Dag 290

“But I am afraid that, as the serpent in his craftiness deceived Eve, so your minds may be led astray from their single-heartedness and their fidelity to Christ.”

(2 Cor 11:3, WNT)

 

In die volgende paar leringe wil ons graag uitwys hoe hierdie menslike kondisie van wetteloosheid (“lawlessness”), soos dit in die vorige mannas omskryf is, amper as ‘t ware deel word van die mens se gewone lewe, dikwels sonder dat hy dit agterkom. Die misleiding is in die meeste van die gevalle só subtiel (“crafty”) dat dit bykans ongesiens deel van jou as gelowige se lewe en geestelike wandel word. Al beroem ons ons daarop dat ons baie wonderlike dinge in sy Naam kan doen, het Jesus gewaarsku, sal Hy aan ons sê: “Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!” (Mat 7:23), “ye who are working lawlessness” (YLT).

In ander vertalings van die Skrif hierbo sê Paulus dat die Satan dit regkry om ons manier van dink te kan bederf (“bedorwe” te laat raak) van die “simplicity” wat daar in Christus is. Sommige vertalings verklaar die “simplicity” as “purity” of “sincerity”. Die 1912 Weymouth New Testament hierbo vertaal dit interessant genoeg as “single-heartedness” en “fidelity”. “Fidelity” is volgens Websters: “Firm adherence to a person … with which one is united, or to which one is bound … Observance of the marriage covenant”. Satan werk dus in gelowiges deur hierdie “mystery of lawlessness” wat ongesiens hul lewens deursuur en wat veroorsaak dat alhoewel hul die uiterlike vertoon van godsaligheid het, hul die krag daarvan verloën het” (2 Tim 3:5), want dit het hulle losgemaak van die huweliksverbond met Christus. In die vers net voor die een hier heel bo sê Paulus: “Want ek is jaloers oor julle met ‘n goddelike jaloersheid, want ek het julle aan een man verbind, om julle as ‘n reine maagd aan Christus voor te stel.” (2 Kor 11:2).

“The mystery of lawlessness” wat “the mystery of godliness” teenstaan, veroorsaak dat alhoewel ons deur wedergeboorte aan Christus behoort, ons aan iemand anders as Hy verbind is. Dit maak ons egbrekers (1 Kor 6:15-17; 2 Kor 6:15-16) en derhalwe afgodedienaars (1 Kor 10:7). Dán kry Efes 5:5 beslag: “Want dit moet julle weet dat geen hoereerder of onreine of gierigaard, wat ‘n afgodedienaar is, ‘n erfdeel het in die koninkryk van Christus en van God nie.” Lees mooi: dit sê nie jy verloor jou redding nie, nee – jy verloor jou erfdeel (sien Efes 1:18). 1 Kor 6:10 spel dit eweneens uit: “Moenie dwaal nie! Geen hoereerders of afgodedienaars of egbrekers of wellustelinge of sodomiete of diewe of gierigaards of dronkaards of kwaadsprekers of rowers sal die koninkryk van God beërwe nie.” Die begrip: ‘om die koninkryk te beërwe’ beteken nie ‘om gered te word’ of in populistiese taal ‘om hemel toe te gaan’ nie. Jy gaan die koninkryk in deur wedergeboorte en doop (Joh 3:3 & 5), maar as jy die koninkryk beërwe, beteken dit jy het jou erfdeel daarin ontvang. Hulle wat deur Satan se “craftiness” hul “fidelity” verloor het, het ook hul erfdeel verloor en kan derhalwe nie heers nie. Meer daaroor in die volgende manna.

 

  • Sela: Watter geweldige implikasies het hierdie lering vir jou?
  • Lees: Jos 13  Est 6; Jes 29
  • Memoriseer: Jes 29:14
  • Vir dieper delf: Luister na Tom Gouws se cd-lering: Ongebondenheid as afgodediens.