orde is. As daar nie ware omhelsing is van alles wat God sê nie, en jy dit doen nie – GEHOORSAAMHEID – maak dit die poort oop vir subtiele maar dodelike deception. 1 Sam 15:22: “Het die HERE behae in brandoffers en slagoffers soos in gehoorsaamheid aan die stem van die HERE? Kyk, om gehoorsaam te wees is beter as slagoffer, om te luister beter as die vet van ramme.”
- Sela: Vra om vergifnis vir jou eiesinnigheid in jou geloofswandel, raak ontslae van verleidende geeste en hou op dwaal.
- Lees: Jos 12 Est 5; Jes 28 (lg baie belangrik vir hierdie lering)
- Memoriseer: Jes 28:18
- Vir dieper delf: Lees pp 38-47 in Thomas Merton se The Living Bread.